web analytics

Preek 2 September 2018 (oggend)

02
Sep

SONDAG  2 September 2018

Oggenddiens

Votum –   Johannes 1

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.

Boodskap – REAKSIE – Wat is ware geloof?

Die reeks – inleiding

  • Ons begin vandag met ‘n driewekelange reeks met die titel: REAKSIE
  • Ons gaan gesels oor die moeilike onderwerp: Wat is ware geloof?
  • Daarom die groot vraagteken op die verhoog
  • Ons gaan dit antwoord deur saam deur die Johannes-evangelie te stap
  • Een van die grootste uitdagings in die kerk is vandag: wat beteken WARE GELOOF?
  • Mense kom kerk toe (in ons konteks dikwels vandat hulle ‘n kind is) – hulle hoor die boodskap van verlossing deur genade alleen… en nou is die vraag: HOE REAGEER HULLE DAAROP?

o   Party (selfs die meeste!) se lewens lyk dieselfde as altyd… hulle praat dieselfde, hulle kuier dieselfde, hulle doen dieselfde. Paulus sou sê hulle misbruik die genade.

o   Party sien die kerk as ‘n plek wat nou na hulle moet kyk en “bedien”. Solank die kerk goed aanbied wat in hulle behoeftes voorsien, bly hulle in die gemeente, anders gaan soek hulle ‘n ander gemeente.

o   Party raak ernstige evangeliste wat om elke hoek en draai mense wil bekeer en bid.

o   Party begin met ‘n groot bohaai en baie entoesiasme, maar later raak hulle net weer weg.

Die kerk

  • Ek lees die week op Facebook die volgende raak:

A liberal church says you are welcome here and you do not have to clean up your life.

A legalistic church says you are not welcome here until you clean up your life.

Jesus says you are welcome here and I will change your life from the inside out.

  • Is ons liberaal as ons sê almal is welkom?
  • Is ons wetties en veroordelend as ons sê jy moet nou anders leef as voor jy Jesus geken het?
  • Die kerk voer partymaal ook die debat oor ware geloof. As jy nou jou lewe moet verander in reaksie op God se genade, wat moet jy verander? Wat is reg en wat is verkeerd? Kan jy drink? Mag jy skei? Mag jy gay wees?

Verwar verlossing en dade

  • Baie mense verwar ook verlossing en hoe jy nou as gelowige leef met mekaar.
  • Verlossing (dat jy gered word en ‘n kind van God is) kan jy nie verdien nie. Jy kry dit verniet, deur genade. GOD DOEN DIT. Die regte DADE red jou nie, Jesus red jou.
  • Maar nou dink mense jou dade en optrede (LEWE) nadat jy ‘n Christen geword het, is nou ook irrelevant want DADE red jou nie. Nou kan jy maar leef soos voorheen.

AKSIE – REAKSIE

AKSIE – GOD RED JOU UIT GENADE!

REAKSIE – HOE LEEF EK NOU? EN WAT IS HIERDIE WARE GELOOF?

Ek het ‘n paar mense gevra wat dink hulle is GELOOF?

VIDEO

Wat dink jy is ware geloof?

  • Is dit om op Facebook daai posts te share wat sê as ek 1000 likes het sal die Here jou gebede antwoord?
  • Is dit om op whatsapp daai boodskappe aan te stuur wat sê: As jy hierdie aanstuur wys jy jy is ‘n ware gelowige!
  • Is dit om genoeg geloof te hê dat die Here iemand genees as jy vir hulle bid?
  • Is dit om te glo alles gaan vir die beste uitwerk; selfs al tuimel alles inmekaar?
  • Is dit om te leef met valse en onrealistiese idees oor hoop?
  • Is dit om nooit te twyfel nie?

Ons gaan oor die volgende drie weke hierdie vraag beantwoord deur julle op ‘n reis te vat deur die Johannes-evangelie.

