web analytics

Preek 22 Julie 2018 (oggend)

22
Jul

22 Julie 2018

Oggenddiens

Votum –   Johannes 3:30

HY MOET MEER WORD EN EK MINDER

Wet – Eksodus 20

Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Jy mag naas My geen ander gode hê nie. “Jy mag nie vir jou ’n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam. “Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. “Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, 10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. 11 Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.

12 “Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee. 13 “Jy mag nie moord pleeg nie. 14 “Jy mag nie egbreuk pleeg nie. 15 “Jy mag nie steel nie. 16 “Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie. 17 “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ’n slaaf of slavin, ’n bees of ’n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”

Die reeks – inleiding

Die uitdrukking / Metafoor

  • Ons tema vir die kwartaal is: “Die gras is altyd groener aan die ander kant”.
  • Jy ken die uitdrukking goed!
  • In elkeen van ons kruip hierdie gedagte weg.
  • Ons kyk oor die heining en ons dink – die gras lyk darem baie groener aan die ander kant as aan my kant.

Wat beteken dit vir jou?

Terwyl jy hier sit, wees eerlik met jouself.

As jy nou oor die heining kyk en dink daardie gras lyk groener as myne.

Wat is daardie gras in jou lewe?

  • Geld / huis / ‘n kar?
  • Looks?
  • Ander land?

Ons vergelyk onsself

  • Ons wil onsself gedurig met ander vergelyk.
  • Ons kyk “oor die draad” en dink “hulle” is soveel beter af as ek.

o   Ons dink SA se gras is aan die doodgaan. Kyk hoe lyk die gras in Australië, Kanada, Rusland.

o   Ons dink terug aan hoe die land was voor 1994.

o   Ons kyk na die mense wat in daardie estate bly.

o   Ons kyk na ons vriende se lewens.

o   Hulle kinders is soveel slimmer as myne.

o   Geld.

Sosiale media help nie!

  • Sosiale media gooi net nog olie op die “vergelyk”-vuur.
  • Jy kan die heeltyd die pragtige en gelukkige foto’s van jou vriende sien.
  • En kyk net hoe gelukkig is hulle!
  • Kyk hoeveel beter af is sy as jy!
  • Kyk hoe goed lyk hy!
  • Dikwels sien jy ook nog wat ander doen en wat hulle te beurt val.
  • En as jy nie uitgenooi was nie, is die teleurstelling groot!
  • Wat is dan fout met ons dat ons nie ingesluit was nie?

Ons vergelyk. Ons begeer. Ons wens dinge was anders!

En ons dink die gras is ALTYD groener aan die ander kant.

Maar is dit?

Die gras is altyd groener aan die ander kant van die draad

Ons staan vir vyf weke by hierdie tema stil.

  • Kon ek maar soos daardie mense lewe.
  • Was ek maar so geestelik.
  • Het ek maar so ‘n huwelik gehad.
  • Was ek maar in daardie gemeente.
  • Was dinge maar soos in die verlede.

Vanoggend gaan ons inleidend hieroor praat.

Ons gaan kyk wat is die gevolge van hierdie denkwyse.

Hoe kan jy hierop reageer?

Dit is nog altyd ‘n probleem

Genesis

  • Dit is interessant dat vergelyking en jaloesie lank voor die koms van sosiale media reeds ‘n probleem vir die mens was.
  • Genesis is vol van die sonde van jaloesie en die gepaardgaande verwoesting wat dit saai:

o   Adam en Eva wou soos God wees.

o   Kain en Abel.

o   Josef en sy broers.

  • Van die begin af sien ons die mens het hierdie begeerte, hierdie jaloesie, hierdie vergelyking, hierdie “ek wil DIT hê”-sindroom.
  • Almal beskik hieroor.

God het dit gesien.

  • God het gesien dit gaan die mens net seer maak.
  • Hy het gesien wat dit aan mense doen.
  • Daarom is die laaste gebod ‘n uitroep om nie in die strik van begeerte en jaloesie te trap nie.
  • JY MAG NIE BEGEER NIE!
  • Die Here het geweet dit is nie goed vir jou nie.

