Meer oor die Tygerpoort Kunstesentrum

Die NG Tygerpoort Kunstesentrum (hierna genoem die Sentrum) is ‘n bediening van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tygerpoort.

Die Sentrum bestaan sedert 2004. Die onderwysers streef daarna om ‘n liefde vir die kunste by elke leerder te kweek deur hoë standaard onderrig en professionele diens.

Die gemeente skep die ruimte waarbinne die kunste ontwikkel kan word en fasiliteer die gesamentlike organisering van die Sentrum. Elke onderwyser neem verantwoordelikheid vir groep of individuele lesse of klasse.

Watter kunste word aangebied?

Onderrig word aangebied in dans, musiek, kuns,
drama en MusikMakers.


Musiek :
Klavier, sang, viool, kitaar, elektriese kitaar,
baskitaar, ukulele, dwarsfluit, blokfluit en
musiekteorie


MusikMakers :
Algemene musiekonderrrig vir kinders 4 tot 7 jaar.

  • Beat Bugs (4 tot 5 -jariges / Gr 00)
  • Rhythm Readers (5 tot 6 -jariges / Gr 0)
  • Melody Makers (6 tot 7 -jariges / Gr 1)

 

Dans :
Hip-hop en moderne ballet (Jazz, Contemporary,
Showdance)


Kuns :
Verskeie kunsmediums – houtskool, potlood, droë
pastelle, oliepastelle en akrielverf.


Drama :
Stem- en spraakontwikkeling, toneelspel, storiebou
en karakterisering, teaterdissipline en -etiket,
redenaars en vertolkingskuns en vele meer.

Wie mag inskryf?

Enige iemand. Kinders vanaf 5-jarige ouderdom tot volwassenes is welkom; dit hang net af waarvoor jy wil inskryf.

Jy hoef ook nie ‘n lidmaat van NG Gemeente Tygerpoort te wees of ‘n ingeskrewe leerling van Laerskool Tygerpoort om by die kunsskool in te skryf nie.

Hoe werk dit?

Die klasse word aangebied op die terrein van NG Gemeente Tygerpoort wat oorkant Laerskool Tygerpoort geleë is.

Klasse word weeksmiddae aangebied.

Leerlinge neem deel aan blootstellingskonserte, kunswedstryde en eksterne eksamens.

Waarom is die kunste belangrik?

Die kunste is noodsaaklik om alle aspekte van
gebalanseerde ontwikkeling bymekaar te bring.
Dit bevorder:

  •  Fisieke ontwikkeling, fyn- en grootmotoriese
    vaardighede en dit verhoog handvaardigheid
    asook hand-oogkoördinasie. Dit bevorder
    koördinasie, liggaamskontrole, die persepsie
    van ruimte en balans.

  • Sosiale sowel as emosionele intelligensie
    (selfbeeldontwikkeling en selfuitdrukking
    van emosies), innovasie, kreatiwiteit en
    besluitnemingsvaardighede.

  • Verbale intelligensie. Logiese redenasie,
    kommunikasievermoë en laterale denke word
    verskerp wat weer ‘n invloed het op lees,
    spelling en rekenkunde.

  • Geheue, motoriese beheer, tydsberekening,
    langer aandagspan, beter slaappatrone,
    vinniger ontwikkeling, bewusmaking van
    sosiale en taalvaardighede en ruimtelike
    oriëntasie.

Ons personeel

RIANA DE WET

Sentrumhoof / Onderwyseres:
Klavier, blokfluit, dwarsfluit,
musiekteorie

Raziela STROEBEL

Onderwyseres:
Viool, kitaar, ukulele

LIZANDRA WINTER

Onderwyseres:
Sang, klavier

Michael Kitchener

Onderwyser:
Kitaar, elektriese kitaar, baskitaar, ukulele

Rensche Human

Onderwyseres:
Musikmaker

AnÉl Wood

Onderwyseres:
Drama

Liezel vd Merwe

Onderwyseres: 
Dans

Marita Mundt

Onderwyseres:
Kuns

Hoe skryf ek in?

Skakel 012 809 0107 weeksdae tussen 09:00 en 12:00 of stuur ‘n epos aan kunste@ngtyger.com

Die KERK

WORD DEEL

Teken in op ons weeklikse boodskap

* indicates required
/( mm / dd )