web analytics

Preek 15 Julie 2018 – oggend

15
Jul

15 Julie 2018

Oggenddiens

“What goes around often comes around.”

Dit is ‘n gesegde wat graag aangehaal word wanneer jy te na gekom is.

Ons sê graag: Die wiel draai. Wag maar…

Wat jy aan ander mense doen, kom terug na jou toe.

Wat jy uitdeel in die lewe kry jy op ‘n latere tyd terug.

Of dalk dink jy iemand het iets aan jou gedoen en jy wil hulle terug kry.

Dalk het jy deur ‘n moeilike tyd gegaan en nou wens jy dit vir die toe wat dit veroorsaak het – want dit sal net regverdig wees.

Ons sien dit raak in ons politiek.

Persoonlik:

As jy deur ‘n egskeiding gaan, wil jy hê die ander een moet swaar kry.

Sosiaal:

Op skool was of is jy dalk geboelie en wens jy die ergste toe vir die boelies.

Besigheid:

In besigheid het jy dalk baie verloor en nou wens jy die ergste toe vir die wat ‘n rol daarin gespeel het.

Omgewing:

Kommentaar oor kragonderbreking – negatief, skuld gee, sleg toewens.

Vanmore wil ek ‘n ou bekende storie met julle deel:

Dis ‘n ou storie maar ek hoop dit kan vanmore nuwe betekenis vir ons gee.

Abraham se seun Isak het 2 seuns waarvan Jakob een is.

JAKOB WEER HET 12 SEUNS.

Josef is Jakob se gunstelingseun by sy gunstelingvrou Ragel.

Al 10 ouer boeties was jaloers op Josef.

Hulle gooi vir Josef in ‘n put.

Dan besluit hulle om eers te eet.

Terwyl hulle nog so sit, kom daar Egiptenare verby.

Juda kom met die plan: Wat kry ons as ons hom doodmaak?

Maar as ons hom verkoop…

Dan word Josef Egipte toe gevat en Potifar koop hom.

En dan kry ons die belangrike woorde in die verhaal:

Genesis 39:2

“Die Here was by Josef en dit het baie goed gegaan met hom.”

Dit is die kerntema van die verhaal.

Dit herhaal oor en oor deur die verhaal.

Op ‘n manier klink dit nie vir ons reg dat God by hom was nie. As hy veilig by die huis was saam met sy pa,  sou ons dit verstaan.

Maar die storie vertel ons die Here was op ‘n misterieuse manier by Josef.

Potifar begin raaksien dat Josef spesiaal was.

Later bestuur hy sy hele huishouding.

Dan let Potifar se vrou Josef op- slaap saam met my.

Vir die 1ste keer ooit kry sy ‘n NEE.

In die antieke kultuur mag ‘n slaaf nie nee sê nie.

Rede wat Josef vir sy nee gee: Hy kan nie sonde teen God doen nie.

God? Die God wat niks vir jou doen nie?!

Potifar se vrou gaan kla by hom en dit los hom met geen ander oplossing as om vir Josef in die tronk te gooi nie.

Terwyl hy in die tronk is, kry ons die woorde weer:

Genesis 39:21

“Terwyl Josef daar in die tronk was, was die Here by hom, en Hy het Josef sy troue liefde laat ondervind”

Hoe werk dit?

Hoe kan God by hom wees as al die goed gebeur?!

Hy probeer die regte ding doen en kyk net die gevolge.

Ons verstaan dit mos so: goeie goed gebeur met goeie mense en slegte goed gebeur met slegte mense.

Maar die storie herinner ons aan ‘n belangrike waarheid:

Slegte goed gebeur met goeie mense vir ‘n lang tyd al.

God is by goeie mense in slegte tye ook al vir ‘n lang tyd.

Intussen het Josef ‘n goeie verhouding ontwikkel met die tronkbewaarder. In dieselfde tyd het die farao sy bakker en sy skinker ook in die tronk gegooi en hulle ontmoet vir Josef.

Jare gaan verby. As ons hierdie storie lees, voel dit vinng maar in werklikheid speel dit oor ‘n baie lang tydperk af.

Dan vertel die bakker en die skinker vir Josef van hulle droom en Josef lê die droom vir hulle uit. Aan die skinker sê hy: Binne 3 dae gaan jy weer die farao se skinker wees. Wanneer dit gebeur, vertel hom asb van my.

Hy sê vir die bakker: Jy gaan onthoof word.

Dit gebeur presies soos Josef voorspel. Maar die skinker vergeet van Josef.

Vir baie van ons is dit hoe ons storie lyk.

Nou is Josef 30 jaar oud, wat beteken nog tyd het verby gegaan en die farao het weer ‘n droom wat niemand kan uitlê nie.

Dan onthou die skinker van die slaaf wat drome kan uitlê.