Johannes-evangelie

  • Die Johannes-evangelie is ‘n fantastiese literêre werk. Min mense besef dit, maar as jy Johannes van voor tot agter lees, kom jy agter jy (die leser) word ‘n karakter in die verhaal en word uiteindelik in hoofstuk 20 voor ‘n uitdaging gebring om te besluit wat glo jy.
  • Daarom is een van die grootste temas in die Johannes-evangelie – Wat is ware geloof?
  • Die evangelie van Johannes is ‘n produk van die Johanese gemeente wat deur die dissipel Johannes begin is, en wat uiteindelik later (na sy dood) die evangelie in ‘n gemeenskap voltooi het.
  • Die evangelie se proses loop oor 65 jaar.
  • Dit het in Jerusalem begin, deur Sirië geloop en in Efese geëindig.
  • En wat interessant is, is dat die gemeente (die skrywers van die evangelie) konflik beleef het en later selfs verdeel het omrede hulle nie kon saamstem oor die vraag: “Wat is ware geloof nie”? Is dit net genade? Of sluit dit ‘n veranderde lewe en nuwe optrede in?
  • Die evangelie neem die leser op ‘n reis om God se wêreld te ontdek deur Jesus te leer ken
  • En uiteindelik uit te kom by die werklike verstaan dat Jesus die seun van God is.

Wat ware geloof nie is nie

  • Wat is ware geloof?
  • Die verhaal van die Johannes-evangelie is so geskryf dat dit mettertyd in hoofstuk 20 vir ons vertel wat ware geloof is
  • Op pad na hoofstuk 20 begin die verhaal deur vir ons eers te sê wat ware geloof nie is nie

Ons begin dus ons soektog na die antwoord op ons vraag deur vanoggend te kyk na wat Johannes sê ware geloof nie is nie!

  1. Ware geloof is nie om Jesus te volg as gevolg van sy wondertekens nie.

Hoofstuk 2

23 Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. 24 Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. 25 Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van ’n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.

  • Daar was massas mense wat Jesus aan die begin gevolg het, en hulle het gekom om die “towerkuns” te kom kyk. Hulle het in Jesus “geglo” want Hy het mense genees en brood vermeerder, ens.
  • Later in hoofstuk 6 kom ‘n klomp mense weer vir Jesus soek en dan lees ons:

Hoofstuk 6

28 Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” 29 En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.” 30 Hulle sê toe vir Hom: “Watter wonderteken kan u doen sodat ons dit kan sien en in u kan glo? Wat gaan u doen?

  • Jesus het geweet hierdie massas wat kom om die tekens te sien en Hom dan kwansuis volg, is nie ware gelowiges nie.
  • Hulle glo in die tekens – nie in Hom nie
  • As die tekens nie daar is nie – dan raak hulle weg.
  • Dit is amper soos die gelykenis van die saaier. Die saad het geval op die vlak grond, dit het begin opkom maar nie gehou nie en toe gaan dit dood
  • Baie mense glo in Jesus as hulle tekens sien
  • Dit gaan oor hierdie soeke na ‘n die bo-natuurlike
  • Sonder die bo-natuurlike is dit nie ware geloof nie.
  • Baie mense sal in Jesus glo net as Hy hulle gebede beantwoord soos hulle dit beantwoord wil hê
  • Jesus het die mense wat in Hom geglo het net omrede hulle tekens sien, nie ernstig opgeneem nie want Hy het geweet die saad is maar vlak.

Ware geloof is nie wanneer jy glo net op grond van wat Jesus bonatuurlik kan doen of as Hy jou gebede beantwoord op ‘n towerkunsmanier nie.

  1. Ware geloof is nie moontlik sonder om die voorwaardes te aanvaar nie
  • In hoofstuk 6 verduidelik Jesus dat hulle Hom moet volg en in Hom moet glo – en die manier om dit te doen is om deel te word van Sy kruisiging.
  • Hy sê vir hulle – julle moet deel word van my – dit is die ewige lewe

Hoofstuk 6

60 Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesê: “Wat Hy nou sê, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?” 61 Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sê vir hulle: “Skrik dit julle af?

  • Baie mense sien nie kans om Jesus te volg nie, want wat Hy van ons vra, is darem net te veel!
  • Ek wil ‘n Christen wees, maar om Hom te volg en te glo in sy kruisiging en opstanding is darem net te erg.
  • Ek sien nie kans nie.
  • Ware geloof is nie moontlik sonder dat jy die voorwaardes ook aanvaar nie.
  • Ware geloof is nie moontlik sonder dat jy Jesus volg en dat Hy deel word van jou nie.
  • Ware geloof vra van jou iets meer as om net op ‘n sensuslysie te merk jy is ‘n Christen.
  • Baie mense sien nie kans vir wat dit van jou vra om te glo nie
  1. Ware geloof is nie sonder lewensverandering nie

Hoofstuk 8

31 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32 en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”

47 Wie ’n kind van God is, luister na die woorde van God.

  • Jesus is in gesprek met die Jode.
  • Hulle is vasgevang in die tradisie en die wet, en in hulle Joodse kultuur.
  • Jesus sê basies vir hulle: julle moet vry word.
  • Jou lewe moet verander. Julle moet al hierdie goed waaraan julle so vashou agterlos en My volg.
  • As my woorde (dit wat Ek jou leer) in jou bly (en jy dit uitleef) sal julle vry word.
  • Jou lewe sal verander.

