web analytics

Goeie Vrydag 10 April 2020

10
Apr

“En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.” (Matteus 27:54).

Net ‘n handvol (omtrent 4) soldate het by die kruis wag gehou, sodat die gekruisigdes hulself nie kon loskry en wegkom nie.

Die soldaat se vrees was nie primêr vir die rotse wat geskeur het, of vir die aardbewing nie.  Hy was bang vir die man aan die kruis.  Nou het hulle nie meer gespot nie.  Hy het besef dat Jesus die Seun van God is – dat Hy God self is.  Die soldaat sê immers:  “Waarlik, Hy was die Seun van God.” (v.54).

Onthou dat hierdie Romeinse soldaat baie keer gesien het hoe mense aan kruise doodgaan.  In 7 n.C. was daar ‘n opstand in Judea.  In reaksie het Quintilius Varus 2000 Jode in Jerusalem gekruisig.  Baie jare ná Jesus se dood (toe Titus Jerusalem in 70 n.C. beleër het), het Romeinse troepe vir baie maande aaneen, 500 Jode per dag gekruisig.  Hierdie Romeinse soldate by Jesus se kruis het dus baie keer gesien hoe slagoffers die stryd teen kruisiging verloor.  Maar hulle het nog nooit ‘n dood soos hierdie een gesien nie.  Vir die eerste keer het hulle gesien hoe ‘n gekruisigde in triomf sterf:  “Dit is volbring!” (Johannes 19:30).

Na die 3 uur van duisternis, roep Jesus (in Aramees) na God met die woorde uit Ps 22:2: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” (My God, My God, waarom het U my verlaat?) en blaas die laaste asem uit.

Twee dinge gebeur:

  1. Die voorhangsel van die tempel tussen die Allerheiligste en die Heilige skeur van bo na onder oop – wat die boodskap dra dat die tempel se einde gekom het. Jesus het self vir die mense geleer dat Hy die tempel (vergaderplek van die mense word).  Die toegang tot God is nou vir alle mense oop.  (Hebr 9)

2 Die offisier by die kruis bely dat Jesus werklik die Seun van God was – wat die boodskap dra dat Jesus se dood reeds vir almal – ook heidene – betekenis het.

***Kyk gedeelte van die fliek saam

Risen is die storie van Clavius wat net terug is van ‘n oorlogsmissie af en as hy in Jerusalem aankom sien hy ‘n man met die Naam Jesus word gekruisig. Pilatus vra hom dan om wag te hou oor die graf. As die liggaam van Jesus wegraak uit die graf uit, vra Pilatus vir Clavius om na die liggaam te gaan soek. Hy moet ook die onrus tussen die jode verminder.

Hy het dan ook verskillende gesprekke met Maria en Josef wat die graf gegee het en deur dit kom hy self tot geloof. Want hy sien en ervaar iets van die geloof van die dissipels en gelowiges, soos wat hy saam met hulle rond beweeg.

Dis ‘n fasinerende perspektief op die kruisiging. Meeste flieks eindig met die kruisiging maar die fliek begin eintlik op die punt.

Die Jesus-verhaal het hierdie Romeinse soldaat en die samedrommende skare radikaal verander. ‘n Kort rukkie tevore het die soldaat nog vir Jesus geminag en vir Hom suur wyn gegee. Maar aan die einde “het hy God geprys.” Die teks beklemtoon dus dat hierdie soldaat in Jesus die werking van God raakgesien het. Hy is volledig verander en getransformeer.

Trauma kenners leer ons dat diep seerkry en pyn nie geisoleer kan word tot ‘n sekere plek en tyd nie.

Die storm is dalk oor , maar die na-storm hang altyd oor jou.

Ek dink ons kan almal hiervan getuig, hoe pyn op ‘n manier by ons bly.

“The treatment was successful, but the scars, these I always carry with me… we said farewell, we have done our mourning, but actually, we are still saying goodbye…”

Dieselfde is ook waar van gedeelde historiese trauma:

-apartheid verby – tog voel ons invloed daarvan vandag steeds.

– Grens-oorlog is verby , tog beinvloed dit baie mans selewens steeds.

-Covid tydperk  – invloed na lockdown – veraltyd anders lewe.

 

Trauma wys ook die broosheid van Taal.

Wat jy in jou dra is soms te moeilik om in woorde om te sit.

We return to the parable with which we began and Henri Nouwen’s idea of us being wounded healers.

“Nobody escapes being wounded,” he says, “We all are wounded people, whether physically, emotionally, mentally, or spiritually. The main question is not “How can we hide our wounds? so we don’t have to be embarrassed,” but “How can we put our woundedness in the service of others?” When our wounds cease to be a source of shame, and become a source of healing, we have become wounded healers.”

Gesels oor trauma en goeie vrydag:

Slot:

Luister na die lees van die gebed:

 

Onder die kruis

Van Jesus ons Messias

Sien ons, ons eie hart

En bid ons:

Dat ons hom nie verby sal gaan

In alles wat ons lewe in beslag neem nie,

 

Dat ons hom nie alleen sal laat

In die bloed en trane van andere nie,

 

Dat ons hom nie sal verloën,

Deur alleen te lewe vir onsself nie,

 

Dat ons hom nie sal verraai,

In ons begeerte na materiële besit nie,

 

Dat ons hom nie sal kruisig,

Met ons gebrek aan ontferming nie.

 

Omdat hy die nag van die wêreld op hom geneem het,

Is dit in sy Naam dat ons bid:

Kyrie Eleison! Heer, ontferm U!

Amen