web analytics

Graad 5 | Kwartaal 1 | Les 5 | Koning Salomo

11
Mar
Topic Progress:

 

Kernboodskap

God skenk wysheid

 

Aanvangsaktiwiteit

Wat dink jy is wysheid? Dink jy, jy is wys genoeg om ’n land te regeer?

 

Skriflesing

1 Konings 3:5-12 Wat kan ons hieruit leer? Dink na oor die volgende vraag. As jy kon kies wat sou jy gekies het? Baie geld, ’n lang lewe, aansien of wysheid? Dink julle Salomo se keuse om wysheid te kies was ’n goeie keuese? Ja dit was beslis, want hy was nog baie jonk, omtrent so oud soos julle toe hy koning geword het. Hy het nie gedink hy sal die land kan regeer nie, daarom het hy vir wysheid gevra. Die Here het Salomo wysheid gegee en hy kon die land goed regeer en allerhande moeilike besluite neem en situasies hanteer. God kan vir jou ook wysheid gee. As jy hom vra. Jy kan God elke keer wat jy wysheid nodig het, dit van Hom vra. Hy kan jou in elke situasies opnuut lei. Ons moet nederig wees in ons besluite en weet ons is afhanklik van God.

 

Kom ons bid saam…

Here help my en gee my wysheid wanneer ek moeilik belsuite moet neem. Amen.

 

Tuisopdrag:

Soek hierdie week ’n moelike besluit waar Salomo se wysheid hom gehelp het.

 

 

QuizzesStatus