Groen-gras-idee: AS EK DIT HET, DAN SAL EK GELUKKIG WEES

Wat is die denke agter die groen-gras?

  • Ons kyk na die “groener gras” en dink dit sal my gelukkig maak.
  • As ek “dit” het, dan sal ek tevrede wees.
  • As ek . . . dan sal ek . . .
  • Jy broei oor hierdie idee wat jou gelukkig gaan maak.
  • Jy glo hierdie spesifieke situasie, posisie, besitting, iets wat jy bereik het, is die antwoord op alles in jou lewe.

Wat is die “dit”?

  • As ek genoeg geld verdien, sal ek tevrede wees en sal my gras groen wees.
  • As ek my skuld afbetaal het, sal my gras groen wees.
  • As hierdie jaar net verby kom, dan sal dinge weer beter wees.
  • As ek iemand kry wat lief is vir my, dan sal ek . . .
  • As ek net kan skei, sal dinge regkom in my lewe.
  • As ek net ‘n ander werk kan kry, sal ek tevrede wees.
  • As die kinders net groter is, sal ek weer my lewe terug kry.

Maar is dit “dit”

  • Is dit regtig so?
  • Soms is dit. Ek weet nie.
  • Meeste mense wat “dit” gekry het, is steeds nie gelukkig nie.
  • Daar is altyd weer nuwer en ander groener gras.
  • Dan is “dit” ook nie genoeg nie.

Onder die “groen gras” idee is eintlik ‘n ander idee.  Of ‘n ander sonde?

Dit kan gewoon net wees:

  • Materialisme;
  • Gierigheid;
  • Jaloesie;
  • Wellus (LUST).

Of dalk is dit dieper as dit?

Die idee van “meer is altyd beter!”

  • Ons het die begin van die jaar oor hierdie idee gesels.
  • Jy dink die hele tyd MEER is beter want die hele samelewing het dit vir jou geleer.
  • Hoe MEER jy het, hoe MEER jy bereik, hoe MEER jy regkry, hoe BETER jy lyk, hoe MEER jy oefen . . . Uiteindelik – hoe gelukkiger sal jy wees.
  • Maar intussen kyk jy elke dag in die spieël en dink: ek is nie genoeg nie, ek het nie genoeg nie.
  • Die sogenoemde positiewe “groen gras” idee is inherent eintlik ‘n ontsettende negatiewe ervaring.

 

Eintlik is die groen-gras-idee gevaarlik.

  • Gevaarlik, want dit voel nie so verkeerd nie.
  • Maar dit kan.
  • Dit kan vir jou sleg word.

Wat doen dit aan jou?

  1. Maak jou nie gelukkig nie.
  • Die gras wat altyd groener is, laat jou eintlik die hele tyd ongelukkig voel met jou eie gras.
  • Dit lei nooit na gelukkig wees nie.
  • Jy kom nooit daaruit nie.

 

  1. Dit skep by jou die idee dat jy die slagoffer is.
  • Jy word altyd die slagoffer.
  • Jy voel nooit “goed oor jouself nie”.
  • Want jy dink: “Daardie mense het alles gekry, al hulle dinge in hulle lewe het net mooi glad verloop; myne nie.”
  • Ek is afgeskeep, ek het die slegte kaarte gekry.
  • Ek is ingedoen.
  • Iemand haat my.
  • Die Here gee nie vir my om soos vir hulle nie.

 

  1. Dit steel lewe
  • Dit steel lewe by jou.
  • Die groener-gras-denke steel wie jy is.
  • Uiteindelik breek dit jou selfbeeld af.
  • Jy voel na niks. Jy voel sleg oor jouself.
  • Jy wil nie meer nie.

