Gemeentefees

24 AUGUSTUS 2018

Kom kuier saam regdeur die middag en aand tot laat!
Kuier tussen vure, onder die bome en feesliggies!

Kom geniet die pretpark op die kerkterrein direk na skool! Kinders koop “rekkies” wat vir verskillende speletjies en items gebruik kan word. Die pretpark open 14:00 en sluit die aand om 19:30.

Die aandmark se kosstalletjies open 16:00 en sal vir die res van die aand oop wees (selfs gedurende en na die Elvis Blue vertoning.)

Kom kuier saam op die boonste gedeelte van die kerkterrein onder die bome, aandliggies en vure. Daar sal bankies, stoele en tafels uitgepak word.

In die middel van die terrein is ‘n klein verhoog. Kom luister na lewendige musiek! Ons is bevoorreg om vir Leon Gropp en Pretoria Boys High se “Dixie Band” te ontvang. Pierre Breytenbach tree as seriemoniemeester vir die aand op.

Elvis Blue se vertoning vind om 19:30 in die kerkgebou plaas. Kaartjies het reeds uitverkoop. ‘n Beperkte hoeveelheid Foyer kaartjies sal 10 minute voor die vertoning beskikbaar gestel word.

Daar word wagte gereël vir parkering in die straat voor die gemeente se ingang.

Craft Bier, Wyn,  Koeldrank, Smoothies, Melkskommels

Cupcakes, Poeding, Lekkers, Kolfyntjies

Springkastele, Speletjies, Die Bul, Die Vuurpyl, Go-Karts

Bunny Chows, Bobotie Pasteie, Vetkoek, Biltong & Droëwors

Boereworserolle, Hamburgers, Pannekoek, Kerrie en Rys

Steak en Braaibroodjies, Afval, Aspatats en Stampmielies