web analytics

Oggenddiens 8 September 2019

08
Sep

8 September 2019

Oggenddiens

Preek:

Grootste les:

Grootste les in die lewe: daar is altyd iemand wat slimmer, ryker, mooier en beter is as jy.

Vergelyking is wat tevredenheid by ons steel.

Ons leef vandag in ‘n wêreld waar ons weet wat almal anders het en doen d.m.v. veral sosiale media.

Ons gaan nie vanoggend ‘n oplossing kry vir die wêreld waarin ons leef nie.

Dit is nie ‘n probleem wat opgelos kan word nie.

En dan is daar daardie “fluistering” in elkeen van ons…

‘n fluistering wat saggies sê: jy het dit nodig, of jy moet só wees…die fluistering begin later skree.

Want ons glo, as ons dit het of doen of so is…dan gaan ons aanvaar word, gerespekteer en geliefd wees.

Dalk is dit net ‘n fluistering in jou…

Spr 14:30

“…hartstog vreet ‘n mens op.”

Ons glo in ‘n God wat elkeen van ons geroep het.

Ons kort ‘n plek om  “mentally” na toe te gaan as hierdie gevoelens in ons lewe oorneem.

Salomo:

Met dit in gedagte lees ons die narratief.

Kom ons kyk na die woorde van Salomo.

Hy is reeds ‘n ou man wanneer hy die gedeelte skryf.

In 4:4 “Ek het gesien al die moeite…”

Hy sê wat ons doen, hoe ons leef, dit is nie nuut nie.

Almal kompeteer.

Almal probeer vasstel waar hulle is deur na almal anders te kyk.

Dan gee hy vir ons die deel waarin genoem word waar ons “mentally”/ in ons gedagtes heen moet gaan of in ons lewe moet herhaal.

4:4 “…DIS “N GEJAAG NA WIND.”

Dis doelloos.

daar is geen wenstreep nie

geen wenner

en geen vrede.

Net ‘n gejaag na wind.

ONTEVREDENHEID

Hartseerste is dat dit tot die geluk van wat ons bereik ook steel.

Want iemand anders doen beter of is besig met iets anders.

Ek ken jou dalk nie persoonlik nie – maar ek weet jou lewe is te waardevol om net te jaag na wind.

Tog wil Salomo ons nie PASSIEF los nie.

4:5 “die dwaas vou sy hande…”

So bring hy in die teks eintlik die 2 ekstreme maniere van leef bymekaar uit in sy volgende stelling:

4:6

“Hy vind 1 hand vol rus beter as ‘n dubbele hand vol werk.”

-Kyk na jou hande

-sy stelling druis klaar so teen ons kultuur in.

– ons dink 2 is meer as 1

-hy sê 1 meer as 2

“Less is actually more when the less you hold is what you were created for.”

– Andy Stanley

“As jy al die geld het – maar geen dankbaarheid nie, dan het jy geen rykdom. Maar as jy geen geld het nie, maar dankbaarheid, dan het jy al die rykdom in die wêreld wat jy nodig het,” -Tony Robbins

(ma en pa baklei , sê goed wat jy nie kan terugtrek nie – het arm grootgeword – man met kos by deur – ons vat nie “charity” – man sê: ek het nie verstaan nie, ons maak keuses in ons lewe. Hy het geleer:”strangers care”, vandag voer sy besigheid 100miljoen mense ‘n jaar)

4:7-8

Hy het ook iemand gesien wat baie ryk was

maar hy het niemand gehad wat kan erf nie.

Vrouens kon nie in die antieke wêreld erf nie.

So praat hy van ‘n man wat hard werk maar niemand het vir wie hy dit kan nalaat nie.

Dan stop die man en vra: “Vir wie doen ek dit?”

Wens hy het homself al vroeër in die lewe begin vra: “Vir wie doen ek dit?”

Moeilike vraag.

Anders gestel: Hoekom doen jy wat jy doen?

Baie antwoord hierop =         kompeteer met my broer, suster

Ek probeer aan my ma se verwagtinge voldoen

Wil my pa hoor sê: “Well done”

Weet hulle, gee hulle ooit om?

Ek dink die vraag kan ons op ‘n manier vry maak.

Die man vra homself verder:

“Hoekom ontneem ek my van geluk?!”

As jy nie jou lewe geniet nie – niemand anders kan dit vir jou doen nie.

Kompas 1:

Ek wil graag vanmore hierdie beeld gebruik en julle moet dit in julle gedagtes hou.

Seevaarders het in die antieke wêreld skepe gebruik om orals te kom.

Hulle kompas was hulle waardevolste besitting.

Dit het het hulle uitgebring waar hulle wil wees.

Met tyd het hulle agtergekom: hulle kom op heeltemal ander plekke uit.

Begin toe soek na die rede.

=Metaal.

Metaal in hulle wapens, gereedskap, klere.

Manier hoe hulle dit teenwerk:

Boks waarin hulle kompas sit

Of geen metaalzone.

BOKS/ZONE = MENTAL SPACE

Metaal = goed waarop ons fokus.

Sodat die kompas weer ons rigting vorentoe vir ons kan wys.

Kompas 2:

Magnetiese NOORD         +            Ware NOORD (true north)

Ware Noord: Boonste punt vd aarde

Magnetiese Noord: 1000km suid van die ware noord in Kanada

Kompas lei ons na Magnetiese noord.

Dankbaarheid lei ons na innerlike geluk/tevredenheid

Ons grootste strewe as Christene is nie lewensgeluk nie.

Ons hoogste strewe is Jesus Christus.

Selfs Boedhiste streef na dankbaarheid en tevredenheid.

Ateïste sal aan jou erken dat om in dankbaarheid te lewe, goed is vir jou lewe.

Maar ons weet dankbaarheid bring ons uit by ‘n ander bewustheid en dit is by Jesus Christus.

Slot:

Iewers in die wêreld vanoggend is daar ‘n half biljoen mense wat na jou lewe sal kyk

-en hulle sal dink: JY IS 1 VAN DIE GELUKKIGSTE MENSE OP AARDE.

Maar jy self dink nie so nie.

Want jy het nog nie vir jouself uitgewerk hoekom jy doen wat jy doen nie en vir wie jy dit doen nie.

Salomo is so rou eerlik in die gedeelte.

Jy kan nie jou lewe vergelyk om vrede te kry nie.

Dis of hy vanmore vir ons kom sê: Jy gaan nooit wees wie jy moet wees solank jy oor jou skouer loer nie.

Kyk na ander vir inspirasie en motivering.

Maar hardloop jou eie resies.

Ek dink so baie van die energie wat ons gebruik om rond te kyk, is energie wat God ons gee om te word wie ons waarlik moet wees.

Jordan Peterson sê in sy boek 12 Rules for life:

“Compare yourself to who you were yesterday, not to who someone else is today.”

Wonderlike raad!

Jy moet leer om jou eie resies te hardloop – en ophou om ander na te jaag.

Jy kan nie wen as jy die wind najaag nie.