Wat is dissipelskap?

Dissipelskap is die kern van hoe ‘n mens lering in die Bybel moet verstaan. 
 
‘n Dissipel leer by die meester. ‘n Dissipel wil die “weg van die meester” volg en uiteindelik groei na ‘n plek van wysheid. Hierdie wysheid is die geïntegreerde toepassing van “die meester se weg” in die alledaagse lewe. 
 
In kort beteken dissipelskap om ‘n kuns aan te leer: die kuns om Jesus in jou alledaagse lewe te volg. 
 
Om werklik in jou geloofslewe te groei en ‘n ware dissipel van Jesus te word is ‘n lewenslange reis. Dit is sinvol om van tyd-tot-tyd op hierdie reis saam met ander te stap, te leer en begelei te word.  Op dié manier vind jy diepte in jou geloofslewe. 
 

Maak 'n 8 weke committment

Wil jy nie dit oorweeg om ‘n committment te maak nie?

Wanneer laas het jy in jou verhouding met die Here belê, tyd gemaak om werklik te groei en meer van Jesus te leer? 

Dissipelskap is ‘n lewenslange ingesteldheid. Dit is nie ‘n eenmalige kursus wat jy bywoon en daarna kry jy dit reg om ‘n dissipel van Jesus te wees nie.  

Ons wil jou help om hierdie dissipelskap-reis te begin of te hervat deur te begin met ‘n agt weke proses. 

Binne die vertrouensverhouding van ‘n kleingroep (maksimum agt persone), word ‘n individu deel van ‘n begeleide proses om in jou volgelingskap van Jesus te groei. 

Tydens hierdie proses raak ons onder andere temas aan soos: 

–  Die betekenis van lering en die fases van dissipelskap. 
–  Die struikelblokke in jou lewe om werklik Jesus te volg. 
– Die kern van wat ons glo. 
– Die werk van die Heilige Gees. 
– Die praktiese uitvoering van geloofsdissiplines. 
– Gebed. 
– Die rol van ‘n geloofsgemeenskap in jou lewe.

 

Hoe word ‘n groep saamgestel? 
 

Hierdie groep word sorgvuldig bymekaar gesit om maksimum vertroue en kohesie te bewerkstellig. Wanneer ‘n mens, binne ‘n groep, op die pad van geestelike begeleiding jouself blootstel – is dit nodig dat die groeplede mekaar vertrou en op dieselfde fase van hul geloofsreis is. 
 
‘n Aansoekproses word daarom gevolg om die regte groep saam te stel. Dit sou dus beteken dat jy moontlik nie dadelik vir so ‘n proses plek kry nie. Daar sal egter weer vorentoe geleentheid wees. 
 
‘n Hoë vlak van verbintenis 
 
Dit is ook belangrik, om voordat jy hierdie commitment maak, te weet wat só ‘n proses van jou vra: 
 
–  Die groep vergader nie as elke groeplid nie teenwoordig is nie. Daar word dus ‘n hoë vlak van verbintenis vir agt weke van jou verwag. Indien jy nie ‘n groepsessie kan bywoon nie, is dit jou verantwoordelikheid om die ooreengekome tyd met almal te skuif. Maar jy sal sien, jy wíl dit bywoon en soms gebeur daar met almal iets wat veroorsaak dat ‘n mens wel ‘n nuwe reëling moet tref. Die rede vir hierdie reël is omdat ons met elke sessie almal teenwoordig wil hê. Die proses kan nie na die tyd opgevang word nie.  
 
–  Daar is weekliks huiswerk en opdragte wat jy moet uitvoer. Die groei gebeur in werklikheid in jou persoonlike tyd. Die groepsbyeenkomste help jou net om daartoe te verbind en begelei te word. 
 
– Dit is belangrik om met die Here hieroor te gesels. Bid en besef dat Jesus jou nooi om hierdie besluit in jou lewe te neem. 

 
Die belangrikste aspek van ‘n geloofslewe is om dienende dissipels van Jesus in ons alledaagse lewe te wees. Jy sal nie spyt wees om hierdie commitment te maak nie! 

  

Hoe maak ek die commitment?

KONTAK

Dr Zander van der Westhuizen
zander@ngtyger.com 

Teken in op ons weeklikse boodskap

* indicates required
/( mm / dd )