web analytics

Oggenddiens 7 Julie 2019

07
Jul

7 Julie 2019
Oggenddiens

Die Blinde man

Ons is almal verskillend bedraad.
Baie van ons se persoonlikhede laat ons wens God kan net “iets groots” in ons lewens doen. Dan sal ons definitief nooit weer twyfel nie.

Ek dink eintlik God is so teenwoordig dat ons God partykeer heeltemal mis.

Iets groots….soos wat?

Die aarde
576 mega pixel kamera voor in jou kop om alles waar te neem – oë.
’n rekenaarbrein sodat jy kennis kan oordra van generasie na generasie.
Ek het dit alles vir julle gedoen!

Terwyl ek vanmore hier praat, gaan daar so 50 000 selle in jou liggaam dood en word vervang met nuwe selle. En jy is glad niks daarvan bewus nie.

Maar dan vra ons: Here, doen net ’n wonderwerk sodat ek sekerheid kan kry.

Het jy al so daaraan gedink:
God het ons ’n spesie gemaak wat onsself in baie gevalle self kan genees.

Ons staan vanogend weer stil by ons reeks: Wonders.

Of God vandag steeds wonderwerke doen?!

Johannes laat die verhaal neerskryf.
Sy agenda is nie net dat ons weet nie – maar dat ons verstaan wie God is.

Johannes 20:31
‘dat julle kan glo’
‘en die lewe kan hê’

Die wonderwerk wat ons vanmore by stilstaan is die 5de wonderwerk wat Jesus gedoen het.

Jesus loop heeltyd: Noord – Suid en dan weer Suid – Noord.

Van Judea na Galilea en weer anderkant om.

In Judea is Hy heeltyd in die moeilikheid by die tempel.

Die skare om Hom kom in oproer. Dan beweeg Hy eers weer weg na Galilea.

Maar nou lees ons Hy is terug in Jerusalem.
Johannes is by Hom.

Johannes 9

Hy sien ’n man wat blind is van geboorte af.
Dissipels fluister vir hom: “Rabbi, sien jy daardie man, hy is altyd daar. Wie het gesondig dat hy gestraf is met blindheid?”

Die aanname in die 1ste eeu was dat jy sonde en siekte kry omdat jy dit verdien.
Swanger vrou se kind kon tot gestraf word vir haar optrede, het hulle geglo.
Superstisie is waarmee hulle geleef het.

Ons weet vandag dit werk nie so.
Siekte en sonde hou nie op so manier hande nie.

Jesus antwoord in 9:3 Julle dink verkeerd hieroor.

Dan bring Hy ’n nuwe manier van dink in die prentjie in.
HY sê: maar dit het gebeur SODAT die werk van God deur hom gewys kan word.

Jesus leer hulle hier dat hulle siekte of seer eintlik ’n “divine doel” kan hê.

Dalk het pyn en sukkel tog altyd ’n rede of doel.

Soms kies God om Homself so in ons lewens sigbaar te maak.

Dink daaraan: Het jy nie al iemand sy pyn of sukkel sien dra op so manier dat dit jou groter geloof gee nie.

Die mooiste stories in my bediening: wanneer mense deur goed gaan, en hulle geloof is ROTS VAS!

Jy weet waarvan ek praat.
Wanneer God sigbaar word in ons donkerste tye.

Jesus draai na die skare en sê: solank dit dag is, moet ons sy werk doen.

Hy sê verder in 9:5 Die doel van Johannes se evangelie is:

=Dis of Hy sê: My identiteit gaan nooit meer duidelik wees as wat dit nou is nie.

Ek is die LIG vir hierdie wêreld.

Dan doen Jesus die snaakse ding: Spoeg en grond.
Iets wat jy glad nie so naby aan die tempel sou doen nie.

En dan kry ons geen verdere inligting nie ..vra Hy die man voor Hy dit doen?!

So maak Hy modder en sit dit op die man se oë en sê iets wat Hy vir ander ook sê.
Iets wat Hy vanmore ook vir ons sê.

9:6 “gaan, loop weg van my af, gaan was jouself.”

Dan loop die blinde man in geloof, nie in sig nie.

Het jy al so hieroor gedink?

Hy doen wat Jesus so graag wil hê ons moet doen – Hy vertrou iemand wat Hy nie kan SIEN nie.
Net oor die stories wat hy al van Hom gehoor het.
Baie dieselfde posisie as waarin ons vandag is.

Later skryf Johannes: ‘Geseënd is die wat glo al sien hulle nie.’

Die man doen wat Jesus sê en kry sy sig terug.
Dan gaan hy huistoe.

