Die TYGERPOORT NETWERKFONDS (voorheen bekend as die Hulpfonds) is geregisteer as ‘n nie-winsgewende maatskappy (NPC) wat sertifikate in terme van Artikel 18A van die Wet op Inkomstebelasting 58 van 1962 kan uitreik. Die fonds word bestuur deur ‘n komitee en gemonitor deur die direksie van die fonds.
Die hoofdoel van die TYGERPOORT NETWERKFONDS is om gesinne van die onmiddellike gemeenskap in nood te ondersteun op ‘n sinvolle, volhoubare en oordeelkundige wyse. Aansoeke word vetroulik deur die komitee hanteer en alle besluite word volgends die fonds se voorafbepaalde beleid gemaak. Die fondse word met groot deursigtigheid en verantwoordelikheid bestuur.
Beleid van die Tygerpoort Netwerkfonds
Betalings word direk aan diensverskaffers oorbetaal en kontant betalings aan individue/gesinne word sover moontlik vermy en slegs in uitsonderlike omstandighede, na deeglike oorweging, gemaak. Hulp aan individue/gesinne fokus op dringende en noodsaaklike behoeftes, waarsonder die individu/gesin in groot nood sal verkeer. Elke versoek word op meriete beoordeel aangesien individue/gesinne verskil in terme van grootte, agtergrond en sosio-emosionele omstandighede. Sover moontlik word gesinne met kinders ondersteun deur middel van die betaling van skoolgelde of skoolverwante uitgawes.
In die geval van voedselnood, beoordeel die komitee elke versoek op meriete en besluit of die hulp in die vorm van kos, ‘n geskenkbewys of kontant moet wees. In die geval van terapeutiese dienste, word goedgekeurde fondse direk aan die terapeut oorbetaal. Die tydperk van hulpverlening word volgens meriete en beskikbare fondse bepaal. Hulpverlening aan organisasies wat deel uitmaak van die gemeenskapsuitreik van die gemeente word op meriete en die beskikbaarheid van fondse beoordeel.
Die TYGERPOORT NETWERKFONDS poog om gesinne/individue op ‘n tydelike basis te help om weer op hul voete te kom, maar in sommige gevalle is hulpverlening binne ‘n langer termyn nodig om die gesin werklik te kan help. Voorbeelde hiervan is:
Die TYGERPOORT NETWERKFONDS is daarom afhanklik van deurlopende skenkings van donateurs sodat ons hierdie gesinne op volhoubare en sinvolle wyses kan help.
Bydraes kan op een van die volgende maniere gemaak word:
‘n Sertifikaat in terme van Artikel 18A van die Wet op Inkomstebelasting 58 van 1962 kan uitgereik word indien dit spesifiek versoek word.
Tygerpoort Netwerkfonds NPC | ABSA | Account Number: 41 1091 6915
Indien jy graag die TYGERPOORT NETWERKFONDS wil ondersteun, meer inligting benodig of voorstelle oor verdere moontlikhede het, is jy welkom om ons te kontak.
Vriendelike groete!
VOORSITTER/
DIREKSIELID
groux02@absamail.co.za
DIREKSIELID
wilhelm@ajcoetzer.co.za
DIREKSIELID
karin@ngtyger.com
Maatskaplike Werker
sonnika@ngtyger.com
bedieninge@ngtyger.com
VOORSITTER/
DIREKSIELID
groux02@absamail.co.za
DIREKSIELID
wilhelm@ajcoetzer.co.za
DIREKSIELID
karin@ngtyger.com
bedieninge@ngtyger.com
Maatskaplike Werker
sonnika@ngtyger.com
Skoolkwartale
Sondae 08:00 | 10:00 | 17:30
Skoolvakansies & Langnaweke
Sondae 09:00