web analytics

Oggenddiens 19 Januarie 2020

19
Jan

NG TYGERPOORT

SONDAG 19 Januarie 2020

VOTUM – Psalm 23

U nooi my uit om by U tafel te sit

INLEIDING – DIE JAARTEMA

Ons jaartema vir 2020 is “Uitgenooi”.

  • Dit is heerlik om ‘n uitnodiging te ontvang.
  • Die afgelope vakansie se uitnodiging om Kersfees by ‘n gedekte tafel aan te sit, is nog vars in die geheue.
  • ‘n Uitnodiging laat jou welkom voel.
  • Dit sluit jou in.
  • Dit laat jou voel iemand gee vir jou om.
  • Dit plaas nie druk op jou nie.
  • Jy is dadelik meer gemaklik om deel te neem.
  • Jy koop makliker in.
  • Jy beweeg binne ‘n verhouding van liefde.
  • Jy voel geseënd.

Die oomblik as iets geforseerd is, skram jy weg.

  • Jy voel nie lus vir iets wat op jou afgedwing word nie.
  • Skielik wonder jy oor die agenda.
  • Wie wil iets doen wat jy nie self kon kies nie?

God nooi jou uit.

  • Het jy al ooit daaroor gedink?
  • God forseer jou nie.
  • God het nie mense geskep om soos robotte te wees nie.
  • Ons volg Hom nie net omrede ons so geprogrammeer is nie.
  • Daardie besluit van die Here om so te skep, het tot gevolg gehad dat die mens ‘n wil van sy eie het.
  • Maar as jy skep uit liefde uit en jy wil hê iemand moet werklik lief wees vir jou, moet jy die mens skep met ‘n keuse.
  • En dan is daar ‘n uitnodiging en nie opdrag nie.
  • Verstaan dít en jy verstaan die hart van die evangelie!
  • Ons jaartema som dit op met die leuse: U nooi my om by U tafel te sit.
  • Dit kom natuurlik uit Psalm 23.
  • Die Psalms is wonderlik.
  • Die psalms het baie verskillende aspekte van die lewe in: die op en die af, die bang en die seer, die lof en die opgewondenheid, dis alles in die psalms teenwoordig.
  • Daarom kom ek by soveel mense wat in sekere tye van hul lewe terugkeer na Psalms toe.
  • Ons almal doen dit.
  • Dit lê ons na aan die hart.
  • Dit is wonderlik.

Psalm 23 lê ons almal na aan die hart

  • Vers vyf sê die Here laat jou by ‘n feesmaal aansit.
  • Hy dek vir jou ‘n tafel – ‘n feestafel!
  • Jy is die gas en Hy is die gasheer!

SKRIFLESING  – PSALM 23

’n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by ’n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ’n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

BOODSKAP – UITGENOOI

Jy is genooi

Jy kry vanoggend ‘n uitnodiging

  • Die Here nooi jou uit.
  • Jy is my eregas.
  • Kom sit aan my tafel.
  • Kom ons spandeer tyd saam.
  • Kom tuis.
  • Bly hier, Ek sal jou lei.
  • Maak jouself elke dag tuis by my tafel.

DAWID

  • Die psalm beskryf die Herder: die weivelde, die groenigheid, die water, die krag, die gasheer, die tafel, die vyande, die huis.
  • As jy Psalm 22 / 23 as ‘n eenheid lees,
  • Is daar baie om oor te wonder, maar dit is baie duidelik.
  • Dawid is nie in weelde wanneer hy tot hierdie besef kom nie.
  • Hy is waarskynlik in die teenwoordigheid van vyande.
  • Iewers het hy gegaan van “My God, my god waarom het U my verlaat” na “ek is tuis in die huis van die Here”.

Hy het ontdek – daar is iets by die Here wat nie om my is nie.

Daar is iets van die Here wat ek moet ontdek.

Die Here is lief vir my daarom nooi Hy my uit.

Hoekom sukkel ons so daarmee?

