web analytics

Preek 29 Julie 2018 – Oggend

29
Jul

 

29 Julie 2018

GRAS IS GROENER —-GEESTELIK

Ek het in ‘n boekwinkel ingestap en gevra watter boeke is die populêrste?

Die antwoord was: “How to get rich in the new information economy.”

2de populêrste: Spiritualiteit – spesifiek Budisme.

Dit het my laat wonder: hoekom Budisme?

Na ek vir ‘n ruk hiermee geloop het, dink ek dis omdat Budisme mense help met ‘n manier van lewe en christenskap word verstaan as ‘n stel reëls om volgens te lewe.

Almal het ‘n raam of verwysing waarbinne hulle funksioneer.

***Groot raam: al die goed saam beïnvloed my prentjie en verstaan van die wêreld.

(kraak in glas: seer; stickers: kindertyd; somme: wat vir jou geleer is; familie)

Ons wil graag glo dat ons verby die seer beweeg het en dat dit nie ons lewe beïnvloed nie.

Maar dis onmoontlik.

Jou kinderjare beïnvloed jou verhoudings en uitkyk.

As Christene glo ons Jesus het een met ons geword. Daardeur verstaan Hy ons wêreld beter en leer ons waar ons met Hom staan.

Die boek Hebreërs was vir die eerste gelowiges so belangrik dat hulle dit gedupliseer en aangestuur het en uiteindelik het dit deel geword van ons Bybel.

Dit was geskryf vir Jode wat glo, maar wat in hulle geloof begin verflou het.

Hebreërs 12:2

“Hou jou oë op Jesus, die begin en einde van ons geloof.”

Eintlik sê die skrywer dat ‘n klomp lewenservarings dalk nie vir jou sin gaan maak nie – maar hou jou oë op Jesus.

As ons geloof moeilik word, is dit nie Jesus wat moeilik word om te verstaan nie.

Een ding wat geloof moeilik maak:

“Christianity requires mind-numbing, experience-denying faith.” – Andy Stanley

wat eintlik sê daar is goed wat ek net nie te diep na moet kyk nie of sekere goed wat gebeur en wat ek eerder nie raaksien nie.

Tog het die oorspronklike eerste groep gelowiges dit nie gedoen nie.

Hulle het nie voorgegee of maar net geglo nie, dus was hulle geloof geskoei op wat hulle gesien en ervaar het. (1 Johannes)

Ek is oortuig daarvan dat Jesus nie net nog ‘n godsdiens gebring het nie; Hy verkondig ‘n nuwe koninkryk. Die Romeinse ryk was eintlik baie oop vir alle godsdienste en dis die kompeterende outoriteit wat hulle bedreig het.

Jesus kom verkondig ‘n nuwe manier van lewe met ander prioriteite en verantwoordelikhede.

= ONS GLO, OM TE KAN GLO, MOET ONS NET NIE TE DIEP NA DIE REALITEIT OM ONS KYK NIE, WANT DIT MAAK DIT TE MOEILIK.

Kerke en dominee’s het geloof MOEILIK gemaak.

Ek sal so ver gaan om te sê die kerk het al veroorsaak dat party mense glad nie glo nie, of geloof glad nie eers oorweeg nie.

Dink vir ‘n oomblik wat die geloof is wat jy besig is om te verloor?

Wat is dit wat maak dat jy nie regtig so “geestelik” voel nie?

Wat geloof nie is nie:

1) Dit is nie ‘n “force of power” nie – as genoeg van ons bid, sal dit gebeur.

– as ons die sms genoeg aanstuur, sal ‘n     wonderwerk gebeur.

– en dan gebeur dit nie.

Ons wonder of ons Hom kan vertrou.

Dit is MAGIC.

2) Geloof is nie ‘n formule nie –

– dis nie ‘n kode om uit te werk of te verstaan nie.

– dis ook nie net diep mense wat baie geestelik is wat dit regtig verstaan nie.

Die Hebreërs-skrywer sê die definisie van geloof is: (11:1)

Hope: wanting something not guaranteed.

Hoe kry ons sekerheid?

Ons ken die verse/ woorde van Hebreërs.

Maar dit is al so verkeerd aangehaal.

Hebreërs wil dit eintlik maklik verduidelik – jy wens vir ‘n bonus, maar gaan dit net kry as die baas so sê.

Geloof is om die sekerheid te hê dat God is wie HY is en sal doen wat HY beloof.

Ons glo nie net God bestaan omdat Hy gebede beantwoord nie. Ons Glo in wie God IS a.g.v. bewyse

omdat Hy nog altyd sy beloftes hou.

11:1-2   . . . this is what the ancients are commended for . . .

Lys van mense wat geglo het.

Lewe asof God bestaan en sy beloftes nakom.

Geloof is om te glo God hou sy beloftes.

Al die antieke heroes:

Weet julle wie is Abraham?

Almal van hulle word vereer vir hulle lewens.

Almal van hulle weet wat God se belofte aan Abraham was.

Genesis 12:2

Die belofte dat een persoon ‘n nasie gaan word.

4000jaar terug belowe Hy sy naam gaan groot word.

Almal op aarde gaan deur jou geseën word.

Hierdie woorde was nie toe verstaan nie.

