web analytics

Preek 30 September 2018 (oggend)

30
Sep

Oggenddiens
30 September 2018

VOTUM

16 Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. 17 Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het. 18 Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

WET

34 Toe die Fariseërs hoor dat Jesus die Sadduseërs die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom, 35 en een van hulle, ’n wetgeleerde, het Hom met ’n vraag probeer vastrek. 36 “Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” 37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’p [p Vgl. Deut. 6:5] en met jou hele verstand. 38 Dit is die grootste en die eerste gebod. 39 En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’q [q Lev. 19:18] 40 In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

GELOOFSBELYDENIS

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe
en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees.
Ek glo aan ‘n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
(Ek glo aan) die vergewing van sondes; (ek glo aan) die opstanding van die vlees en (ek glo aan) ‘n ewige lewe.

DISSIPELSKAP

Matteus 12:1-8

1 In dié tyd het Jesus op ‘n sabbatdag deur gesaaides geloop. Sy dissipels het honger geword en are begin pluk en van die koring geëet.
2 Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: “Kyk daar! U dissipels doen iets wat op die sabbatdag nie gedoen mag word nie.”
3 Maar Hy sê vir hulle: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne honger geword het nie?
4 Hy het in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geëet, wat hy en sy manne nie mag gedoen het nie, maar net die priesters.
5 Of het julle nie in die wet van Moses gelees dat die priesters op die sabbatdag in die tempel diens moet doen nie? Hulle oortree dus die sabbatsgebod, en tog is hulle nie skuldig nie.
6 “Ek sê vir julle: Hier is Een wat groter is as die tempel.
7 As julle begryp het wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,’ dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie.
8 Die Seun van die mens is immers Here oor die sabbat.”

Inleiding – Stradivari viole

⦁ Antonio Stradivari se hele familie was sedert die 12de eeu inwoners van Cremona in die noorde van Italië.
⦁ Antonio Stradivari het van jongs af begin om instrumente te maak – veral viole.
⦁ Na alle waarskynlikheid het hy ‘n vakleerlingskap begin by die meester Nicolo Amati – een van die groot vioolmakers in die wêreld.
⦁ Hy het viole gemaak wat vandag steeds die gesogste viole in die wêreld is.
⦁ In die jare 1700-1720’s het hy sy beste werk gedoen – bekend as die goue periode.

⦁ Vandag kan niemand die tegniek naboots wat Antonio bemeester het nie.
⦁ Dit was ‘n familiegeheim wat hy net vir sy twee seuns Omobono en Franscesco geleer het.
⦁ Toe sy twee seuns doodgaan, het die tegniek ook uitgesterf.
⦁ Sedertdien het verskeie wetenskaplikes probeer om dit na te boots; om weer so ‘n viool te skep.
⦁ Allerhande teorieë bestaan oor die proses, bv. die fungus in die hout.

Hoe het OMOBONO en FRANCESCO die kuns aangeleer om dieselfde viole as hul pa te maak?

⦁ Was daar ‘n boek?
⦁ Was dit kopkennis?
⦁ Was dit iets wat enige iemand anders buiten hul pa vir hul kon leer?
⦁ Was dit ‘n wetenskap?

Kenners sê die geheim van die viole is nie eintlik so ‘n geheim nie.
⦁ Die geheim is in die hout.
⦁ Die werklike misterie is hoe Antonio die hout gekies het.
⦁ Hoe het dit gewerk en hoe het sy seuns dit geleer?

Noordoos van Cremona, lê die Paneveggio WOUD – “die woud van die viole” of “die woud van die musiek”.
⦁ Hier groei die “musiekbome” – Noorweense Abies (‘n tipe denneboom) wat ‘n baie spesifieke digtheid hout verskaf.
⦁ Dit word vertel dat Antonio in die Paneveggio sou wandel en self sy hout uitsoek. Hy sou “luister” na die hout. Die ouer Abiese hout het die beste resonansie gehad.
⦁ Dan het hy die hout in die winter laat sny wanneer die maan begin afneem en die sap nie uit die hout uitdrup nie.
⦁ En voor die laaste laag vernis op die viool aangewend word, het hy die viool huis toe geneem en vir weke die viool langs hom neergesit as hy slaap. Hy het geglo iets geestelik moes tussen hom en die instrument gebeur, want die viool moes ‘n siel kry!