Josef kry die kans om voor die farao te verskyn. Dan sien ons in Genesis 41:15 wat die farao sê:

“Ek het ‘n droom gehad maar daar is niemand wat dit kan uitlê nie. Toe het ek van jou gehoor. Jy lê ‘n droom uit as jy hom hoor.”

Josef antwoord hom in vers 16:

“Nie ek nie! God gee die goeie antwoord vir U.”

Nou moet julle onthou; daar word die heeldag vir die farao vertel hy is ‘n god. En eintlik sê Josef nou vir hom hy is kleiner as sy God.

Josef lê die 7 jare droom uit – 7 Jare voorspoed, 7 slegte jare.

Dan gee Josef sommer vir die farao raad ook en dis heeltemal teen die gebruik van die antieke tyd.

Josef sê:

– Versamel koring regoor die land.

– Begin die mense belas.

– Op die regte tyd, verkoop wat jy het.

Aan die einde van die 7 slegte jare het alles omtrent aan die farao behoort.

Genesis 41:40 – Ek stel jou aan oor my paleis.

Josef se familie word dan ook getref deur hierdie hongersnood en sy pa stuur sy broers Egipte toe om te gaan koring koop.

Kom ons kyk presies wat staan hier in Genesis 42:6:

“Josef was in beheer van Egipte en hy het self die graan aan die mense verkoop. Sy broers het dus na hom toe gegaan en diep voor hom gebuig.”

Sy broers buig voor hom, maar hulle herken hom nie. Hy is 30 jaar oud en hulle het hom laas gesien toe hy ‘n tiener was.

Nou staan hulle voor die 2de magtigste man op die planeet van daardie tyd.

*************

Wat sal jy doen as jy die MAG het en jou WOORDE bepaal die toekoms van jou vyande. Jou antwoord op hierdie vraag word beïnvloed deur wat jy met jou bitterheid gedoen het.

Ek is seker Josef het die volgende onthou:

  • BANG
  • VREEMD
  • ALLES WAT AAN HOM GEDOEN IS

Voor hom staan die mans wat verantwoordelik is vir dit alles. Vir 3 hoofstukke lank speel hy met hulle en toets hy hulle om te sien of hulle nog dieselfde is en op ‘n manier worstel hy seker ook met sy eie emosies.

Genesis 45:1 – “Josef kon homself nie langer bedwing voor die mense wat hom bedien het nie. Hy het hulle almal beveel om uit te gaan en daar was nie een by hom toe hy hom aan sy broers bekend gemaak het nie.”

Genesis 45:3 – “Ek is Josef.”

Josef se 1ste vraag aan hulle is: Leef my pa nog? En hulle kan hom nie antwoord nie want hulle is vreesbevange.

Nou moet julle onthou: Josef het nie geweet hoe dit gaan uitspeel nie. Maar Josef het geleef asof God altyd by hom is.

Hy kan nie weet dis die 10 stamme van Israel wat voor hom staan nie. Hy kan nie weet Jesus sal uit hulle gebore word nie. En hy weet ook nie Jesus sal dieselfde genade wys as wat Josef aan sy broers wys nie.

Dis die Redder van die wêreld wat dit vir JOU doen soos wat hy dit vir sy broers gedoen het. Josef sê dan vir sy broers om hulle gesinne te bring, hy gaan vir hulle sorg. Jare later sterf sy pa en die 10 kom bymekaar en sê ‘ô-ô”.

In Genesis 50 sê hulle vir Josef ons is jou slawe as jy net ons gesinne sal spaar.

Josef antwoord hulle om nie bang te wees nie. Die vraag wat  jy jouself moet vra is hierdie belangrike woorde in Genesis 50.

Hier is wat vir my duidelik word in hierdie verhaal –  Jy sal nooit die GOED kan ervaar wat uit SLEG voortspruit totdat jy weet God was by jou in die SLEG en as jy die kans kry gaan jy nie self God speel nie.

Genesis 50:20-21:

“Julle wou my kwaad aan doen, maar God wou daarmee goed doen. Moenie bang wees nie, ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het. Josef het hulle jammer gekry en hulle gerus gestel.”

Eendag het jy dalk die mag oor die een wat by jou weg gevat het.

In daardie oomblik gaan jy onthou wat hulle by jou gevat het.

Maar God gaan jou nooi om iets meer as dit te onthou naamlik WIE by jou was.

Gaan jy hulle laat terug betaal?

Jou antwoord gaan nie daardie oomblik beïnvloed nie.

Dit gaan gevorm word in jou wagtydperk.

Ek hoop jy kies om eerder op te tree soos die een wat sy lewe vir jou gegee het eerder as soos die een wat lewe by jou gesteel het.

In daardie oomblik tree jy net soos God op en sal dit jou vry maak.

“I’m gonna give someone in the past something they didn’t deserve, so that I can give those around me today what they do deserve.”