web analytics

Oggenddiens 26 Mei 2019

26
Mei

26 Mei Oggenddiens

Simson

VOTUM

121 ’n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? 2 My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Die Wet:

EEN
Ek is die Here jou God
Jy moet My alleen aanbid en dien.
Onthou dat niks of niemand anders jou kan red nie: Nie jou geld of jou werk nie.

TWEE
Moenie self besluit hoe jy wil hê Ek God moet wees nie,
want Ek is groter as wat jy jou ooit kan voorstel.

DRIE
Moenie ligtelik my Naam op jou lippe neem
om krag aan jou woorde te gee of as jy skrik nie.
My Naam is heilig, en jy moet dit net gebruik as jy My aanroep in gebed, of as jy oor My getuig.

VIER
Sondag is die dag waarop Jesus opgestaan het uit die dood.
Rus van alles wat jou so besig hou in die week,
sodat jy tyd het vir My en vir jouself en jou mense.
VYF
Eer jou ouers,
en sien na hulle om as hulle oud geword het.
SES
Mense is vir My kosbaar,
en hulle moet vir jou ook kosbaar wees.
Moenie iets doen wat ander se lewens in gevaar stel nie,
en moenie hulle te na kom deur jou woorde of jou dade of gedagtes nie.
SEWE
Die huwelik is heilig,
en jy moet alles in jou vermoë doen om jou eie huwelik en ander s’n instand te hou.
AGT
Elke mens het die reg om dinge te besit,
en jy moet dié reg respekteer.
NEGE
Praat altyd die waarheid.
Moenie leuens oor ander versprei nie;
nie openlik nie, en ook nie agteraf nie.
TIEN
Moenie só op jouself ingestel wees dat jy nie ruimte in jou hart het vir ander nie.
Gun ander mense hulle vreugdes en suksesse
en wees saam met hulle daaroor bly,
want dit is Ek wat dit vir hulle gegee het.

Preek:

Intro:

Ek begin vanmore met ‘n vraag:

“Wat doen jy as jou menswees iets wil hê, wat jou hart weet verkeerd is?!”

Hoe jy die vraag beantwoord – bepaal waar jou hart is.

=Leef jy van binne af buite toe.
=Of leef jy van die buitekant af binne toe.

Lei jou hart jou lewe, of laat jy toe dat wat jy sien beinvloed in watter rigting jy kies.

Jou antwoord op die vraag beinvloed die rigting waarin jou hele lewe gaan.

Sooo….”Wat doen jy as jou menswees iets wil hê, wat jou hart weet verkeerd is?!”

Rigters:

Die afgelope 4 weke reis ons deur die verhale van Rigters.

Dis ‘n tydperk van 300 jaar waar God se volk sonder ‘n koning net met die Wet deur God gelei word.

Ons het stil gestaan by Gideon, Debora, Jefta en vandag eindig ons met Simson

Simson was die laaste Rigter en teen die tyd is die volk op hulle laagste plek.

Die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here.  Die Here gee hierdie keer Israel vir ’n baie langer tyd as vantevore in die hand van hulle vyande oor – 40 jaar lank.  Die vyand kom nie hierdie keer uit die ooste, soos by Jefta nie, maar uit die weste.  Die Filistyne het wes van Kanaän, in die kusstrook by die Middellandse See, gewoon, dit wat ons vandag as die Gasa strook ken.

Simson is vir 20 jaar leier van die volk.

Simson:

Ons kyk na die verhaal van Manoag, sy vrou, die eintlike kontakpunt met God, en die geboorte van hulle seun, Simson, om agter te kom hoe God werk – Rigters 13.

Een van die verhale uit die Bybel waar ‘n paartjie sukkel om swanger te word.

En uit hierdie relatiewe eenvoudige gesin, ‘n man wat versigtig glo en ‘n vrou wat, hoewel ons nie haar naam verneem nie, ‘n ongelooflike vertroue openbaar, kom die seun Simson.

Ons weet baie van Simson, al is dit net uit ons kinderbybeldae:

Op ‘n keer het hy ’n leeu doodgemaak.
Op ’n ander keer het hy 30 ouens doodgeslaan om hulle klere vir sy teenstanders te gee, toe hulle sy raaisel se antwoord uitgevis het by sy meisie in Timna.
Op nog ’n ander keer het hy 300 jakkalse se sterte aan mekaar gebind en fakkels tussen hulle sterte aan die brand gesteek en ’n klomp landerye uitgewis.
Op nog ’n ander keer het hy ’n duisend Filistyne doodgemaak met ’n donkie kakebeen.
Op nog ’n ander keer die stadspoort van Gasa uitgeruk en gedra tot op ’n berg, waarskynlik daar naby (die teks sê tot by “die berg wat voor Hebron is”).

Maar wat die teks wil beklemtoon, is nie net dat hy sterk was nie, maar dat sy eintlike bron van krag God was: “Simson het groot geword en die Here het hom geseën: die Gees van die Here het hom … begin lei.”  Daar staan letterlik: God het sy treë begin bepaal.  En regdeur kom hierdie leiding van God na vore.

