11 Oktober 2020 – Ds. Karin Steyn (Redding-reeks)

12
Okt

[embedyt] https://www.youtube.com/watch?v=LgTfudTXxjs[/embedyt]

11 Oktober 2020

Oggenddiens

Seëngroet & Votum

Psalm 36: 10 ” By U is die fontein van die lewe, in U LIG sien ons die LIG.”

Gedig Zaap Zijlsra:

‘n Psalm van U:

“Die stroom van welvaart is my herder

Niks sal my ontbreek nie

Dit laat my neerlê in groen weivelde

Na ‘n rustige aftrede lei dit my heen.

Dit streel my maag

Geld lei my op die regte spore

Want geld wat stom is maak reg wat krom is

Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee,

Ek sal geen onheil vrees nie

Want my polis is by my

My slaappoeier en my aspiriene

Die vertroos my

Die welvaart laat my by ‘n feesmaaltyd aansit my beker loop oor

Ja, vakansiebonus, annuïteite en pensioen bystand

sal my volg al die dae van my lewe

en ek sal in die tempel van welvaart vertoef tot my begrafnis.”

Preek:

“It’s easier to know what to do than what to believe.”

Die regte ding om te doen.

Die regte ding om te glo.

Baie van ons het grootgeword in ‘n kultuur van solank jy reg glo, kan jy maar baie droog maak – jou geloof red jou tog uiteindelik.

Die kerk het al te seer gekry met hierdie uitkyk.

Na die kerk begin is, het hierdie selfde kerk eintlik oorlog gemaak teen haarself oor wat presies om te glo.

Die kerk baklei oor WOORDE. Ons is so goed daarmee.

Geloof is egter baie belangriker as woorde.

Vandag wil ek hê jy moet hoor:

Soos ons deur die Nuwe Testament lees, is die kerngeloof waaraan gelowiges moet vashou, nogal eenvoudig.

SIMPLE

___________________

MEMORABLE

___________________

ACTIONABLE

Daar is altyd ‘n bietjie misterie

Maar ook helderheid oor die kern van ons geloof =Jesus Christus wat die Seun van God is.

1 reël = Wees lief vir mekaar soos Ek lief is vir julle. Aan dit sal almal julle ken.

“Imagine a world where people skeptical of what we believe are envious of how well we treat each other. And amazed at how well we treat them.”

Lank voor die Bybel, voor verse en hoofstukke, was daar ‘n weergawe van Christenskap wat die wêreld aangegryp het.

‘n Weergawe waar dit gegaan het oor hoe goed gedoen was.

Johannes wat saam met Jesus geloop het, skryf as ou man as al sy vriende al dood is: “God is liefde.”

Hy skryf ook: 1Joh 3:11-19 Ek lees die uit die brief van ‘n ooggetuie vir julle.

Lesers in die eerste eeu wonder: wie is my broers en susters?

Johannes maak seker hulle verstaan hom reg.

Vraag om te vra:

Hoe sien ander die liefde van God in jou?

Johannes, wat dit geskryf het, het die prys gesien wat Jesus betaal het.

Verbeel jou jy sien hoe jou beste vriend gekruisig word…

Hy het gekom om te dien.

So, waar los dit ons as sy volgers?!

Ons kan nie net praat nie – dit gaan oor HOE ons DOEN.

As jy waarlik besef – kan jy nie anders as doen nie.

Dis waarvoor Jesus sy lewe gegee het.

In ons Redding Reeks gaan dit oor die kultuur wat ons skep – die manier wat ons kies om te doen.

Ons optrede is ‘n sterk getuienis van die geloof wat ons uitdra.

Gesprek met Faan van der Walt van We Buy Cars

Vandag:

Dis verstommend hoeveel mense se geheime lewens deesdae op een of ander manier op die lappe kom.

Sosiale media, TV en radio is vol stories van die een of ander persoon wat vir dekades lank bedrog gepleeg het of iemand wat vir jare lank met iets ongeoorloofs weg gekom het.

Hoe is dit moontlik dat mense so lank met “twee lewens” kan wegkom?

Ek weet nie. Ek weet wel dat ons dit nie met God moet probeer nie. Hy laat dit nie toe nie.

Die Gees is ‘n maskerverwyderaar.

Hy haat dit dat ons volgens twee stelle reëls leef.

Hy haat dit dat ons twee stelle gesigte het: een vir ons godsdienstige vriende en een vir die res.

Daarom is daar die verhaal van Annania en sy vrou Safira in Handelinge 5:11 – oor geheime sondes. As jy twee soorte lewens lei, moet jy daarmee ophou voordat God ‘n plek in jou lewe kan kry.

Die gees van God maak ons van binne af opreg sodat jy die een wie jy aan die binnekant is, ook buite voor almal kan wees.

 

Slot:

Liefde (opregte liefde)  vra iets van ons.

 

“Dis nie doen vir ander wat jy graag aan jouself gedoen wil hê nie.”

NEE, dis:

“Doen vir ander in die lig van wat REEDS vir jou gedoen is.”

 

1 Joh 3:18 moet nie net woorde vir jou wees nie, dit moet waarheid in aksie wees

Want dit is hoe ons weet ons kleef die waarheid aan = 1 Joh 3:19

Sekerheid van geloof lê nie in ‘n gebed wat ons bid nie, dit lê in die lewe wat ons uitleef.

Die liefde wat ons wys.

 

**Met al die kennis en bronne tot ons beskikking – mag ons steeds nie presies weet wat om te glo nie.

Maar ons is baie seker oor wat ons moet doen.

Wat van ons verwag word.

Amen.