web analytics

Bybelkursus | Jona

Inleiding

Dit is vir enige Christen belangrik om die Bybel te ken en daaruit te leef. Dit is belangrik om die Bybel gereeld te lees en soveel as moontlik daarvan te verstaan. Hierdie kursus behoort jou te help om Jona gestruktureerd te kan behandel en sodoende probeer om die boek so goed as moontlik te leer ken. Jy gaan leer wanneer die boek geskryf is, hoekom dit geskryf is, in watter tyd en omstandighede die boek geskryf is, hoe die antieke wêreldbeeld gewerk het en watter tipe literatuur Jona is. Jy gaan al hierdie dinge leer om op die ou einde te vra wat hierdie boek en storie vandag vir ons as Christene beteken. Elke week sal daar ’n video wees wat jy kan kyk met spesifieke inligting om jou te help vir die week. Daar sal ook ’n pdf aangeheg wees wat jou sal help met verdere inligting. Laastens sal daar ’n opdrag wees wat jou gaan help om die inligting jou eie te maak.