web analytics

’n Passievolle geloof vir vandag! 12 GELOOFSGEWOONTES

Meeste lidmate van die NG Kerk het in ’n tradisionele Christelike omgewing grootgeword waar die geloofswaarhede dikwels onkrities aanvaar is. Hierdie geloofswaarhede is diep gewortel. Al die veranderinge in die samelewing gaan egter nie ongesiens by ons verby nie. Dit het ’n invloed op ons lewe. Daar is baie mense wat opnuut vrae vra oor die geloof en die kerk. Selfs vrae wat vroeër nie gevra is nie, word nou gevra. Aan die hand van 12 gewoontes word die seisoene van ons lewens behandel om by ‘n passievolle geloof vir vandag uit te kom!