web analytics

Oggenddiens 30 Desember 2018

30
Des

30 Desember 2018

Oggenddiens

Soos wat is die lewe vir jou?

As jy nou ‘n beeld, prent, metafoor moet kies waarmee jy jou lewe moet beskryf, wat sal dit wees?

Forrest Gump:  Soos ‘n boks-sjokolade.

Weet nie wat kom nie, maar ek sien uit daarna.

So nou en dan kry ek ‘n bitter-soet een. Dan kou ek so bietjie vinniger.

Dis belangrik om in kontak te kom met jou idees oor die lewe. Dit sê nie net wat jy dink nie – maar sit ook ‘n sekere bril voor jou oë. Dit vorm jou ervaring van die lewe.

As Forrest Gump ‘n bitter een kry, sê hy – ek spoeg hom nie uit nie – sjokolade is te duur. ek probeer maar die lekker daarin proe.

Ek hou van hoe hy dink….

‘n Bewustelike lewe is baie beter as ‘n onbewustelike lewe.

Dit is 1 vd waarhede wat ons in Spreuke raaklees:

Spreuke 1:6

Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer

om spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp.

Leef met beeldspraak.

Dit is 1 van die uitgangspunte in terapie: Dat dit beter is om bewus te wees van ‘n klomp onbewustelike idees.

Soos in jou huwelik – weet wat die knoppies is.

Want terapie leer ons 2 groot waarhede:

1) die pyn wat ons nie prosesseer nie – dra ons oor.

2) die pyn waarvan ons nie bewus is nie, hou ons gevange.

Ons idees van die lewe is dus krities belangrik vir hoe ons die lewe gaan ervaar.

So gee Spreuke nog verder vir ons beeldsprake oor die lewe:

– rivier

– reis

– tuin

– land

– wingerd

Deur die beelde verduidelik Spreuke vir ons: as jy jou land bewerk  – gaan jy brood hê om te eet.

of anders gestel: Jou lewe is soos ‘n land – leer die kuns aan om dit te bewerk en mooi te maak.

Anders gaan jy niks hê om te gee nie.

Binne-in die tuin, land en wingerd is daar een baie belanrike element vir ons om van bewus te wees en dit is seisoene.

* Somer in gesin – terselfdertyd winter by die werk.

* seisoene lei jou na wat om te doen.

* nb om seisoene te aanvaar

* dis hoe God na ons toe kom

* ons glo nie en hou nie van winter nie

* net 1 wittebrood vir alles

Storie van die monnik in die Middeleeue

Kyk na tuin

Dan besing almal wat in die tuin inkom die eer van die Here oor die tuin.

Monnik voel afgehaal en sê:

“Jy moes gesien het toe dit net die Here se tuin was, hoe dit gelyk het.”

=Hy sê God gee.

maar ons kan dit wat Hy gee, nie net laat oorstaan nie, ons is MEDEWERKERS in ons lewens.

Ander is net apaties or die lewe.

Of ander nog glo om net oor te laat staan.

God gee al die talent.

Jy is die tuinier.

Bossies – kom outomaties op, jy hoef dit nie eers te plant nie.

In jou lewe gaan daar baie kanse, baie mense, baie mentore, baie plekke, baie beroepe wees wat by jou pas, wat werk.

Maar jy moet kies.

Elke ja is eintlik ‘n NEE.

So, hoe bewerk jy?

OPHOU – snoei, ontslae raak van goed

MINDER

BEGIN – plant, gewoontes, oefen,

MEER

‘n Ou wysheid in die kerk:

“God is in die innerlike bewegings van jou hart.”

Let daarop want dit kan ‘n uitnodiging wees van God af.

Die belangrikste is die hoekom.

Om te kan dink – wat wil jy hê moet groei/gebeur/uitspeel

Het jy ooit nog ‘n persoonlike droom?

Johannes 15:2

2Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.

Henri Nouwen sê so mooi:

“Our achievements are the things we have accomplished.

our Fruitfulness is the positive long term effects of these achievements on others.”

Hy daag ons uit oor ons idee van vrugte dra:

-nie net sukses nie

=maar wat jy word

=En nog meer, wat jy in jou word, tot stand bring in ander mense.

wat is dit wat jy wil los in die mense naaste aan jou? 

Op watter plek is jy?

-dalk word jy vanoggend bewus van die beelde waarmee jy lewe.

– dalk dink jy aan wat jy moet snoei.

Om elke nou en dan jouself af te vra: Op watter plek is ek?

Kan jou lewe grootliks beïnvloed!

Amen