web analytics

Graad 1 | Kwartaal 1 | Les 2 | Adam en Eva

04
Jun

Kernboodskap

Ons moet gehoorsaam wees aan God.

Aanvangsaktiwiteit

Wie kan my vertel wat die woord uniek beteken? Uniek beteken dat jy spesiaal is, daar is net een soos jy. Wat is alles uniek aan jou? Gee geleentheid vir bespreking. (Indien daar tweelinge in die klas is, gesels oor hoe hulle verskil al lyk hulle dieselfde).

Skriflesing

Genesis 3:1 – 4 en die “Klassieke Kinderbybelstories van Johan en Nina Smit” bl. 22-23.

Wat leer ons hieruit?

Dink julle dit was vir God lekker om te sien dat sy kinders ongehoorsaam was? Nee!

Boonop sê Adam dit was Eva se skuld! Dink julle dit is reg dat nie een van hulle die skuld wou vat nie? Ons doen dit ook baie keer. Ons doen die verkeerde dinge en dan wil ons nie eerlik wees nie en pak die skuld op ’n ander maatjie. Ons moet leer om altyd die gevolge te dra van die keuses wat ons maak.

Wie van julle weet wat het God met Adam en Eva gedoen oor hulle ongehoorsaamheid? Hy het hulle gestraf. Hy het vir hulle gesê dat hulle nie meer in die tuin van Eden mag woon nie. Dink julle God se hart was seer gewees?

Ja, want Hy is vir hulle so baie lief, maar hulle het gekies om ongehoorsaam te wees. Dit is soos ons wat soms nie luister vir Mamma of Pappa nie en dit maak hulle harte baie seer. Kom ons probeer hierdie week om GEHOORSAAM te wees aan God, Pappa en Mamma.

Kom ons bid saam…

Liewe Jesus, ek is jammer as ek soms ongehoorsaam is. Dankie dat U my vergewe. Amen.

Tuisopdrag:

Vind uit wie was Adam en Eva se kinders!