Dit is belangrik om gereeld in jou huwelik te belê. In ons gemeente is daar verskeie plekke waar jy kan opdaag om jou huwelikslewe te verryk:
Huwelikskursus
Hierdie kursus is ‘n moet vir voornemende huwelikspare sowel as getroude pare. Die kursus verrryk huwelike deurdat daar saam gesels word oor kommunikasie, konflik, breër idees oor die huwelik en hoe om die Here eerste te stel in jou huwelik. Die kursus is gebasseer op die Alpha-huwelikskursus en word oor 4 weke deur Dr. Zander van der Westhuizen aangebied. Paartjies bring eetgoed, iets lekker om te drink en sit aan hulle eie tafel. Die kursus is gemik om paartjies te help om met mekaar te gesels en tyd te spandeer. Daarom word dit ingerig in die vorm van “date night”.
Bevestiging van huwelike en huweliksvoorbereiding
Ons predikante bevestig huwelike en is ook beskikbaar vir persoonlike huweliksvoorbereiding. Die registrasie van huwelike word hanteer via die kerkkantoor met ‘n agent wat namens ‘n paartjie die administrasie by die Departement van Binnelandse sake afhandel. Alle inligting rakende huwelike is by die betrokke predikant se Persoonlike Assistent beskikbaar.
Huweliksberading
Ons bedieningsspan is ook beskikbaar vir huweliksberading. Daar is ook ‘n netwerk van huweliksberaders wat ons bedieningsspan kan aanbeveel.
Kontak gerus vir Zander by zander@ngtyger.com | 012 809 0107
Kontak gerus vir Sonnika by sonnika@ngtyger.com | 012 809 0107
Kursus 3
20 Jul, 27 Jul, 3 Aug
Kursus 4
12 Okt, 19 Okt, 26 Okt
Dit is ‘n voorreg om ‘n ouer te wees! Maar dis nie altyd maanskyn en rose nie! Ons gemeente wil ouers graag toerus met vaardighede en kennis om gelukkige en gebalanseerde kinders groot te maak. Ons wil graag ons ouers ondersteun op hierdie pad. Ons gemeente se kinders is vir ons ‘n prioriteit en ons besef dat kinders ook gelukkige ouers nodig het!
Hierdie is hoe ons jou as ouer wil help:
Kontak gerus vir Sonnika by sonnika@ngtyger.com | 012 809 0107
Ons gemeente gee vir mekaar om. Elke gelowige het ‘n verantwoordelikheid om na mede-gelowiges om te sien en na hulle uit te reik, veral in tye van krisis en nood.
Nog ‘n manier waarop ons in die gemeente vir mekaar sorg is deur gespesialiseerde hulp. Ons gemeentelede het toegang tot pastorale versorging, pastorale terapie en berading. Ons span predikante en professionele beraders help graag.
Ons gemeente het meer as 3500 lidmate en daarom kan hierdie pastoraat nie sistematies hanteer word nie. Ons gemeente het dus nie wyke wat op ‘n rooster deur ‘n predikant besoek word nie.
Ons predikante besoek graag nuwe lidmate en enige lidmaat wat daarvoor vra. Ons predikante besoek ook persone wat siek is in hospitale en ondersteun families tydens krisis en verlies.
Die span kan dit slegs doen as hulle van sulke gebeure bewus is.
Indien jy graag pastoraal ondersteun wil word of weet van iemand wat deur ‘n moeilike tyd gaan, wees asseblief so gaaf om die kerkkantoor te skakel by 012 809 0107. Die kerkkantoor sal sorg dat ‘n predikant by jou uitkom. Jy kan ook ‘n predikant of maatskaplike werker kom sien by die kantoor.
Ons span is nie by spesifieke persone ingedeel nie. Sekere predikante bedien wel sekers aftree-oorde en besoek nuwe lidmate volgens vanne. (Sien onder). Jy is welkom om die predikant van keuse te nader vir pastorale versorging.
Ons predikante maak hul persoonlike selfoonnommers bekend aan die gemeente. Gebruik asseblief hierdie nommer net vir ‘n krisis. Enige ander sake word deur die kerkkantoor binne gewone kantoorure hanteer.
Dit is seer wanneer jy iemand verloor. Dit kan deur die dood of ‘n egskeiding wees. Albei van hierdie gebeurtenisse het verrykende gevolge op jou lewe.
Ons gemeente wil jou graag ondersteun op jou verlies-pad.
Griefshare
Dit is ‘n kursus wat strek oor 13 weke en is reeds ‘n paar keer by ons gemeente aangebied.vir persone wat iemand aan die dood afgestaan het. Hierdie kursus help jou om jou gevoelens van verlies te verstaan en te verwerk binne ‘n veilige spasie en saam met ander mense met soortgelyke ervarings. Jy ontvang ‘n kursus-handleiding en die groep kom een maal per week vir 13 weke bymekaar. Die sessies duur ongeveer 90 minute.
Divorce Care
Die kursus word in groepsverband aangebied vir ouers en kinders (apart) wat deur egskeiding geraak word. Die kursus duur 13 weke en die groepe vergader 1 maal per week. Hierdie kursus kan jou en jou kind help om deur al die verskillende emosies te werk wat julle ervaar en om julle te begelei op ‘n nuwe pad wat voorlê.
Kontak gerus vir Sonnika by sonnika@ngtyger.com | 012 809 0107
‘n Vorm BI-1680 wat deur ‘n mediese dokter uitgereik word, moet by die Departement van Binnelandse Sake, die Suid-Afrikaanse Polisie of ‘n begrafnisonderneming van jul keuse ingehandig word vir die uitreiking van ‘n doodsertifikaat (Vorm BI-1663).
Indien die begrafnisdiens in die kerkgebou gaan plaasvind, moet die naasbestaandes op ‘n datum en tyd besluit en eers die kerkkantoor (012 809 0107) skakel om die beskikbaarheid van die kerkgebou te bepaal. Die familie het ook die opsie om die diens en die teraardebestelling gelyktydig te doen. Kostes verbonde aan die begrafnisdiens sal deur die kerkkantoor verduidelik word. (Die kostes sluit die gebruik van die kerkgebou, die klankspan en orrelis in). Die kerkkantoor tref dan verdere reëlings met die klankspan en orrelis. Die datum en tyd word dan met die betrokke leraar en die begrafnisondernemer bevestig, waarna die begrafnisreëlings gefinaliseer kan word.
Skakel die leraar van die spesifieke aftree-oord / jou keuse. Die leraar sal in gesprek tree met die naasbestaandes om die teksgedeelte en liedere vir die diens te bespreek.
AVBOB 086 128 2621
DOVE 012 546 7172
Grobbelaars 082 413 5242
Martin’s 082 498 1981
Sonja Smith 079 895 4414
Die begrafnisondernemer sal die familie bystaan en adviseer met die keuse van ‘n kis, lykskouing, begrafnisbriewe, blomme en ander spesiale versoeke.
Indien ‘n geliefde in ‘n begraafplaas begrawe word, moet die munisipaliteit waaronder daardie begraafplaas resorteer, gekontak word. Begrafnisondernemers help hiermee.
Na die verassing moet die naasbestaandes ‘n verassingsertifikaat in duplikaat ontvang. Die kerkkantoor kan geskakel word vir meer inligting oor ons gemeente se gedenkmuur.
Skoolkwartale
Sondae 08:00 | 10:00 | 17:30
Skoolvakansies & Langnaweke
Sondae 09:00