web analytics

Graad 9 | Kwartaal 1 | Les 3 | Die gawes van die Gees

18
Feb
Topic Progress:

 

Voor jy begin:

Onthou jy?

Laas week het ons oor die vrugte van Gees gesels en hoe ons vrugte kan dra as ons deur die Gees gelei word. Skryf of noem gou weer die vrugte van die Gees vir jouself op.

Die liggaam? Die kerk bestaan uit verskeie mense en elkeen het ‘n taak of funksie wat hy moet verrig. Vandag kyk ons na watter gawes jy gekry het om spesifieke funksies uit te voer.

 

Die Gawes van die Gees:

Lees 1 Kor 12:1-11

‘n Paar vrae oor die gawes van die Gees:

Hoeveel gawes word hier genoem?

Beteken dit dat dit al gawes is wat daar is? Nee, daar is verseker ander gawes ook, maar hierdie is die gawes wat die eerste gemeentes nodig gehad het.

Hoe weet ek wat my gawes is? Jou gawe sal waarskynlik iets wees waarvan jy hou, iets waarmee jy goed is en iets wat die Here vir jou gegee het. Daarom is die beste plek om te begin om met God hieroor te praat. Bid en vra Hom watter gawes Hy vir jou gegee het. *Onthou gawes en talente is nie dieselfde nie. ‘n Gawe moet gebruik word om ander Christene te bedien binne die liggaam.

Indien jy nog vrae het post sommer op die blad en ek sal dit antwoord!

 

Dink na oor die volgende:

Watter gawes het ek?

Week se uitdaging:

Bid hierdie week en vra God watter gawes Hy vir jou gegee het en hoe jy dit moet gebruik.

Kom vertel volgende week in die klas of jy al jou gawes ontdek het.