web analytics

Preek – 28 Oktober 2018 (Reformasie)

28
Okt

SONDAG 28 Oktober 2018
Oggenddiens

VANDAG IS HERVORMINGSONDAG – DIE KERK EN REFORMASIE

Votum

1 Kronieke 29:14
Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.

Boodskap – ALTERNATIEF

Wat beteken gee?
In die konteks van ons Tiendemaand is die belangrike vraag: Wat beteken GEE vir jou?
Bestaan gee net uit dankoffers uit of ‘n gebed van dankbaarheid en dit is dit?
Is GEE nie iets meer nie?
Is GEE iets AKTIEF? Of iets PASSIEF?

Metafoor van die potlood
Ons gee hierdie jaar met Tiendemaand vir jou ‘n potlood met ‘n uitveër aan!
‘n Potlood is ‘n wonderlike instrument. Jy kan iets neerskryf en later hersien.
Jy skryf iets daarmee!
Jy skep iets daarmee!
En jy kan skryf, skep en wanneer jou perspektief op die storie verander, dan vat jy die uitveër en skep ‘n heeltemal nuwe verhaal.
Jy het die mag om ‘n alternatiewe storie te skep!

Ons het gesels oor HERSKRYF! (veral oor ons land)
Karin het laasweek gesels oor HERSTEL! (Verhoudinge)
Ek sluit die reeks af met ‘n paar gaste oor die onderwerp van HERVORM (kerk)

So, wat leer ons oor die storie wat die KERK geskryf het toe die kerk begin het?

Skriflesing – Handelinge 2:43-47

43 Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul. 44 Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. 45 Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. 46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47 en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.

Wat het mense van die kerk gesê?

Hoe het die kerk begin?
Dit was vir alle praktiese redes eintlik ‘n onmoontlike taak om die evangelie te versprei en die kerk te laat groei.
Die kerk is verban en vervolg.
Daar was nie massa-media nie.
Daar was nie kerkgeboue nie – so, daar was geen publieke seremonies of eredienste nie.
Paulus was nie eintlik ” ‘n Groot naam ” in die samelewing nie.

Christenskap was aanvanklik grootliks ‘n stedelike geloof.
Die stede was groot en mense het opmekaar gewoon.
Daar was baie interaksie tussen die mense.
Een van die grootste redes hoekom Christenskap gegroei het, is omrede mense Christene se dag-tot-dag lewens dopgehou het. Hulle het hulle konsekwentheid van liefde gesien.

Justin Martyr, a noted early Christian theologian, wrote to Emperor Antoninus Pius and described the believers: “We formerly rejoiced in uncleanness of life, but now love only chastity; before we used the magic arts, but now dedicate ourselves to the true and unbegotten God; before we loved money and possessions more than anything, but now we share what we have and to everyone who is in need; before we hated one another and killed one another and would not eat with those of another race, but now since the manifestation of Christ, we have come to a common life and pray for our enemies and try to win over those who hate us without just cause.”

Christene het veral bekend geword vir die versorging en gesond bid van siekes.
Wanneer daar epidemies was en almal die stad verlaat het, dan het die Christene agter gebly en die mense versorg.
Hulle het vir die mense gebid.
Christene het begin om vir mense kos te gee en teen die jaar 250 n.C. het die Christene in Rome vir 1500 mense per dag kos gegee.

When Emperor Julian (“the Apostate”) wanted to revive pagan religion in the mid-300s, he gave a most helpful insight into how the church spread. This opponent of the faith said that Christianity “has been specially advanced through the loving service rendered to strangers and through their care of the burial of the dead. It is a scandal that there is not a single Jew who is a beggar and that the [Christians] care not only for their own poor but for ours as well; while those who belong to us look in vain for the help we should render them.”

Wat uiteindelik die grootste impak gehad het, was dat die kerk bekend geword het vir hulle geloof.
Hulle het vasgehou aan HOOP.
En hulle was bekend vir wat hulle GEDOEN het as gevolg van hulle geloof.

Wat is die storie wat die kerk vandag skryf?
Wat vertel mense vandag oor die kerk?

Onderhoud met genooide gaste

Barnard Beukman – Beeld
Dina Bosch – Ring van Silverpark CMR
Elize Bezuidenhout – ASM / KMDR Algemene sinode

VRAE – BARNARD BEUKMAN

1. Wat is jou indruk as ‘n redakteur van ‘n Afrikaanse koerant oor die “storie van die kerk” die afgelope  jaar of wat? As mense oor die NG Kerk sou praat – wat dink jy vertel hulle?

2. Op ‘n persoonlike vlak – Jy was self ook al in ‘n paar gemeentes. Hoe beleef jy gemeentes op “grondvlak”?
Jy kan iets sê daaroor dat daar dikwels ‘n verskil is tussen die “sinode” en die “gemeentes”.

3. Waldemar het so 2 jaar terug geskryf oor die gay-debat en gesê as die NG Kerk sou skeur, sal dit ‘n groot ystydperk veroorsaak vir die land se maatskaplike omgewing. Die NG Kerk spandeer amper 1 Miljard Rand per jaar aan sosiale en maatskaplike dienste in die land. Dink jy daar is ook ‘n “alternatiewe storie” oor die kerk wat mense nie altyd besef nie?

Waldemar Pelser, die redakteur van Rapport, skryf tydens die hoogbloei van die gay-debat in September 2016 die volgende oor die NG Kerk:
“Want as hierdie twis sou uitloop op kerkskeuring, en daar is dié wat skeuring vrees, selfs dié wat daarop hoop, sal gemeenskappe van die noorde tot in die suide getref word deur iets wat soos ’n maatskaplike ystydperk kan voel, ook dié wat nooit hul voet in die kerk sit nie en ’n evangelie van liefde en genade maar langtand bely. Meer as ’n miljard rand word elke jaar deur die NG Kerk aan welsynswerk bestee wat eintlik deur die staat gelewer behoort te word. Meer as ’n miljoen mense word versorg deur hierdie tamaai NGO, oftewel nieregeringsorganisasie, wat allermins kan bekostig om hom alleenlik te bemoei met die vertikale verhouding tussen mens en God.”

4. Watter rol kan die NG Kerk in die land speel – veral as ons daaraan dink dat vandag Hervormingsondag is? Ook gesien in die lig van ons reeks om ALTERNATIEWE STORIES VAN HOOP te skep.

VRAE – ELIZE BEZUIDENHOUT (KMDR / ASM)

1. Wat doen die kerk op nasionale vlak om ‘n impak te maak op ons land?
2. Watter “groter storie” oor die kerk weet gewone lidmate nie altyd van nie?

VRAE – DINA BOSCH (CMR in ons ring)

1. Watter impak het die CMR hier in ons direkte omgewing?
2. Wat sou gebeur as die kerk nie deur die CMR betrokke was hier rondom ons nie?