web analytics

Oggenddiens 14 Julie 2019

14
Jul

14 Julie oggenddiens
Wonderwerk reeks week 3
Broodjies & Vissies

Nou in vakansie moes ek soms weggaan vir werk. Wanneer ek dan weer terug is by die huis vra my seuntjie: “Wat het mamma vir ons gebring?”
Meesal het ek hulle met ietsie bederf maar hier na die einde van die vakansie was die antwoord:
“Myself”
en hulle antwoord was: “Aaargh!”

Dalk kan jy vanmore hiermee vereenselwig.

Vroeg in ons geloofsreis is dit ook wat in ons harte as gelowiges gebeur.
Wat kry ek by die Here?
Wat doen Hy vir my?

Dis hoekom daar so groot mark is vir boeke soos: “5 stappe tot gebede wat beantwoord word”

Die probleem wat ek raaksien in so ‘n verhouding is dat dit onmoontlik is om ‘n egte verhouding met iemand te hê by wie jy net iets wil kry.’
= daar’s ‘n agenda
En omdat daar ‘n agenda is – tel jy jou woorde
Julle doen hierdie dans….

Johnannes som dit so mooi op – “Jesus gee homself”
As dié waarheid nog nie in die reeks vir jou oorweldigend geword het nie, is vandag se boodskap vir jou.

God het opgedaag in ons wêreld.
Dit moet van ons kop na ons hart skuif.

Ons is in week 3 van ons wonderwerke reeks.
Johannes volg nie vir Jesus oor wat hy GLO nie.
Hy volg Jesus oor wat hy SIEN en HOOR.
Dit laat hom sien Jesus kom wys God in die wêreld.
En as ‘n ou man skryf hy die gebeure neer.

Johannes 20:31
31 Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.

Jesus en sy dissipels trek heeltyd tussen noord en suid.Hulle gaan nou op ‘n boot heel noord en dink dis heeltemal weg van die skare. Jesus wil net wegkom en op sy eie wees.
Sy vriend Johannes is nou net onthoof.
So gaan hulle na die stilste deel van die land.
Maar Hy kom net nie weg van die skare nie.

Hoekom volg hulle Hom??
—oor geloof? Nee, definitief nie!
Niemand in die 1ste eeu volg Jesus oor GELOOF in Hom nie.

6:2 Hulle volg Hom oor die wonderwerke wat Hy doen.

Baie van die skare het Jesus nog nooit gesien nie. Nog net gehoor van sy wonderwerke.
Maar nou is Hy in hulle streek.
En dalk kry hulle die kans om self ‘n wonderwerk te kan sien.

6:3-4 Jesus gaan sit net saam met sy dissipels.
Wou jy al ooit net ‘n bietjie sit?!
Dan gee Johannes so stukkie ekstra inligting.
= Fees is naby.
Moses het volk uit Egipte gelei.
Dit herinner hulle dat hulle nou weer ‘n nuwe Moses nodig het.
Iemand wat Rome kan oorwin en hule land vir hulle teruggee.

6:5 Jesus sien die groot skare nader kom.
Jesus weet hoekom hule kom.
Hulle is opgevat met die wonderwerke, nie met Hom nie.

Jy ken ook vanmore die storie as jy in die kerk grootgeword het.

Maar besef jy hoe vreemd is die vraag van Jesus in 6:5
Nêrens was dit deel van die plan om die skare te voer nie.

6:6 toets hulle Hom.

Dan vra Jesus vir Filippus wat oorspronklik van die streek af is – waar kan hulle kos kry.
(waar hierrond is lekker restaurante?)

Filippus antwoord = Nêrens hier nie!

Dan ken ons die res van die verhaal.
Op ‘n manier is die verhaal al in die kerk geromantiseer.
Ek dink daar was ook humor aan wat aan die gebeur was.
-Daar is 1 kind met middagete
Dit moes ‘n grap wees 😉

Jesus sê in 6:10 – Laat almal sit.
Dan gee Johannes weer so bietjie ekstra inligting.
Daar was omtrent 5000 mans.
Hoekom tel hulle nie die vrouens nie?!
= 5000 mans was ‘n Romeinse weermag.
Maar onthou nou: net 12 het op die punt eintlik geweet wat presies aan die gang was tussen die 20 000 mense.
Dan sê Jesus – kom ons bid.
Dissipels moes gedink het – grap jy?
Hoe gaan almal van hierdie kind se middagete kan eet?
Dis soos wanneer ek vanoggend sou sê: Ek het ‘n muffin.
Maar net die 1 muffin vir ons almal in die kerkgebou.
Kom ons bid saam voor ons almal daarvan gaan eet.
Sou jy jou oë toemaak en bid???

Die ander evangelies sê Hy deel dit uit vir die dissipels.
Daar is meer as 1 weergawe van die storie.

Soos wat die kos uitgedeel word, kom die 20 000 mense agter hier gaan iets aan. want hier is kos en niks was afgelewer nie?!
Waar kom dit vandaan?

6:13 daar was 12 mandjies oor.
Hulle begryp die betekenis hiervan – Moses het genoeg gehad in die woestyn vir elke dag, maar hier is 12 mandjies oor.

En die vraag wat hulle vra is:
“Wie is hierdie man?”
Beste vraag wat ons in ons lewe kan vra.
6:14 sê: Hy moet ‘n profeet wees.
Net vir ‘n oomblik skuif hulledie fokus weg van hulle honger na die teken en waarna dit verwys.
Dit mag dalk die een wees waarvan ons vertel is….
En net vir ‘n kort oomblik vang hulle dit vas.