  • Ons sukkel dikwels met die idee dat die Here my liefhet, dat die Here my na die tafel toe nooi.
  • Nie omrede ons dink die tafel is nie fantasties nie.
  • Nie omrede ek nie uit beginsel die uitnodiging wil aanvaar nie.
  • Maar omrede ek sukkel met wie ek is.

Iemand soos ek kan nie by die tafel aansit nie

  • In my kop weet ek die Bybel en alles sê ek kan.
  • Maar as ek alleen is – julle weet nie wat ek weet nie –
  • Die Here en ek. Ek kan nie daar opdaag nie
  • Want op een of ander onlogiese manier kan ek nie dink ek is goed genoeg vir die Here se liefde nie.
  • Ek kan nie sy vergifnis aanvaar nie.
  • En ek moet eers goed verander of beter wees om die uitnodiging te aanvaar.
  • Want ek is wie ek is.

 Wie is jy?

  • ‘n dommie
  • ‘n “loser”
  • ‘n leuenaar
  • ‘n geskeide
  • ‘n arm werklose
  • ‘n slegte pa
  • ‘n suiplap
  • ‘n pornografie kyker
  • ‘n belastingontwyker
  • ‘n depressielyer
  • ‘n hardkoppige ou oom
  • ‘n sondaar

 Die krag van etikette

  • Vra die kinders by die skole wat geboelie word, wat is die krag van
  • Vra vir die 35 tot 45 mans (en vroue) wat dit wat met hulle in hulle kinderjare gebeur het moet hanteer – wat is die krag van
  • Vra die vroue, die swart en bruin mense en die gay mense wat is die invloed van

 Taal en woorde het ‘n groot invloed op ons identiteit

  • Woorde is aanvanklik buite jouself.
  • Dit het slegs betekenis vir die een wat dit oor jou uiter.
  • Naderhand kom kruip daai woord in jou binneste in en voor jy jou kan kry, heg jy self ‘n nuwe betekenis aan daai woord.
  • Oor lang tye in jou lewe begin taal en woorde jou maak wie jy is.
  • Taal en identiteit loop hand aan hand.

 Uiteindelik kom jy op die punt waarjy word wie jy dink jy is

En dan is jy nie goed genoeg om by God se tafel te kom sit nie

 35 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?  38 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39 of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

 God het jou lief

  • Jy is genooi na hierdie tafel toe, ten spyte van.
  • Jy moet dit vanoggend verstaan.
  • Jy moet die woorde en die taal verander wat jou so vashou.
  • God het my lief.

 Wil jy nie die uitnodiging aanvaar nie

 Wie is nog genooi

 Eers wanneer jy dit beleef het, kan jy dit teenoor ander leef.

  • As jy dit nie beleef het nie – hanteer jy ander op grond van jou eie voorkeure en logika.
  • Nie op grond van die onlogika van God se uitndoging nie.

 Eers wanneer jy aan die tafel sit, kan jy begin verstaan wie God is.

  • Jy sien dit wanneer jy oplet wie sit langs jou by hierdie tafel.
  • Wie nooi die Here nog na hierdie tafel toe.
  • Watter etikette hang om hulle nekke?

 Ons wil ‘n gemeente wees wat hierdie jaar die boodskapper is van God se uitnodiging aan mense

  • Ek wil julle vra om neer te skryf wie julle dink is genooi na God se tafel toe en dus na hierdie gemeente toe.
  • Skryf dit neer deur te dink oor:
    • Jou eie ervaring van die Here wat jou nooi.
    • Wat is die etikette wat om jou nek gehang is of wat jy om jou eie nek hang?
    • Wat is die etikette wat jy om ‘n ander se nek hang?
  • Gebruik dan hierdie woorde en taal om vir ons te help om ‘n lys te genereer wat ons kan opsit by ons deur – wie is welkom by ons gemeente want hulle is welkom aan God se tafel.

Gaan lees Ps 23

  • Lees van die Herder, maar lees ook van die Gasheer
  • Vra jouself af: Gaan jy aan hierdie tafel sit?
  • Elke dag?
  • Tuis kom in die huis van die Here?

AMEN