web analytics

Oggenddiens 16 Desember 2018

16
Des

Oggenddiens

16 Desember 2018

Wat maak die Christelike geloof aantreklik?

GENADE

Selfs mense wat nie glo nie kan nie stry dat die idee van genade goed is.

Kom ons dink bietjie oor die idee.

Genade is waarna ons die meeste smag as ons verkeerd was.

VB: Jy kom by die huis – ouers sit op die bank – weet jy was verkeerd – kan hulle nie net genade teenoor jou wys nie?!

VB: baas – geen verskoning  – genade

Dis asof jy iets soek van die ander persoon wat jy weet jy nie regtig verdien nie.

Andy Stanley sê: “Grace is what we’re hesitant to extend when confronted with the guilt of others.”

= veral as hulle iemand vir wie jy lief is of jouself seergemaak het.

Definisie van genade:

-Undeserved

-Unearned

-Unearnable

favor.

Dis soos wanneer jy weet jy moet ‘n gesprek voer en iets spesifiek vir iemand sê. Voordat jy dit doen, inisieer die ander persoon dit.

Jy kan genade nie verdien nie.

Net soos wat jy nie jou eie verrassingspartytjie kan reël nie.

Om die partytjie te beplan, vat die verrassing weg.

Jy kan vra daarvoor, smeek vir dit,.maar dit nie verdien nie.

Hier is die waarheid: Ons kan dit nie regtig ontvang as ons nie eers besef hoe min ons dit kan verdien nie.

Genade gebeur dan ook altyd binne ’n verhouding.

Dis die verskil tussen GENADE en VERGIFNIS.

En presies dit is wat die Jesus-verhaal so mooi maak.

Dis hoekom God moes opdaag.

Ons sou dit net binne ‘n verhouding kan verstaan.

Om die mens sy genade te laat sien en te ken, moes Hy mens word.

Matteus, Markus, Lukas en Johannes vertel die aantreklike verhaal.

Johannes word die oudste tussen hulle.

Hy leef langer as al sy vriende en hy kry iemand om die verhaal vir hom neer te skryf.

Ek kan my net indink hoe hy oor alles gewonder het?

– Waar begin ek die verhaal?

– Hoekom gaan hulle my glo?

Dan kies hy om sy storie so te begin skryf:

Johannes 1:14

“Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste seun van die Vader het, vol genade en waarheid.”

= Hart van die Kersverhaal.

God het mens geword.

Hy het tussen ons kom leef.

‘En ons sien sy glorie…’ – dis nie “ons” nie maar Johannes se “ons”

Wanneer God in Jesus ‘n mens word, kom wys Hy 2 spesifieke kante vir ons.

Genade + Waarheid

Genade: verhouding/ kerk/ mense

waarheid: verhouding/ kerk/ mens

Hy is altyd die 2 goed saam.

Dink daaraan, in min van ons is albei die eienskappe ewe sterk.

Ons is meestal 1 van die 2

Hy is altyd die 2 kante saam.

vb: paartjie wat trou en verskil of dieselfde is.

As albei genade is, sien ons dit in die kindertjies. Julle weet waarvan ek praat.

Al Johannes se vriende is doodgemaak en steeds getuig hy: God is liefde.

Want ware liefde is : GENADE + WAARHEID altyd saam.

Dis ‘n goeie ouer.

Kom ons lees ‘n verhaal waar die 2 kante van Jesus baie duidelik word:

Matteus 9.

– Matteus is ‘n belastinggaarder.

– Jesus sê vir hom: Volg my.

– Ek wil in jou huis kom kuier.

– Petrus wonder wat fout is met Jesus – hy gaan nie eers na ‘n sondaar se huis toe nie.

– Dan reël Matteus die partytjie en hy nooi al die verkeerde mense.

– By die partytjie is Jesus amper “akward”.

– Farriseërs sien Hom en stuur boodskapper.

– Dan sien ons Matteus 9:12

– Jesus sê dis nie die gesonde mense nie maar die siek mense vir wie Hy kom.

– Dan wonder Matteus —–Dink jy ek is siek???

– Hy kom sê eintlik vir die slimstes in die vertrek – gaan leer – 9:13

– Hy haal hulle aan uit hulle eie boeke.

Ons lees Matteus 9 maar kan nie regtig die emosies binne die verhaal snap nie.

Dink ook aan die verhaal van die vrou met owerspel.

– gooi haar net op regte tyd voor Hom neer.

– Hy sê sy is sondig, maar die onskuldige een gooi die eerste klip.

– Jesus oordeel haar nie, Hy bewys genade.

Johannes probeer verduidelik: daar is ‘n nuwe wet – Genade en waarheid saam in 1 persoon.

Politieke en geloofsleiers van sy tyd probeer ontslae raak van waarheid en genade in 1 persoon.

Dink aan die man aan die kruis.

Daar is niks wat hy kan doen of verander om Jesus se genade te verdien nie.

Maar tog antwoord Jesus hom LUKAS 23:43.

Die man kry dieselfde as Petrus wat my volg en Stefanus wat gestenig word.

Hoekom?

Want genade is nie FAIR nie.

In Kerstyd onthou ons Jesus maak God sigbaar.

Immanuel

God met ons.

God by ons in Jesus is waarheid en genade saam.

Lukas 16:16

“Tot by Johannes was dit net die wet en profete. Van toe af word die koninkryk van God verduidelik.”