web analytics

Graad 6 | Kwartaal 1 | Les 5 | Die tien gebooie

11
Mar
Topic Progress:

 

Kernboodskap

God gee reëls om ons te beskerm.

 

Aanvangsaktiwiteit

Kon jy hierdie week jou tien belangrike reëls neerskryf? Wat was dit? Kom ons lees God se 10 belangrike reëls vir ons.

 

Skriflesing

Eksodus 20

 

Wat kan ons hieruit leer?

Het jy al ooit koek geëet? Hoe maak mens ‘n koek? Mens het ‘n resep, nê? Maar is alles wat ons in die koek gooi, lekker? Nee dis nie lekker nie… Meel alleen proe droog en sleg. Is ‘n koek lekker? Ja, natuurlik is dit! Hoekom dink jy het ons hierdie goed in die resep?… Net om dit vir ons almal sleg te maak? Nee, al hierdie dinge, lekker of sleg, maak op die ou einde die koek so lekker! As ek nou alles bymekaar gooi wat lekker is: chocolate, beskuit, ontbytpap, koeldrank, koffie, sherbet, smarties… As ek dit alles bygooi… Gaan dit lekker wees? Nee, ek dink nie so nie… Dis hoekom ons die 10 gebooie nie moet sien as iets sleg nie… Dit is ‘n resep wat God vir ons gee om lekker en gesond te kan lewe soos kinders van God…

 

Kom ons bid saam…

Here dankie vir die 10 gebooie, help my om daarvolgens te lewe, sodat ek nie seerkry nie. 

 

 

QuizzesStatus