Mense om hom begin sê: Wag ’n bietjie, is jy nie die man wat nie kon sien nie?!

9:11 Die man wat julle Jesus noem het modder op my oë gesit en gesê ek moet gaan was – en ek het al het ek nie geweet wat gaan gebeur nie.

Daar is dit weer!!

Hulle doen wat jy in daardie tyd sou doen met iemand wat genees is: hulle laat hom voor die Fariseërs verskyn.

Dan doen Jesus dit weer soos in die vorige week se preek.
Die dag waarop hy die man laat sien, is die Sabbat.

Jy mag nie meng.
Omdat Hy spoeg en modder meng- breek HY die wet.

Hy is weer in groot moeilikheid.

Die man gaan was by die poel – hy het ook die Sabbat verbreek.

9:16 Die Fariseërs antwoord: Die man is nie van God af nie – want Hy hou nie die Sabbat heilig nie.

Maar tegnies hou Hy net nie hulle weergawe van die Sabbat heilig nie.

Tegnies breek HY geen een van God se wette nie.

Maar Jesus pas net nie in hulle “God-boks” nie.

En of jy dit erken of nie.
Ons almal het ’n God-boks.

9:18 bring hulle die man se ouers om seker te maak hy was blind.

Hulle antwoord in 9:21-22

Hulle kan sien wat hier voor hulle gebeur maar dit pas nie in by wat hulle verstaan nie.

Francis Collin noem wat met die Fariseërs gebeur: Willfull blindness

“You are willing to look, but you won’t see.’

Toestand wat ons ook het.

Wanneer daar iets is om te ontdek, maar julle gaan nie die tyd neem om dit te probeer sien nie.
Cognitive Bias: om net toe te laat wat vir jou sin maak.

Neem net inligting in wat inpas by wat jy reeds glo.

Weier om verder te hoor as wat jy verstaan.

’n 2de keer roep hulle die man en sê: kom skoon en gee die lof aan God.

Die man antwoord in 9:25 Ek weet nie of hy ’n sondaar is nie?!

Maar hier is dit – ek hoef nie alles te verstaan om te verduidelik wat voor my oë gebeur het nie.

Die goeie nuus is – jy hoef ook nie!

Ons wil alles verstaan voor ons enige iets glo.

Maar handhaaf ons die standaard in alle dele van ons lewe?

Glo jy in liefde?
– kan jy dit verduidelik?

Glo jy in energie?
– kan jy dit verduidelik?

Hier is die goeie nuus:

Dalk kan jy terug in geloof in kom sonder om alles te verstaan.

Want iets het gebeur en nou staan jy aan die buitekant.

Storie gaan verder:
9:25 “ek was blind – maar nou sien ek.”

Dis die storie van miljoene Christene.
Daar was ’n seisoen wat iets gebeur het —- en toe ervaar ek God. Ek kan dit nie verduidelik nie…

Maar iets het gebeur.

Jy was blind – en nou kan jy sien.

En as mense jou storie hoor, is daar ook “gaps”

Maar al wat jy weet is: jy kan nou sien.

Nou wil die Fariseërs weet in 9:26
“Wat presies het Hy aan jou gedoen???

Nou verduidelik die blinde man – 9:27

Dan gee die Fariseërs hulle verduideliking – 9:34
= Jy het sonde van jou geboorte af.
Dis wat jy verdien het.
Willfull blindness
Weier om te sien wat gesien kan word.
Om te bang te wees om uit die bekende na die onbekende te beweeg.

Dis hoe ons as Christene is: ons gee weerstand teen wetenskap, Mense wat nie soos ons lyk nie, alles wat nie in ons boks pas.

Dit laat ons nogal baie soos die Fariseërs in die verhaal lyk.
Deur so te leef, beperk ons vir wie ons dink God lief is.
Deur so te leef – mis ons God.

Eintlik moet ons as Christene die mees “Open minded” mense gewees het. Tog is ons nie.
Ons moet die mees opgewonde wees oor die wetenskap – tog is ons nie.

En enige stap nader aan God – of dit in ons boks pas of nie – moet ons opgewonde maak.

Want hier is die tragedie: as ons nie verby ons boks kan beweeg nie – mis ons God!

So, hiermee los ek jou: Het jy al gekyk en regtig gesien?!

Dalk is God groter as wat jy dink
Dalk is God groter as wat vir jou geleer is.

Want Johannes se boodskap is dit: Jy moet sien wat ek gesien het.

Ek was net ’n bystander. Maar sy Lig was so Helder dit was Nuwe Lewe vir die hele wêreld!