web analytics

Oggenddiens 10 Februarie 2019

10
Feb

10 Februarie 2019

Oggenddiens

Sout & Lig

Votum:

In Johannes 8:12 sê Jesus van Homself:

Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.

Skriflesing

Here’s another way to put it: You’re here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is not a secret to be kept. We’re going public with this, as public as a city on a hill. If I make you light-bearers, you don’t think I’m going to hide you under a bucket, do you? I’m putting you on a light stand. Now that I’ve put you there on a hilltop, on a light stand—shine! Keep open house; be generous with your lives. By opening up to others, you’ll prompt people to open up with God, this generous Father in heaven.

~ Matthew 5:13-16 (The Message)

Intro:

Die Griekse mitologie vertel van twee interessante godinne. Die een het volgens die mitologie ongesiens na die aarde gekom om te kom kyk wat die mense doen. Weldra het die mense agtergekom dat waar sy gaan, nuwe lewe is. Bome wat verbrand het, loop weer uit. Die gras loop uit waar sy verbygaan, die blommetjies begin groei. So kon haar voetspore deur die wêreld gevolg word op die spoor van groei wat sy agter haar gelaat het. Dan vertel die mitologie van ‘n prinses van die gode. Sy was pragtig, en haar asem so soet soos parfuum. Maar haar tog deur die wêreld kon gevolg word in die dood en verrotting wat sy in haar voetspore agtergelaat het.

‘n Mens kry nogal sulke mense ook nie waar nie? Die wat vernietig en negatiwiteit saai……Net so kry jy ook mense wat ‘n spoor van goedheid en guns agterlaat.

TEKS

Rob Bell sê:

“Why blame the dark for being dark? It is far more helpful to ask why the light isn’t as bright as it could be.”

Rob Bell, Velvet Elvis: Repainting the Christian Faith

In sekere dele van ons lewe kyk ons net met ‘n donker lens.

“Daar’s nie genoeg geld nie”

“Hier is geen toekoms”

“Daar gaan nie werk wees as hulle groot is nie”

“Niemand gee om vir my nie”

Die lys gaan aan en aan en aan …

En op ‘n manier verstaan ek hierdie uitkyk met alles wat in ons wêreld aangaan.

Net vir 2019 voorspel sosioloë die volgende:

  • Lojaliteit aan gevestigde politieke, ekonomiese, religieuse en ander instellings is laer as ooit.
  • Plaaslikes spandeer ’n verstommende 70% van hul weeklikse aktwiwiteite op verskillende sosiale media platforms. Dit bied groot uitdagings rondom mense se selfverstaan in terme van ’n biologiese self én ‘n digitale self.
  • Regte en protes. Groter klem op menseregte, diereregte en natuurregte gaan in 2019 tot nuwe vlakke gevoer word. Sulke roetes dien onder andere as uitlaatkleppe vir mense se gevoelens van magteloosheid omdat hulle geen sê meer het oor wat gebeur binne die groter politieke, godsdienstige en ekonomiese arenas nie.
  • Rick Hanson skryf: “our brain is like velcro for negative experiences but teflon for positive ones.”

Wat is donkerte?

1) Sien ons dit as die Bose?

– wonder oor die plek wat ons vir dit gee in ons lewe.

2) Is dit sonde?

– los my om skuldig te voel en dis van geen waarde nie

3) Is dit ongeloof?

– wanneer ons hoop verloor het.

Donkerte = Die plekke in ons gemeenskap en in ons families en in ons harte waar ons nie meer lig (hoop) ervaar nie.

Dieper in teks:

Sout:

In die destydse Palestina was die kwaliteit van sout wisselvallig. Nie alle sout was ewe goed, ewe smaakvol of bederfwerend nie. Die swak sout gaan af, dit het bymengsels wat onbruikbaar is en geen krag het nie. Dit word weggegooi en vertrap.

Jesus gebruik die beeld van sout wat verslaan om die godsdiens van baie van sy Joodse tydgenote te beskryf. Jesus kon sien hoe die Fariseërs en die Skrifgeleerdes godsdiens op ‘n manier bedryf wat sy krag verloor het. Teenoor die ware dien van God, en die lewe van gehoorsaamheid en toewyding, soos die Ou Testamentiese profete dit beskryf het, het hulle godsdiens in mensgemaakte, wettiese prosedures laat verval. Dit deug nie, so ‘n lewe word uitgegooi, en vergaan.

In die tyd van die Nuwe Testament was sout redelik skaars en daarom baie duur. Op ‘n stadium is dit selfs gebruik as ‘n betaalmiddel. Die woorde wat ons vandag het vir salaris en selfs soldaat kom uit ‘n tyd wat soldate gebruik is om die soutvoorrade van die Romeinse Ryk te bewaak. Dikwels is hulle met sout betaal vir hulle dienste. Ook uit daardie tyd kom die uitdrukking dat iemand… sy sout werd is.

