web analytics

Graad 2 | Kwartaal 1 | Les 6 | Water uit die rots

18
Mar
Topic Progress:

 

Kernboodskap

God gee lewe!

 

Aanvangsaktiwiteit

Laat elke kind kyk hoe lank hulle hulle asem kan ophou. Die een wat dit die langste regkry, wen ‘n prys.

Hoe lank dink julle sal julle sonder suurstof kan oorleef? Net ‘n paar minute. Het julle geweet ‘n mens kan net 3 dae sonder water oorleef?

 

Skriflesing

Eksodus 17:5-10 of lees die verhaal uit die “Klassieke Kinderbybelstories van Johan en Nina Smit” bl. 104

 

Wat leer ons hieruit?

Net soos God die Een is wat alles gemaak het, so is God ook die Een wat alles onderhou. Dit beteken dat Hy vir alles sorg. Hy sorg ook vir ons en gee ons elke dag lewe. Die Israeliete sou doodgegaan het in die woestyn as hulle nie water kon drink nie. Wie weet hoe warm kan ‘n woestyn word? Baie warm, nê? En wanneer dit warm is, moet ‘n mens nog meer water drink. Daarom het God vir die Israeliete die water gegee waarvoor hulle gevra het.

Dink julle die Israeliete het mooi gevra?

Nee, hulle het nie mooi gevra nie. Dit is hoekom Moses die plek “Rusie” genoem het. Die verhaal leer dus vir ons dat ons enige iets van God kan vra en dat Hy die Een is wat vir ons sorg, maar ons moet op ‘n mooi manier vra.

 

Kom ons bid saam…

Here Jesus, dankie dat U vir my lewe gee. Dankie dat U vir my sorg. Ek het U lief. Amen.

 

Tuisopdrag:

Vertel vir Mamma en Pappa wat jy vandag geleer het.