En op ‘n manier verrig hy sy grootste verlossingsdaad toe hy op sy swakste is, oë uitgesteek, in die tempel in Gasa (die strook aan die kuslyn wat vandag nog in die nuus is in die konflik tussen die Israeli’s en die Palestyne), en in sy laaste doodskreet die hele tempel op die Filistyne aftrek.  In sy dood raak hy dus eintlik ‘n Christusfiguur, Christus wat ook deur sy dood die oorwinning behaal het.

Nassarener eed:

Was eintlik afgelê deur iemand wat God se aandag wou trek.
Wanneer iemand deur ‘n moeilike tyd gaan en hulle wil God raaksien.
Mag geen druiwe inneem.
Mag aan niks dood vat nie.
Mag nie jou hare sny nie.
Simson kies wel nie self om die eed af te lê nie.
Sy ouers leer hom dit van kleins af.
Glo God wil iets spesiaal deur hom doen.
Word groot met ‘n baie baie spesifieke prentjie oor homself.

Interresant van Simson: Sy lewe wys wat God in die hele Israel wou doen.
=Hy haal sy oë van die Here af – Israel haal hulle oë ook van God af.

Simson deel 2:

Simson se swakpunt was vroue.
Geskiedenis vertel hy was van kleins af baie sterk – nie groot nie, soos ons kinderbybel prentjie van hom. Net buiten gewoon sterk.

Sy werk as rigter is om ‘n “Grens wag” van die stad te wees.

Hy gaan elke keer oor die grens na vroue toe wat hy raaksien.

Grootste 1ste gebeurtenis wat ons van lees: Speel af in Timna.

Hy sien ‘n vrou en besluit hy wil met haar trou.
Ma en pa antw: “is daar nie iemand om jou wat gepas is nie?! (Rig 14:3)

Baie mense lees die teks en sê: kyk God is teen gemengde rasse troues.
Maar dis glad nie die regte verstaan van die teks. Simson se ouers is bekommerd oor die ander gode waaraan Simson blootgestel gaan word.

Maar in Rigters 14:3 doen Simson wat net in sy eie oë reg is – trou met haar.
By troue spot Simson met die filistyne en hulle word so kwaad dat hulle haar hou en hom wegjaag. Hulle laat haar later weer trou met ‘n filistyn – en nog later in die verhaal, brand hulle haar net omdat sy gekonnekteer was met Simson.

So rukkie later speel die verhaal tussen Simson en die prostituut af.
Hy spandeer die aand saam met die filistynse vrou.
Soldate vind uit dat hy binne hulle grense is en omsingel hom.
Simson gebruik sy krag vir sy eie wil om weg te kom.

Lees ons so deur die lewe van Simon – word dit baie duidelik dat hy nie dieselfde waarde aan sy lewe heg as sy ouers wat aan die belofte met God vashou nie.

Dan kry ons die bekendste verhaal van hom en Delilla.

En as jy die deel in Rigters lees kom die vraag by jou op:
Kan Simson regtig so stupid wees??!!

Alles oor een vrou.

Hoe langer ek in die bediening is kom ek agter die storie speel telke male om my af in verhoudings…

Maar vir Delilla word daar ‘n groot bedrag geld belowe as sy kan uitvind wat sy swakpunt is – en sy probeer dit telke male doen:

16:6
16:7 -vasbind – krag verloor
“dan sal ek wees soos enige ander man…”
Regtig Simson, soos enige ander man – met ‘n eed op jou lewe?

16:10 “Delila baie kwaad omdat hy vir haar jok! wat??

16:15-17 sê sy het aan hom gehang!

Op die punt moes Simson vir homself vra: wat doen ek hier?!
Maar hy doen nie.

Dan het hulle weer ‘n passievolle aand en ons lees – Die Gees van God verlaat hom.

Hy vertel wat sy swakpunt is – hulle vang hom en steek sy oë uit.

Nogal die week gedink oor die feit dat hulle sy oë uisteek.

Hy sterf as ‘n gevangene. Tempel pilare omtrek.

Hoekom lees ons vandag die verhaal:

Jy het geen idee wat God met en deur jou lewe wil doen nie.
Jy weet ook nie wat God wil doen met die generasie wat uit jou uit kom nie.
Wat sal God doen as jy jou lewe vir Hom gee.
As jy van die binnekant af buite toe leef.
Begin met die vraag: Wat doen jy as jou menswees iets wil hê, wat jou hart weet verkeerd is?!”
Dink ons leef so baie en maklik so.
1300 jaar later skryf ‘n ander joodse man in 1 Kor 6:19
“Weet julle nie dat julle liggame ‘n Tempel vir die Heilige Gees is nie…”

Dieselfde gees wat in Israel was.
Dieselfde gees wat in Simson was.
Daardie Gees is in jou.
So ons kan nie maar net wees soos almal om ons nie.

Gebed:
U gebruik vir Simson deur sy foute. U Gees was in hom. U Gees is in ons.
Mag ons so leef dat ons van die binnekant af buite toe kyk.
Amen