DIE STORIE
Die eeue-oue storie in ‘n nuwe fantasiewêreld
Die storie, losweg gebaseer op die Josef-verhaal in die Bybel, het ‘n hedendaagse idioom wat afspeel in ‘n “nuwe wêreld”.
‘n Straatkind in Lumina is vasgevang in ‘n desperate situasie. Sy gawe om tussen waarheid en leuen te kan onderskei, word deur sy meester misbruik. ‘n Mespuntsituasie dwing hom om ‘n keuse te maak. Hy ontsnap uit sy huidige omstandighede deur ‘n dubbele lewe te lei. ‘n Nuwe weldoener gebruik die kind se gawe om reg en geregtigheid te laat geskied. Wanneer sy straatvriende hulp nodig het, word sy nuwe lewe met die oue gekonfronteer. Noodgedwonge word sy ware identiteit onthul. Sy eie leuen word uiteindelik deur die waarheid verhelder met verrykende gevolge.
Die nuwe wêreld van Lumina
Die produksie speel af in ‘n fantasiestad van lig – Lumina. Die stad bestaan uit distrikte, areas, strate, plekke en monumente. In die Niemandskant en Suidekant funksioneer straatkinders in verskillende bendes. In die Noordekant woon die leiers van die stad. Lumina is ‘n stad vol hoop en potensiaal en beskik oor kleurvolle karakters en intriges.