web analytics

Tygerpoort Aanlynwinkel

HOOP klerereeks

In 2021 is die gemeente veertig jaar oud en daarom dra elke klereitem ook ‘n spesiale feesjaarlogo. Die feesjaarlogo het nie die “veertig” syfer in nie – so jy kan dit gerus vir so lank as wat jy wil dra.

Die klerereeks begin die uitrolproses van ons feesjaar. Die jaartema vir 2021 is HOOP en ons begin reeds in Augustus 2020 met ‘n erediensreeks oor die tema. Ons wil jou nooi om nou al op HOOP te begin fokus!

Die feesjaarlogo en die HOOP-woorde word op al die items geplaas. Die items is so ontwerp dat die boodskap van HOOP beklemtoon word en nie die gemeente se naam nie. Jy kan dus hierdie reeks met trots dra en so ook die boodskap van HOOP uitdra.

Die reeks gaan beskikbaar wees vir die volgende jaar:

– Omrede ons voorraad en hoeveelhede moet bestuur sal daar ‘n bestelsiklus wees.

– Aan die einde van elke bestelsiklus word alle bestellings aan die verskaffer deurgegee.

– Aangesien ons nie voorraad aanhou by die gemeente nie kan dit 2-4 weke neem voordat ‘n groep bestellings afgelewer word.

– Sodra jou item afgelewer is sal jy ‘n epos ontvang wat jou nooi om jou items by die kerkkantoor te kom afhaal.

– Geen items kan nadat dit bestel is omgeruil of gekanselleer word nie.

– Let asseblief mooi op na elke item se mates om groottes te kies. (Die mates is in ‘n tabel by elke item se fotos gelys)

– Weens die COVID regulasies is die aanpas van klere beperk. As jy onseker is oor groottes kan jy gerus vir Louise-Marie by die kantoor kontak. Daar sal wel voorbeelde beskikbaar wees.

 

Die volgende bestelsiklus sal vroeg in Januarie bekend gestel word.

(Items neem 2 – 4 weke van hierdie datum af om die kerkkantoor te bereid)