web analytics

8 November 2020 – Ds. Karin Steyn

10
Nov

8 November 2020

Oggenddiens

Met alles om ons…

Teks:

1 Johannes 4: 7-21

God is liefde

7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. 10Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.

11Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. 12Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.

13Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee. 14En ons het gesien en is getuie daarvan dat die Vader die Seun as Redder van die wêreld gestuur het. 15Wie bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom en hy in God. 16En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin.

God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. 17Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus. 18Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. 19Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. 20As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. 21En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

Vrese:

Wat is jou grootste vrees?

Kenners sê ons vrees om voor mense te praat is net so groot soos ons vrees vir die dood.

Mobie Dick se verhaal

DIS DIE JAAR 1819

– Hierdie bekende verhaal ken ons uit die Mobie Dick boek – dit vertel iets van tye van vrees.

Mobie Dick is op ‘n gestrande skip op die oopsee.

Op die reddingsbote moet hulle kies tussen 3 reddingsopsies:

1) Die naaste eiland waar kannibale woon.

2) Om by Hawaiï te kom, moet julle deur erge storms vaar.

3) Suid-Amerika is die veiligste maar verste reis.

Hulle besluit op die langste reis.

Na 2 maande op see hardloop hulle uit kos uit.

Meer as die helfte van hulle sterf.

Toe hulle later gevind is, moes meeste van die oorlewendes hulself oorgee aan kannibalisme ter wille van oorlewing.

Hulle word hulle grootste vrees.

– Dit wys ons manier van redeneer wanneer vrees ons oorval.

In my huis is ons baie lief vir stories.

Ek moet altyd mooi kies watter stories ons lees sodat vrees en nagmerries nie my kinders wakker sal hou nie.

In die manier wat ons kies om ‘n storie te vertel = IS VREES TE VINDE IN STORIES.

Daar is ook altyd iets wat vrees opvolg =  afwagting…

Wat kom volgende?

Dit laat jou dink aan jou toekoms, wat volgende met jou en die mense vir wie jy lief is, kan gebeur.

Die afgelope paar weke is ons wêreld vol stories wat erge vrees in ons wakker maak.

Nou kan ek vir julle die antwoord gee wat ek baie keer vir my kinders gee:

“Julle moet julle vrese oorkom…”

Om een of ander rede weet ek dis nie voldoende vir die situasie waarin ons is nie.

Dink vir ‘n oomblik na: wat as jou vrees eintlik as ‘n geskenk vir jou gegee is?!

‘n Geskenk wat jou dwing om op nuwe maniere te kyk na jou lewe en alles wat om jou en in jou gebeur.

Hier is wat tans op ons tafel is:

-Black lives matter

– Brendan Horner

-Senekal

-Plaasmoorde

-Die EFF

Wat voel jy wanneer ek al hierdie woorde noem?

Vrees – jy sien jouself, jou broer, jou ma…

Jy kan die lysie langer maak.

Eers wil ek ‘n draai gaan maak in die Nuwe Testament – in Betanië, die dorpie waar Jesus te laat by opdaag. Dit is na sy vriend daar oorlede is.

Wanneer Hy daar aankom, gee Hy nie antwoorde of trooswoorde nie.

Hy bring geen oplossing nie.

Hy staan net by die graf, saam met die ander in hulle pyn.

Jesus doen dit ook vanoggend hier by ons – as ons ons vrese voor Hom neersit.

Hy kom staan langs ons in al die onsekerheid.

As ons in die gemeente nou ver regs was of ver links, was hierdie ‘n baie maklike gesprek.

Almal wat dieselfde as jy dink, was dan reg en almal anders gaan hel toe en is verkeerd.

Ek sou julle kon opsweep om saam te staan teen die “ander”.

Of ek sou julle vra om eenkant toe te staan en net te sê: “Ai, dis jammer.” of “Ai, dis sleg wat nou gebeur.” En julle gaan aan met die lewe.

Maar daar is ‘n ander staanplek waaroor ons minder praat.

Die media is tjoepstil oor dié stem.

Dis die middelgrond.

Dis makliker om in uiterstes te staan.

UIterstes word ‘n geveg oor feite.

Maar ek en jy weet: feite neem nie vrees weg nie.

Net ervaring kan vrees wegneem.

Net as ek vir Nina aan haar hand vat en gaan wys die leeu kan nie by ons huis inkom nie, kan sy dit glo.

Ervaring.

Dis ook net uit persoonlike ervaring waar jy invloed het.

Hoe ervaar mense jou? Mense wat glad nie soos jy lyk of dink nie?

Nog so ‘n stap verder: hoe dink jy wil Jesus hê moet mense wat anders as ons is ons ervaar?

Baie mense lees die 10 gebooie en kom dit na. Hulle glo hulle is Christene.

Paulus het dit ook gedoen toe hy nog Saulus was.

Hy kon dit regverdig om ‘n gelowige en ‘n rassis te wees.

Maar Johannes 13 leer ons anders.

“Wees lief vir mekaar” = Dis nie nuut nie.

“Soos wat ek julle liefhet, so moet julle ander liefhê” = dis die nuwe deel.

Hoe moet mense wat nie soos jy is nie, jou ervaar?

Dit moet wees soos iemand wat so lief is vir ander soos vir homself.

Galasiërs 6:2

“Dra mekaar se laste” = dan weet jy hoekom ek optree soos wat ek doen.

Slot:

Ons kan nie die grootheid van die oomblik waarin ons leef hier in Suid-Afrika mis nie.

Dit is wel moontlik… en dit sal so hartseer wees.

James Clear sê : “Facts don’t change our minds, friendships do.”

Jesus self het nogal teenkanting gekry oor die vriende wat Hy gekies het.

Johannes 15:15

“Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ondergeskiktes weet nie wat hulle base doen nie. Nee, ek noem julle vriende.”

Gaan en wees lief vir iemand wat nie soos jy lyk nie.

Moenie dink hierdie woorde van Jesus het in daardie tyd maklik op die oor geval nie. Moet ook nie die fout maak om te dink dit is vandag maklik om Jesus in Suid Afrika te volg nie.

Maar weet as jy dit doen, dan is jy ‘n kind van die Vader.

Ons is nie altyd so seker wat ons moet glo nie – ons is wel altyd seker oor wat ons moet doen: LIEFDE.

Ek het vanmore begin deur jou te vra wat jou grootste vrees is. Mag ons vandag daarvan bewus word dat ons vrese, as ons deur die regte bril daarna kyk, eintlik vir ons ‘n geskenk is.

AMEN