Ware geloof is nie sonder lewensverandering nie.

Ware geloof is nie om dieselfde te bly as voorheen nie.

As jy nie verander en groei nie, is dit nie ware geloof nie.

So, wat nou?

  • Aksie – reaksie?
  • Wat is jou reaksie op God se genade?
  • Johannes sê:

o   As jy reageer net omrede jy wondertekens soek – dis nie ware geloof nie.

o   As wat Jesus van jou vra om te glo, te erg is – nie ware geloof nie.

o   As jy nie verander en groei deur sy woorde in jou te laat leef nie – is dit nie ware geloof nie.

So, wat is ware geloof?

Volgende week gesels ons verder as ons lees van die onwaarskynlike en onverwagse geloof van ‘n blinde man.

Karin help ons oor twee weke om die vraag in hoofstuk 20 te antwoord.

  • Wanneer laas het jy gedink oor hoe jy reageer op God se genade?
  • Wanneer laas het jy die Johannes-evangelie van voor tot agter gelees en toegelaat dat jy as leser ‘n karakter word in die verhaal, wat uiteindelik self ontdek wat is ware geloof?

En dit is belangrik: Jy moet die vraag antwoord.

Amen

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nadia- Boltz Webber

 

Ek maak foute, soms dieselfde foute oor en oor. Ek sê nee wanneer ek ja moet sê. Ek se ja wanneer ek nee moet sê. Ek struikel in heilige oomblike in, sonder om te besef dat ek op heilige grond loop, totdat dit verby is. Ek het soms skrams lief, maar dan sê ek perongeluk die regte ding op die regte oomblik sonder om dit te besef, dan vergeet ek wat regitig saak maak, dan wys ek sagtheid wanneer dit nodig is, en dan draai ek om en dink weer heeltemal te veel aan myself.

 

Ek bly bloot ‘n mens aan wie God besig is om te werk. En dan soek ek eintlik nie eers daarna nie, om eerlik te wees. Ek bly bloot ‘n mens aan wie God besig is om te werk.

 

Ek bewonder die mense wat geloofs-praktyke najaag om naby aan God te voel deur meditasie en stiltetyd, wat dink dis die enigste pad van geloof. Eerlikwaar… ek kan nie dink aan enige geloofspraktyke wat ek doen wat my meer gelowig maak nie. Maar ek kan tot in oneindigheid praat oor die wyse waarop ek keer-op-keer op my bas gegooi word deur die krag van die Bybel, die praktyke van die kerk en die mense van God. Dit beteken, deur geloof.

My geloof is die meeste aktief, nie in meditasie nie, maar in die oomblikke waar:

–      Ek besef dat God iets mooi’s deur my kon regkry tenspyte van die feit dat ek meestal kortskiet.

–      en wanneer ek só intens gekonfronteer word met die genade van die evangelie dat ek nie my vyand kan haat nie,

–      en wanneer ek nie in staat is om iemand te oordeel oor hulle sonde nie want my eie gemors is te veel in die pad,

–      en wanneer ek ‘n getuie is van ‘n ander mens se lyding en seer ten spyte van my behoefte om alleen gelos te wil word,

My geloof is aktief in die oomblikke:

–      wanneer ek vergewe word deur iemand vir wie ek seer gemaak het, selfs al verdien ek dit nie. En dit omdat daardie persoon ook vasgevang is deur die evangelie,

–      en wanneer traumatiese dinge gebeur in die wêreld en ek nie weet hoe om dit te plaas of hoe om daarvan sin te maak nie. Maar wat ek wel het, is ‘n groep mense, saam wie ek een keer ‘n week bymekaar kom, mense saam wie ek kan huil en kan bid oor die verwoesting van iets soos ‘n gebroke hart, ‘n siek familielid of selfs ‘n plaasmoord,

My geloof is aktief in die oomblikke:

–      wanneer ek verander word deur vir iemand lief te wees wat ek nooit uit ‘n katalogus sou kies nie, maar vir wie God oor my pad gestuur het om vir my te leer oor God se liefde en oor geloof.