 

  1. Dit skep ontevredenheid met wat jy het.
  • Dit skep “discontemptment”.
  • Die skaduwee is ontevredenheid wat al agter jou aan loop.
  • Jy is nooit tevrede nie.
  • Kyk bietjie na kinders. Hulle is heeltemal tevrede met wat hulle het totdat hulle sien wat boetie of sussie, of daardie maatjies het. Skielik is hulle vies, huilerig en ontvrede met alles.

 

  1. Dit steel baie tyd.
  • Het jy al opgelet hoeveel tyd dit in beslag neem as jy jouself die hele tyd met ander mense vergelyk?
  • Jy spandeer tyd op sosiale media om die hele tyd te kyk wat ander doen.
  • Jy spandeer tyd in jou spiraal van denke om te dink oor hoeveel vetter is jy, hoeveel meer aantrekliker as daai ene.
  • Jy bekommer jouself dat jy nie bereik wat jy moet nie.

En intussen mis jy die lewe.

En kon jy gelewe het.

Hoe reageer jy op die “gras is altyd” groener sindroom?

Daar is sekerlik ‘n paar moontlike opsies om op hierdie dilemma te reageer:

  • Jy kan in ‘n hoek gaan sit en jouself jammer kry.
  • Jy kan aanhou soek. Jy kan nog besittings koop, harder werk, meer in die gimnasium wees en probeer aansien bymekaar maak in ander se oë.
  • Jy kan voorgee en maskers van geluk dra. Jy kan aanhou om net die mooi foto’s op Facebook te plaas.

Almal van ons sukkel hiermee daarom is dit dalk goed om die volgende ruk te gebruik en na te dink hoe dit jou beïnvloed.

Twee gedagtes om jou hiermee te help

  1. Perspektief

 

  • Tydens die Camino kry ‘n mens baie perspektief. Jy word blootgestel aan soveel nasionaliteite en soveel mense en soveel kulture langs die pad.
  • Dan kom ‘n mens agter dat dit wat vir ons hier in die ooste van Pretoria mooi is, of hoe ons moet lyk, of wat “ryk” is en wat ons dink sukses is en hoe ons dink ‘n mens moet leef en hoe hard ‘n mens moet werk, NIE ORALS SO IS NIE.
  • Wanneer jy terug kom van ‘n oorsese reis (soos baie van julle weet) dan neem dit baie tyd om weer “HIER” te wees.
  • Want skielik is “HIER” so klein en soveel goed hier is eintlik so onbelangrik in die groter prentjie.
  • En dan besef jy al hierdie “gras” wat “groener” is, dit wat jy so najaag – is in die groter prentjie eintlik amper belaglik.

Jy hoef nie net oorsee te gaan om perspektief te kry nie:

  • vakansie;
  • ander kontekste;
  • ander stories.

Maar een van die grootste genesings vir die “groen-gras-sindroom” in my lewe is perspektief.

Jy besef die belangrikste waarheid oor groener gras:

  1. Die Goeie Herder

Psalm 23

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

Hy laat my rus in groen weivelde.

Hy bring my by waters waar daar vrede is.

Hy gee my nuwe krag.

  • Miskien is dit ietwat van ‘n cliché, maar eerder vroeër as later moet jy besef jou alewige idee dat wanneer jy by watookal dink die gras is groener en daarby wil uitkom, gaan dit steeds nie genoeg wees nie.
  • Dalk moet jy jou strategie verander.
  • Dalk moet jy, soos Dawid besef het terwyl hy daar in die grot sit en wegkruip vir Saul wat hom jaag, die enigste en diepste oplossing tot tevredenheid (contemptment) in jou lewe is om die HERDER te vind; die Herder wat jou sal lei na die GROEN GRAS.

MOENIE JOU EIE TYD MORS EN JOU EIE LEWE MORS DEUR AL JOU TYD TE GEBRUIK OM ANDER SE LEWENS TE BEGEER NIE.

SPANDEER DIE TYD SAAM MET DIE HERDER EN LEWE MET TEVREDENHEID.

Amen