Bespreek jou plek by die kerk.
Ons kan nie wag om jou weer te sien nie !
Ons vra lidmate om asseblief nou slegs vir een erediens wat beskikbaar is te bespreek. Gee asseblief vir ander lidmate ook ‘n geleentheid. Vermy dit asseblief ten alle koste om na ‘n Vrydagoggend ‘n bespreking te kanselleer.
[webba_booking]
Ons vra lidmate om asseblief nou slegs vir een erediens wat beskikbaar is te bespreek. Gee asseblief vir ander lidmate ook ‘n geleentheid.
Let asseblief daarop dat doopfamilies nie moet bespreek nie. Die 10:00 eredienste word vir dooplidmate gereserveer. Kontak vir Emsie van Eyk (bedieninge@ngtyger.com) in hierdie verband.
Ons vra asseblief dat persone met ‘n hoër gesondheidsrisiko en persone wat vermoed hulle kan die COVID virus oordra asseblief nie eredienste bywoon nie.
Elke persoon wat ‘n erediens bywoon moet asseblief die volgende onderneem:
Ek verstaan dat die NG Kerk Tygerpoort voorkomende maatreëls ingestel het om die verspreiding van die COVID-19 virus te verminder. Ek besef egter dat daar altyd ‘n risiko is om in ‘n openbare byeenkoms aangesteek te word. Ek verstaan dat die risiko om blootgestel te word aan die virus die gevolg kan wees van die optrede, versuim of nalatigheid van myself of ander, insluitend, maar nie beperk tot personeel, ander gemeentelede en hul gesinne nie. Ek besoek vrywillig die erediens van NG Tygerpoort al kan dit moontlik die risiko tot blootstelling aan COVID-19 verhoog.