web analytics

Oggenddiens 17 November 2019

17
Nov

Oggend

17 November 2019

Fliekreeks: Wonder

Onthou jy die emosies in daardie oomblikke wanneer jy besef die lewe gaan nie uitwerk soos jy dit beplan het nie?

Op ‘n manier kan ons almal daarmee vereenselwig…

Vb: kind wat vrylik wil vlieg en dan besef dis nie moontlik nie

Op ‘n dieper vlak = idee oor familie/ werk/ gesondheid – dit het nie so uitgewerk nie.

Die fliek “Wonder” gaan oor presies dit.

‘n Gesin wat nie kon voorspel dit gaan gebeur nie.

Nou leer hulle leef in dit.

Fliek sê dit so mooi:

“How do you face a world that doesn’t know how to face you back.”

Die fliek is op ‘n boek gebaseer en nie op ‘n spesifieke persoon gemik nie.

Augie is ‘n fiktiewe karakter met wie baie kan vereenselwig.

Stuk in fliek:

Sit by prysuitdeling.

Sê vir sy ma ” Thanks for making me, mom”

Ma antwoord  “Augie, you are such a wonder!”

August word nie gesien as ‘n “wonder” net oor wat met hom gebeur het nie, maar oor hoe hy dit wat met hom gebeur, hanteer.

Almal van ons het al wind van voor gehad.

Hoe het jy dit hanteer?

Hoe hanteer jy die moeilike goed op jou tafel?

=Paulus skryf ‘n brief aan Korinte.

= Hy praat oor ‘n moeilike iets wat met hom gebeur het.

= Hy verduidelik hoe hy oor en deur dit gekom het.

“DORING IN MY VLEES”

= ons weet nie presies wat dit was nie.

= kommentare bespiegel baie.

= beste raai : fisiese pyn wat hy gehad het.

maar hy noem dit: ‘boodskapper van satan’ = ERG!

Soms dink ons die regte, geestelike manier om dit wat oor ons pad kom te hanteer, is om dit net te aanvaar.

Dis nie wat Paulus gedoen het nie.

3 keer smeek hy

= volmaakte getal in die Bybel – dui op seisoene van sukkel.

= 3 seisoene van sukkel

=herhaalde smeking

=addiction/afhanklikheid wat weer kop uitsteek.

= bid dat God dit asb moet weg neem.

Maar God neem dit nie weg nie.

Maar dit lyk of Hy tog vir Paulus antwoord.

Ek wil jou wys hoe om te dink oor jou situasie.

v.9

‘My genade is genoeg’

Wat is genade?

= God se voorsiening vir wat Paulus nodig het om die situasie te hanteer.

Hy neem nie weg nie; Hy GEE iets.

Dink dit gebeur so baie keer in ons lewens.

Genade = Dis wat ons NODIG het.

Soms antwoord God ons gebede nie met wat ons vra nie, maar met wat ons nodig het.

Dan is genade = uithou, aanhou, vrede, rustigheid.

God spreek wel jou behoefte aan.

12:9

‘My krag word perfek in jou swakheid’

= Ons soek ‘n verduideliking.

Hoekom?

Hoe lank?

= God gee nie verduidelikings nie.

Maar God gee wel ‘n BELOFTE.

= In jou swakheid sal jy my krag ervaar.

“We must learn to live on the promises of God and not depend on explanations from God.”  – Clay Scroggings

Paulus kry nie ‘n verduideliking hoekom hy die doring in die vlees het nie.

Hy kry wel ‘n belofte van God af.

God belowe dat Hy sal opdaag met wat ons nodig het.

===Neem die waarheid en besef hoe GROOT dit is!

Dan belowe Hy nog verder – dat Hy daardeur iets goed in jou lewe gaan doen.

Dis soos om deur ‘n ander bril te sien hoe die sleg in ons lewens gebruik word.

Hy gebruik dit selfs op plekke en maniere in jou lewe waarvan jy nie eers bewus is nie.

Ek het geleer:  wat nou gebeur is sleg, maar God skryf ‘n storie van HOOP.

Ek probeer dit vir my kinders leer.

Dis hoe God se krag werk.

HE TAKES ASHES AND CREATES BEAUTY

In vers 12:9 word Paulus amper opgewonde oor die situasie – dis asof hy sien sy swakheid bring hom nader na God.

Ons swakhede is die ruimte waarbinne God sy krag kom wys.

12:10 my gunsteling vers!

Die pad na God toe begin as ons ons swakhede erken.

Bid, vertel, skryf dit neer – gee Hom net ‘n plek.

Ek los julle vandag met die vraag: Sal jy bereid wees om te erken iets maak jou swak?!

Ek bedoel nie hardop of op FB nie, maar voor God.

Erken jou afhanklikheid aan Hom.

Want dis hoe jy Hom ‘n plek gee om naby aan jou te kom.

Nie die genade wat jy dink jy verdien nie.

Maar die genade wat God gee.

“Being a wonder is about God using our weakness to do something wonderous.”

Augie was ‘n wonder.

Hy kon wegkruip.

Of hy kon leef.

En hy kies om te leef.

“Everyone in life needs a standing ovation.”

Dan kom ons by die punt waar ons kan sien: Dit was die moeite werd om voor te wag.”

Dis hoe God werk.

Seën:

God se genade is vir ons genoeg.