Jy het nie ander geseën nie.

Jy het gevat by ander.

Hy belowe eintlik hier al die storie van Kersfees.

Nou, terug in die tydperk van Hebreërs waar Christene gemartel word.

Heb. 11:13

Almal van hulle het geleef met die geloof, maar het dit nie in hulle leeftyd gesien gebeur nie.

So maak hulle keuses op wat hulle van God glo.

Dis hoekom dit vandag steeds belangrik is:

Iemand word nie in die Joodse geskrifte of Nuwe Testament in geloof ingePRAAT nie.

Dis nie MAGIC nie.

Dit is net ‘n sekerheid in God se karakter.

Hulle leef net in die lig.

Dan kry ons die verhaal van die man wat melaats is in die Nuwe Testament.

– Ons kan dit nie regtig vandag verstaan nie.

– Ons weet ook nie regtig hoe moeilik dit vir iemand was om met dit te geleef het nie.

Maar die melaatse sê vir Jesus: (Luk 5:12)

As jy wil . . .

Hy sê nie: “Asseblief, asseblief, asseblief!” nie.

Ook nie: “Soveel mense wat sê ek moet U oorreed” nie.

of verduidelik dat hy al lank hiervoor bid nie.

Hy sê: “As dit in jou plan is, laat dit gebeur.”

Hoe kan ‘n melaatse seker wees? Hy het gesien Jesus genees ander.

Ons glo ons moet God oortuig of oorreed.

Maar deur dit te doen, los ons nie vir God in beheer nie. Ons is in beheer.

Dankie tog God was eerder in beheer van my gebede as 16-jarige.

anders was ek . . .

Is jy nie ook op ‘n manier bly God het van jou gebede eerder nie beantwoord nie?

Die rede hoekom ons wegstap van geloof af, is ook omdat Hy van ons gebede nie beantwoord nie.

Dis moeilik om God in beheer te los.

Maar as ons God wil beheer, is dit nie Christenskap nie. Dis ook nie eers Judaïsme nie. Nee, dis MAGIC.

Wat nou as goed nie uitwerk en gebede nie beantwoord word nie?

Ons verloor geloof.

Maar ons verloor ‘n geloof wat ons eintlik van die begin af nie moes gehad het nie.

“A generation is abandoning faith because the church has signed God’s name to promises God never made.”

Dit laat geloof verkrummel.

Dis hoekom gras by ander soveel groener kan lyk.

As jy glo slegte goed gebeur nie met goeie Christene nie, dan gaan jy daardie geloof verloor.

God beloof nie al die baie goed waardeur so baie mense hulle geloof op verloor nie.

Hy het ook nie sy liefde aan jou bewys deur te belowe niks sleg gaan gebeur nie.

Sy belofte is groter as dit.

Paulus sê dit mooi: Romeine 5:8 “God wys sy liefde, deur terwyl ons nog sondaars is, Christus vir ons te laat sterf.”

Die greatness van geloof is die KRUIS.

Ons hoef nooit te wonder oor sy liefde vir ons nie.

Die antiekes het vorentoe gekyk, vasgehou en geglo.

Ons kyk terug – en moet glo.

Dit het reeds gebeur.

God het die belofte gehou.

Hy het sy belofte aan die wêreld gehou.

Ons word genooi om ons oë op Jesus te hou.

Daar is dalk ‘n klomp goed wat ons nooit gaan verstaan nie.

Maar hoe Jesus oor ons voel, hoef ons nooit oor te wonder nie.

Brain McLaren sê:

“To find spirituality is to search for everyday sacredness in your life.”

Fun fact:

  • Terwyl jy hier gesit en luister het, het jou liggaam 2,880,000,000 selle afgebreek.
  • en gesonde selle het verdeel en die plek ingeneem van die slegte selle.
  • met geen effort van jou kant af nie!

Dit moet jou vul met verwondering!

Met alles wat ons weet en wat ons dalk nooit gaan weet nie. God het gekies om in die wêreld in te tree, om vir ons te wys, Hy is aan ons kant.

Johannes beleef al die ander om Jesus.

Met alles wat om hom gebeur, wat hy sien en ervaar (marteling) kies hy om van sy tyd saam met Jesus te onthou – Joh 1:4-5.

In Hom is Lig

en die donker kan dit nie uitdoof nie.

As jou prentjie jou laat wonder of oor die heining laat kyk want ander s’n lyk soveel beter, gaan jy dalk altyd oor sekere goed wonder.

Maar oor sy liefde vir jou hoef jy nooit te twyfel nie.

So, wat beteken geestelik wees in 2018?

Om ‘n nuwe heilige ritme vir jou lewe te vind:

– gebed as deel van jou daaglikse roetine

– om te kan weggee

– gereelde tyd vir rus, of ons voel ons het dit nodig of nie

– om eenvoud toe te pas eerder as verbruikers kultuur

– vredemaker.

Geestelike dissiplines help ons nie om meer geestelik te wees nie, net om meer MENS te wees.

Gebed:

Dankie vir almal wat hulle lewe gewaag het om die Boek te beskerm.

Dankie dat ons vir ‘n oomblik kon stop en hieroor dink.

Vir die van ons wat kyk en sukkel, help ons om op Jesus te fokus.

Amen[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]