web analytics

Oggenddiens 20 Oktober 2019

20
Okt

SONDAG 20 Oktober 2019

VOTUM

En nou loof ons U, ons God, ons prys u glansryke Naam, want wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.

Dawid (1 Kronieke 29:13-14)

Verbeel jou ‘n wêreld sonder die behoefte aan diensbaarheid, liefde en gee

  • Het jy al ooit so oor ons omstandighede gedink?
  • Dink net – ‘n omgewing waar jy niemand hoef te help nie.
  • ‘n Blyplek waar jy niemand hoef te versorg nie, niemand se laste hoef te dra nie en niemand soms deur moeilike tye moet help nie.
  • Verbeel jou ‘n wêreld waar alles net op jou gefokus is.
  • Hoe gesond is ‘n wêreld waar ons mekaar nie kan dien nie?

Ons het nou vir twee weke gesels….

Vanoggend praat ons oor die laaste tema – hoe sou ‘n wêreld sonder gee lyk?

Jakobus 5

En nou, julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom. Julle rykdom sal tot niet gaan en julle klere sal deur motte opgevreet word, julle goud en silwer sal verroes. Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos ’n vuur. Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is. Ja, julle hou die loon agter van die werkers wat julle lande afgeoes het. Dit skreeu ten hemel; die geroep van dié wat geoes het, het tot by die Here die Almagtige gekom. Hier op aarde lewe julle in weelde en oordaad; julle smul na hartelus, en dit terwyl die slagdag reeds daar is. Julle veroordeel en vermoor die onskuldige en hy bied geen teenstand nie.

Jakobus

  • Jakobus was die predikant van die kerk in Jerusalem
  • Skryf ‘n brief aan ‘n paar gemeentes
  • Jakobus is die bekende brief waarin hy sterk argumenteer dat geloof in dade omgeskakel moet word.
  • In hoofstuk 2:14 skryf Jakobus dat dit nie help om te beweer jy glo, maar jou dade bevestig niks daarvan nie.
  • As jy glo, sal jy doen.
  • Deur my dade sal jy kan aflei hoe ek glo.
  • Wat jy met jou rykdom doen, sal wys wat jy glo, sê Jakobus

En nou, julle rykmense…

  • Ons is ryk mense.
  • Ons besef dit nie altyd nie omrede ons ook die druk van die ekonomie voel.
  • Ons sukkel ook om rekeninge te betaal en begrotings te laat klop.
  • Ons voel nie ryk nie.
  • Wanneer laas het jy ryk gevoel?
    • Toe jy jou eerste salaris gekry het met bittermin uitgawes
  • Ons voel nie ryk nie want:
    • Daar is altyd meer om te hê… daar is nie eintlik ‘n grens in jou kop wanneer jy dink nou is ek ryk nie
    • ons leef in ‘n sekere styl of standaard waar ons die ekonomie voel, maar as jy vir ander mense vra wat na ons kyk… sal hulle nie verstaan hoekom ons nie ryk voel nie? Dit gaan oor perspektief
    • ons weet wat ander mense het en ons vergelyk ons altyd met die meer…
    • en ons leef in ekonomiese omstandighede waar dinge al hoe duurder voel.
  • Maar as jy jou inkomste moet meet teenoor die groter meerderheid van die wêreld is jy beter af as wat jy dink.
  • Daar is onlangs navorsing gepubliseer in Netwerk24 waar gewys word dat huishoudings wat ‘n totale inkomste van R40 000 per maand of meer het, val in die top een miljoen van die land.
  • Jy is ook in die top 1% van die wêreld
  • Gaan besoek gerus die webtuiste globalrichlist.com en vul jou jaarlikse inkomste daar in. Kyk waar lê jy in die wêreldranglys. Ons is ryk mense.
  • Ons dink nie altyd so nie, maar ons is ryk.
  • En wanneer Jakobus skryf “Luister… julle rykes”… dan is die teks vir ons ook bedoel.

Aanname van sy tyd

  • Jabokus vat eintlik ‘n aanname van sy tyd aan met hierdie gedeelte…
  • Die algemene idee was dat as jy ryk was in daardie tyd was dit ‘n duidelike bewys dat God aan jou kant was…
  • As jy siek en arm was – was God nie aan jou kant nie.
  • En daarom was ryk mense so vol van hulself.
  • Hulle het gedink hulle toekoms is vas met al hulle rykdom
  • Nou Jakobus vat hulle aan

Julle toekoms is nie so vas nie

  • Jakobus sê: Ryk mense….. julle toekoms is in die moeilikheid.
  • Ryk mense plaas hulle vertroue in dit wat hulle besit en nie in die Gewer nie.
  • Arm mense doen dit nie.
  • Hulle vertrou nie op besittings nie
  • Hoe meer jy het – hoe meer vertrou jy op wat jy besit

WAT MAAK DIE RYKES?

