Episode 1, Onderwerp:
Die Gesin is die plek in waarheen jy kan gaan waar jy altyd aanvaar sal word. Jy mag moeg en hartseer wees en sommer ook net jouself.
Jesus het ons vir mekaar gegee om ook by mekaar sy liefde aan te voel.
Voor die video speel, vra eers vir mekaar die volgende vrae:
- Wat was jou lekkerste deel van die dag?
- Wat was vir jou die slegste deel van die dag?
- Waarna sien jy uit in hierdie week?
Na afloop van die video, gesels saam oor wat julle geleer het uit die video en vra ook weer ‘n paar opvolg vrae:
- Waarheen gaan jy graag as jy nie lekker voel nie, of hartseer is?
- Het julle al gevoel een van ons was ook bietjie kwaai of hartseer, en hoe het julle daaroor gevoel?
- Hoe dink julle kan ons mekaar help as ons sien die ander een het ‘n slegte dag gehad?
Geniet elke oomblik hiervan! Ons sien uit na die reis saam met julle. Ons hoop hierdie gee vir julle ‘n lekker geleentheid om saam tyd te spandeer!
Hier is ons skakel vir hierdie week se KwaliTYD met die Kidz, episode1!