Hoe en by wie het Omobono en Francesco geleer hoe om hierdie Stradivari-viole met siele te maak?

By hul pa.
Deur ‘n boek te lees?
Nee.
Hulle het sekerlik toe hul kleiner was die basiese teorie geleer.
Maar wat eintlik saak gemaak het, was die kuns daaraan verbonde –
Deur tyd saam met hom te spandeer.

Soos baie kulture deur die eeue uitgevind het, gebeur daar iets tussen ‘n meester en dissipel wat nie in boeke geskryf staan nie.
‘n Kuns word oorgedra.

By wie het jy in Jesus se tyd geleer?

Die Joodse gemeenskap van die Ou Testament het drie fases van leer in hul kultuur toegepas. Hierdie drie begrippe help ons om iets te ontdek van Jesus se kultuur van leer. {Aangehaal uit Malan Nel se artikel oor Dissipelskap}

CHANUKKA
(Om ingenooi te word in ‘n gemeenskap waar jy leer)

“In fact, a modern Hebrew term for education, Chinuk, from a root found twice in the Bible in the sense of ‘to train’; etymologically speaking means dedication or initiation (cf. Proverbs 22:6)”. Firet adds that “the way” (Proverbs 22:6) is the life of a person seen from the perspective of destination. Every life has its own purpose – to direct oneself to that end is mandatory; in order to be able to direct oneself to it a chanukkâ is needed – a “transfer of dedication.”

Om die uitnodiging te aanvaar om ‘n sekere doelwit binne jouself te bereik – kies jy “die weg”.

TORA
(Om God se wet en “die weg van God” te leer = kopkennis)

“The Old Testament contains numerous references to the way of God (cf. Ps. 25:4,5,8,9,10,12; 119:1,3,5,9 etc.). That “way” must be learned. In order to find it, and to walk in it, one needs tôrâ. Buber writes: “The Torah of God is understood as God’s instruction in His way.”

CHOKMA (gôk-ma)
(Om die leringe – die Tora – in jou lewe toe te pas = wysheid!)

“Vriezen explains the subtle but important distinction between law and wisdom: “fundamentally the laws are looked upon as received directly from God, while wisdom is, as it were, the human reflection on this”. Chokmâ has its own function. Firet refers to this function in relation to the everyday question “Now what do I do?”; situations in which one must come up with one’s own answer. Knowledge of “the way” is not enough: one also needs knowledge of affairs, a perspective on specific situations, insight into problems (cf. Micha 6:8)”.

Wat leer ons by die Joodse kultuur in Jesus se tyd?

Ons word van kleins af genooi om deel te word van ‘n gemeenskap van leer. Die Here nooi ons om te leer van “Sy weg”. Wanneer ons die uitnodiging aanvaar, begin die eerste fase van leer – die wet (Sy wil, sy Woord, die narratief van God). Dit is die ‘kopkennis’ van Christenskap – as jy dit so wil. Daar stop ons gewoonlik. Ons dink dit is waaroor Christenskap gaan – om te weet, te verstaan!

Die laaste fase van leer, is eintlik die toets vir ons geloof: of ons dit wat ons weet kan omskakel na ‘n manier van leef. Dit staan bekend as die chokma – die wysheid. Het ek dit wat in my kop is, deel gemaak van my hele bestaan? Weet ek hoe om in elke situasie God se wil toe te pas?

⦁ Die Jode en Stradivari het hierdie een ding in gemeen gehad – hulle het verstaan dat jy, nadat jy die basiese teorie van iets leer ken het, dit nie genoeg was nie.
⦁ Jy moes ‘n kuns bemeester.
⦁ Jy moes iets leer.
⦁ En daardie “iets” (wat hulle die wysheid genoem het) het jy by iemand geleer.

Wat gebeur as jy die wysheid (die kuns) van Christenskap bemeester het?

⦁ Jesus loop op die Sabbat deur ‘n koringland
⦁ Die dissipels tel are op en eet dit.
⦁ Die Fariseërs kom en sê: Hulle oortree die TORA.
⦁ Jesus antwoord met die CHOKMA.