Jesus weet die tyd is nie reg nie.
Dink jouself vir ‘n oomblik in die verhaal in.
5000 mans wat Jesus volg.
Terwyl hulle gestap het, het hulle mekaar opgesweep.
So ver soos hulle gaan sluit nog mense by die groep aan.
Hulle was reg om oorlog te kon maak.

6:15 Jesus onttrek na ‘n boom.

Net voor die dissipels op ‘n boot klim, praat Hy met hulle, Hy wil nie hê hulle moet opgesweep word nie.

Het jy al ‘n vriend hoor sê:
“Ek het opgegee met die kerk of God want ek kry nie regtig iets daaruit nie.”

Punt wat Jesus maak is:
Solank soos wat dit oor jou gaan wat iets moet uitkry – verstaan jy steeds nie die evangelie nie.

Dan is ons steeds soos kinders wat deur toe hardloop en vra: Wat het jy vir my gebring?!

Ons lees in 6:25: (wanneer jy iets wil kry by iemand is jy nooit direk nie; daar is ‘n dans)

Jesus kom direk tot die punt 6:26
Julle is hier vir die kos.
Julle mis die punt van die wonderwerk.
Dan sê Hy vir hulle en ook vir ons in 6:27: Moenie net dink aan kos nie….
Komaan!!
Besef julle nie wat Ek vir julle bring nie?!

2000jr van nou af gaan mense steeds die verhaal vertel.
Dis soveel groter wat hier om julle gebeur as om net julle land terug te vat.

Dan antwoord hulle Hom in 6:30
‘Watter wonderwerk sal U doen dat ons kan verstaan en glo?’

Nog net een teken asb!
Dit is die spasie waarbinne baie van ons leef.
Nog net een teken, asb.
Ons het laas week hieroor gepraat.
Ons sal in God glo as Hy….
Hier sit hierdie groep mense wat nou net iets bonatuurliks ervaar het en hulle sê: as U net nog 1 wonderwerk kan doen.

Jesus moes dink, ons is terug by middagete!!
Dis al waaraan julle dink.

Dit laat my dink aan die spesiale etes wat ek al kon bywoon in my bediening.
Baie keer mense wat so baie vir kerk kan gee.
Dan is die vraag: is daar iets wat ek vir jou kan doen?
Ernstig?
Antw = Nee
Ek het niks nodig nie.
Dis net ‘n eer om jou te ontmoet.
Jy doen klaar so baie vir die wêreld. Om meer te vra sal net vreemd wees!
Wanneer jy by iemand belangrik sit, vra jy nie vir IETS nie.
Jy vra vrae.
Dit is jou kans om in te neem en te leer by die persoon.
Jy het dalk nooit weer die kans nie.
Jy vra nie vir goed nie!

Terug na ons verhaal vanoggend:
Die mans & vrouens staan voor Jesus.
Die Lig vir die wêreld.
God in ‘n mens.
En al waaraan hulle dink is hul honger.
Ons lees verder in Joh 6 dat op daardie dag het ‘n klomp besluit om Jesus nie meer te volg nie.
Die magic is nou verby vir hulle.
Toe dit lyk of daar nou nie meer iets daarin is vir hulle nie toe stap hulle weg.
Dalk het hulle op ‘n manier ‘n verskoning gehad.

Maar ons het nie!
Ons staan aan die ander kant van die kruisiging.
Die man wat gesê het Hy is die LIG vir die wêreld het dit bewys.
Wat nou van jou?
Is ons nie dalk net hier vir die kos nie?
Gaan dit nie vir ons net oor wat ons hieruit kan kry nie? Wat jy by God kan kry nie?
Dan het jy nog nie regtig besef met wie jy te doen het nie.
Jy het nog nie regtig Sy grootheid gesnap nie.

Jy word genooi om te volg.
Dis die mense wat waarlik gesnap het wie Hy is en wat Hy bring.
Johannes, Paulus…Dis geen klein pad waarop jy genooi word om Hom te volg nie.

As elke Christen in ons land vir 2 weke nie vir God vra vir iets nie, maar net regtig lief is vir Hom en vir al die mense – Hoe sal dit om ons lyk?
As ons vergewe en lief het en die ouer, werkgewer, huweliksmaat gaan wees wat ons moet wees…

Die verskil sal gevoel word.

Want die vraag moes nooit gewees het nie: wat kry ek?
Die vraag is dieselfde as wat Hy vir daardie groot skare gevra het:
Wie glo julle is Ek?

Vir sommige was Hy net ‘n “magic Rabbi”
Maar vir ‘n paar was Hy God in ‘n mens se liggaam.
En daardie paar het opgetree soos Jesus van hulle verwag het.

Hy gee HOMSELF.
So hoop ek regtig jy is nie hierin vir die middagete nie.
Want dan mis jy die avontuur.
En jy mis God.

Andy Stanley sê:
“It’s impossible to have an authentic relationship with someone from whom you’re always trying to get something.”

Hou op onderhandel.
Sê net JA vir God.
Hier is Ek Here, ek kort niks nie. Ek wil net in U leef.
Nie my wil nie, maar U wil.
Hy gee jou die kans om Hom PA te noem!
Mag die waarheid van jou kop na jou hart gaan.
Let’s not be consumers, let’s be followers!

Dalk kan ons generasievolgers weer die wêreld verander!

Amen