Julle is die sout vir die aarde, sê Jesus. Daarmee gee Hy natuurlik ‘n geestelike betekenis aan hierdie beelde:

–        Julle is onsettend kosbaar

–        Julle gee smaak

–        Julle keer verderf

–        Julle bring lewe

–        Die aarde het julle nodig – dit kan nie sonder julle bestaan nie

–        Julle het ‘n onmisbare plek in die wêreld

Lig:

Maar daarby is julle ook die lig vir die wêreld, sê Jesus vir sy dissipels. Ons weet vandag ook watter verskil lig in die wêreld maak. Kyk ‘n bietjie hoe lyk dit wanneer die hele woonbuurt se krag skielik in die nag afgaan – of wanneer jy daar doer in die bosveld in jou tentjie sit en die enigste lig wat jy het se battery raak pap.

Lig is soos sout, alledaags en bekend, maar lig dien as metafoor met ’n soortgelyke ryk betekenis en word in die Bybel veral met God vergelyk.

Jesus se volgelinge behoort sigbaar te wees en lig uit te straal. Dit is waarom Jesus die stad met sy lig op ’n heuwel plaas en die lamp op ’n staander.

Die lig is sigbaar maar ook kwesbaar. Die lig word nie beskerm nie, dit kan op die lampstaander omval en deur wind en weer doodgewaai word. Mense wat die lig vir die wêreld is, kan hulleself nooit wegsteek nie.  Hulle leef en werk juis in plekke waar hulle die mees sigbare sal wees. Die lig wat God gee, is nie bedoel om onsself te verlig of onsself in glorie te laat baai nie.

’n Belangrike les wat ons moet leer, is dat Jesus die bron van lig is. Ons is net ligdraers wat nie sonder die bron van lig kan skyn nie. Ons is ‘n tweede kategorie van lig.  Jesus is die son en sy volgelinge is soos die maan wat die son se lig reflekteer.

Een pragtige beeld wat ek gekry het en wat hierby aansluit, kom uit hoe lig in Indië in van die tempels gebruik word, bv. die Shesh Mahal (Hall of Mirrors).  Klein spieëltjies is die hele gebou vol aan die binnekant geplak, en as jy selfs net een kers aansteek, verlig dit die plek met die weerkaatsing in al die duisende spieëls met die lig wat kom van die een kers.

Dit is vir my ‘n pragtige beeld van wat ons doen as ons goeie werke doen.  Ons doen dit sodat die wêreld die ware Lig kan raaksien, en hulle sy Vader wat in die hemel is, kan verheerlik.

Jy is veronderstel om so ingeprop te wees by God dat sy krag deur jou vloei en dit lig bring vir die donker wêreld rondom jou. Jy is veronderstel om die kommunikasiekanale tussen jou en God so oop en skoon te hou dat Hy jou kan gebruik om sy agent op aarde te wees.

Jy moet vir God ‘n plek in die storie gee.

Storie van sendeling:

I was in Rwanda a few years ago, and a group of us went hiking in the slums of Kigali with a woman named Pauline. Pauline spends her free time caring for people who are about to die of HIV/AIDS. She agreed to take us to visit one of her friends who had only hours to live. We hiked through this slum for what seemed like miles, and as we got farther in, the shacks became smaller and smaller until all we had to walk on very narrow trails with sewage crisscrossing in streams that ran beside, and sometimes under, the shacks.

Eventually we ended up in a dirt-floored, one-room shack about six-by-six feet. A woman was lying under so many blankets that all we could see was her mouth and eyes. Her name was Jacqueline. Pauline had become her friend and had been visiting her consistently for the past few months. As I knelt down beside her on the floor, I watched Pauline, standing in the corner, weeping. Her friend was going to die soon. What overwhelmed me wasn’t the death or despair or poverty. What overwhelmed me was the compassion. In this dark place Pauline’s love and compassion were simply…bigger. More. It is as if the smallest amount of light is infinitely more powerful than massive amounts of dark. The ground was holy.

I’m sure you have had similar experiences. In the strangest of settings, maybe with people you barely know, you become aware that the ground beneath your feet is holy. It is sacred. There’s something else, something more, going on here.

Because it isn’t just those beautiful moments in the midst of the everyday and mundane; it is also in the tragic and the gut-wrenching moments when we cannot escape the simple fact that there is way more going on around us than we realize.

Slot:

Salt and light

Yesterday, you were my God

I saw you, in the eyes of a stranger

I heard you, in their indignation

And I felt you, in their sorrow

And I did nothing

Today, you are my God

I saw you, growing my garden

I heard you rustling through the trees

And I felt your warmth, on my face

And I smiled

Tomorrow, you’ll still be my God

I will see you, if I dare to look

I will hear you, if I am still

And I will feel you, working within my heart

For you are the same God

Yesterday, today, and forever

Help me to be salt,

to those who need to taste

And light,

to those who are lost in their own darkness

And compel me to act,

today.