web analytics

Preek 8 Julie 2018 – oggend

09
Jul

Lukas 15:3-7

Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: Sê noe een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers.

Aas hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: “Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.”

ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.”

Hierdie is een van die gelykenisse wat Jesus vertel het. Maar wat is ‘n gelykenis?

‘n Gelykenis is ‘n verhaal wat in metaforiese taal iets sê wat na iets anders verwys. Jesus sê self in Lukas 8 dat gelykenisse gebruik word vir dié wat kyk en nie sien nie. Ons kan ook sê gelykenisse is vir die wat kyk en nie kan verbeel nie, ‘n saak nie kan insien nie.

‘n Gelykenis is dus ‘n brug wat ons van een plek na ‘n ander neem. Ons kan sê ‘n gelykenis is ‘n “soos-” brug.

Daar is twee maniere om na hierdie gelykenis van die verlore skaap te kyk.

  1. Die historiese interpretasie
  2. Een manier is om die brug te verstaan dat God soos ‘n skaapwagter is en ons soos die verlore skape is. Dit is hoe Lukas Jesus se gelykenis verstaan. In die laaste vers het ons gelees: “Net so sal daar in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer het, eerder as die nege en negentig regverdiges wat nie nodig het om tot bekering te kom nie.”
  3. Ook in die groter samestelling sien ons dat Lukas Jesus se woorde baie spesifiek geplaas het dat Jesus / God as die skaapwagter veronderstel word en die skaap, ek en jy, die sondaar is wat gevind is. Eerste van ‘n groepering van drie gelykenisse naamlik die verlore skaap, die verlore muntskuk en die verlore seun.
  4. Hierdie is hoe hierdie gelykenis meestal verstaan word, dat dit vir ons iets vertel van Jesus se reddende krag wat ons red van die aarde weg na die hemel. En daar is geen probleem hiermee nie. Dis ‘n geldige manier om die gelykenis te verstaan. As dit is hoe jy glo , is daar niks mee fout nie.
  5. Maar daar is nog ‘n manier om hierdie gelykenis te verstaan. Hierdie manier fassineer my persoonlik! En hierby gaan ons vandag stil staan.Dit is om te fokus op Jesus se woorde self. Ons skil dus Lukas se interpretasie weg en kyk na wat Jesus se gelykenis sou beteken vir die mense vir wie Hy dit vertel het.