“As julle begryp het wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,’ dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie.”

Wat gebeur as jy die wysheid nie bemeester nie?
⦁ Jy raak soos die Fariseërs. Jou geloof is vol kopkennis maar wanneer dit kom by die uitleef daarvan weet jy nie hoe nie.
⦁ Jy raak soos die Fariseërs – jy verloor die hart. Jy bring die offers (die reëls) maar die hart (barmhartigheid) is nie daar nie.

Wanneer godsdiens wetties raak sonder die wysheid, kry mense dikwels seer.

⦁ Daar was al baie bewyse in die verlede waar wettissisme sonder wysheid gelei het tot mense wat seer kry.
⦁ Dit was so in die middeleeue in die Katolieke kerk.
⦁ Dit is waar in die Moslem-wêreld waar wettissisme oorneem en tot heilige oorlog gelei het.
⦁ Dit is ook so in die NG Kerk se geskiedenis – wettisisme word gebruik sonder wysheid.
⦁ Wanneer sommiges in die NG Kerk nie wysheid toepas nie, maar net die wet in die gay-debat toepas en allerhande uitsprake daaroor maak, dan kry mense seer.
⦁ Komplekse sake verg wysheid sodat mense met menswaardigheid en liefde hanteer kan word.

⦁ In gemeentes gebeur dit ook dikwels dat lidmate so vasgevang word in die letter van die wet en die denkwyse daarmee saam dat hulle nie wysheid van Christus het om te verstaan wat die hart van die TORA is nie.

⦁ Dikwels is die mense wat die langste verhouding met die Here het, die mense wat ons meesters in die wysheid moet wees, juis die mense wat wetties en moeilik en onliefdevol raak want hulle het nooit die wysheid aangeleer nie.

Daarom is dit ‘n baie legitieme vraag: As wysheid nie deur ‘n boek oorgedra word nie, as dit ‘n KUNS is wat deur meesters aan dissipels oorgedra word, net soos in die Stradivari-familie. HET ONS DIT NOG?

HET ONS NOG DIE KUNS?
HET ONS NOG DIE WYSHEID?
OF HET ONS FARISEËRS GEWORD VAN DIE TORA?

By wie leer jy?

⦁ By wie het jy die KUNS VAN CHRISTENSKAP aangeleer?
⦁ Is jy ‘n dissipel van Jesus wat geleer het om die wysheid van die Tora toe te pas in jou lewe sodat BARMHARTIGHEID wen?
⦁ Natuurlik is die BRON van hierdie leerskool wysheid maar in die kerk en in die tradisie was daar MEESTERS wat Jesus se weg vir mense gewys het – deur hoe hul leef.
⦁ Hulle het die KUNS van JESUS oorgedra van generasie tot generasie.

⦁ Om Sondag kerk toe kom en na ‘n preek te luister, is nie genoeg nie.
⦁ Om iewers ‘n boek te lees, leer jou dalk die kopkennis maar nie die wysheid nie.
⦁ Om te lewe asof jou geloof net hier en daar in jou lewe op die agenda kom, is nie genoeg nie.

⦁ Jy moet iewers besef jy is ‘n dissipel.
⦁ Jy moet nou besef jy is ‘n meester wat dissipelskap moet leer.

⦁ In my lewe het die proses van dissipelskap ‘n groot impak gehad.
⦁ Om binne verhoudinge deel te kon neem aan ‘n dissipelskapproses, was een van die grootste impakte op my lewe.
⦁ Dit was vas, georganiseerd en dit het my uitgedaag.

Vir jou lyk dissipelskap dalk anders:
⦁ Dalk is daar iemand met wie jy tyd moet spandeer wat jou die kuns van dissipelskap kan aanleer .
⦁ Dalk is daar Christene met wie jy in groepsverband wysheid kan deel en saam by mekaar leer.
⦁ Dalk moet jy aan ‘n spesifieke proses rondom dissipelskap deelneem.

⦁ Die punt is: die kerk kan nie die kuns van Chokma verloor nie.
⦁ En soms raak ek bekommerd dat ons het.

AMEN