web analytics

Graad 10 | Kwartaal 1 | Les 3 | Vergifnis

18
Feb
Topic Progress:

 

Voor jy begin:

Lees die volgende verhaal:

SARS (organisasie wat belasting in Suid-Afrika doen) ondersoek hulle boeke en kom agter ‘n man skuld hulle baie geld. Hulle kom en arresteer die man om hom toe te sluit. Hulle vat sy huis om dit te verkoop en alles anders wat hy besit. Die man kom voor die regter en smeek die regter om vergifnis en belowe hy sal die skuld af betaal. Jy is die regter. Wat doen jy?

Die man word vrygelaat en ‘n week later word ‘n ander man gearresteer omdat hy geld teenoor iemand anders geskuld het. Jy is weereens die regter en kom agter die geld wat geskuld word is aan die man wie se skuld jy afgeskryf het. Wat sal jy doen?

 

Lees Matteus 18:21-35

Hierdie is presies dieselfde verhaal wat ons nou net gelees het.  Dink julle die optrede van die koning was regverdig?

Hierdie is ‘n gelykenis wat eintlik vir elkeen van ons bedoel was. Ons almal was voor God en God het ons vrygespreek en vergewe. Die vraag is net wat gaan jy nou doen met die wat iets teenoor jou verkeerd gedoen het?

Wat se vers 35 hieroor?

God het elkeen van ons vergewe, maar Hy verwag dat ons ook ander vergewe. Daarom bid ons dit ook in die Onse vader.

 

Week se uitdaging:

Kom ons leef soos ons Vader en vergeef ook soos Hy. Gaan dink die week aan mense wat jy nog nie vergewe het nie en vra God om jou te help om hulle te vergewe.

Onthou ook om die Onse Vader-gebed in Matteus 6 weer hierdie week te bid.

 

QuizzesStatus