  1. Jy bekommer jou eintlik meer…
  • Die ironie is eintlik dat hoe meer jy het, hoe meer stres het jy in die lewe
  • Jy het hierdie onderliggende, aanhoudende vrees dat jy dit wat jy het, gaan verloor…
  • want genoeg is nooit genoeg nie
  • Daarom hou ons vas aan wat ons het….
  1. Jy maak bymekaar…
  • Hierdie besittings is besig om te vrot en motte vreet dit op…
  • Jy hou alles vas, maar dit sal vergaan
  • Al die besittings verroes eintlik met tyd…
  • Daar is nie ewigheidswaarde aan al die goed wat jy die hele tyd opgaar nie…
  • Jakobus sê die tyd op hierdie aarde is min…
  • En iewers gaan jou tyd uitloop. Wat gebeur dan met al jou besittings wat jy so aan vasgeklou het….
  • Waaraan gaan jy dan vashou?
  1. En julle buit ander mense uit…
  • In daardie tyd was die rykes ook die grondeienaars
  • Die werkers het vir hulle op die lande gewerk
  • En hulle het geen regte gehad nie
  • En dan buit hulle die arm werkers ook nog uit deur vir hulle selfs minder te probeer gee as wat hulle verdien
  • Met ander woorde… die rykes soek maniere om selfs ryker te word en nog meer te vergaar… selfs al beteken dit om vir die mense wat minder het nog minder te gee…
  • Die Here hoor die gehuil van die armes
  1. Julle lewe in oordaad….

Hier op aarde lewe julle in weelde en oordaad; julle smul na hartelus en dit terwyl die slagdag reeds daar is. Julle veroordeel en vermoor die onskuldige en hy bied geen teenstand nie.

  • Wat is hierdie slagdag?
  • Ryk mense het ‘n vetgemaakte kalf aangehou vir wanneer hulle die dag iets moes vier…
  • Hulle moes beplan… want vleis kon nie gehou word nie
  • Hulle het gedink hulle is slim…. deur die kalf vet te maak en alles vir hulself te hou vir die dag wanneer dit nodig gaan wees om die kalf te slag en partytjie te hou…
  • En nou spot Jakobus met hulle en sê deur alles vir jouself te hou en jou hoop op jou “kalf” te sit… is jy eintlik dom… want die oordeel is reeds oor jou gevel….

Wat is Jakobus se punt?

Jakobus sê:

  • Julle dink God seën julle meer as armes
  • Julle maak goed oordadig bymekaar
  • Julle lewe in oorvloed
  • Julle buit ander uit
  • Julle dink julle is slim
  • Maar julle gaan gou agterkom julle was eintlik dom…
  • Want wat jy met jou rykdom doen, sê iets van jou…
  • En jy kan nou in weelde leef maar later niks oorhê nie…
  • En sonder hemelse skatte die ewigheid ingaan.

Wat ‘n rowwe boodskap!

Hoe sou ‘n wêreld sonder gee lyk?

Hoe sou ‘n wêreld lyk waar mense alles vir hulle self hou en niks met ander deel nie?

Verbeel jou ‘n wêreld sonder dat enige iemand iets vir iemand anders gee.

Dit is die wêreld wat Jakobus beskryf.

  • Gulsig
  • Waar jy die heeltyd wil gryp en nie gee nie
  • Geldgierig en selfsug
  • Jou hoop is in besittings en wanneer jy dit verloor, is jy sonder hoop.
  • Dit is ‘n wêreld waar mense in jou belangstel net op grond van jou rykdom

‘n Wêreld van gee

  • Probeer Jakobus sê rykdom is verkeerd?
  • Moet jy skuldig voel omrede jy hard werk en gekom het tot waar jy is in die lewe?
  • Nee
  • Die Bybel prys mense wat hard werk en goed doen aan ander
  • Die Bybel moedig ons aan om ons gawes en talente te ontgin en te gebruik
  • Om die goeie van die lewe te geniet…

DIE PUNT:

  • Alles wat jy het en wie jy is, kom van God
  • Nie net 10% nie – 100%
  • Dit is God s’n.
  • Met ander woorde hoe meer God vir jou gee, hoe groter verantwoordelikheid het jy
  • Hoe meer vertrou die Here jou om ‘n goeie rentmeester van sy geld te wees
  • En hoe meer jy het, hoe meer het jy om te oorweeg
  • Want jy het die opdrag om meer te gee as iemand anders
  • Ons moenie skuiwergate soek om minder te gee nie, om mense verder te ontneem van wat hulle het nie
  • Ons moet soek vir geleenthede om meer te gee
  • Ons moet oordadig wees

Wat jy doen met wat jy besit – sê die meeste van jou

Gee terwyl jy kan gee voordat jou rykdom alles gemuf het

  • Jakobus sal sê – wat help dit jy het al hierdie goed, maar dit lê en muf en roes?
  • Wat help dit jou tyd op aarde hardloop uit en jy los ‘n klomp goed wat jou kinders moet uitdeel en gaan weggooi terwyl dit mense kon gehelp het terwyl jy geleef het
  • Wat help dit jy sit jou hoop op rykdom, maar die dag as jy dit nie meer het nie, het jy ook nie hoop nie
  • Hoe sou ‘n wêreld sonder gee lyk?
  • Baie, baie alleen sou Jakobus sê
  • Laat jou gee jou geloof wys

AMEN