web analytics

Oggenddiens 22 September 2019

22
Sep

SONDAG 22 September 2019

Oggenddiens

Votum

31 “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. 32 Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. 33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Verootmoediging

Matteus 22

34 Toe die Fariseërs hoor dat Jesus die Sadduseërs die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom, 35 en een van hulle, ’n wetgeleerde, het Hom met ’n vraag probeer vastrek. 36 “Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” 37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’p [p Vgl. Deut. 6:5] en met jou hele verstand. 38 Dit is die grootste en die eerste gebod. 39 En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’q [q Lev. 19:18] 40 In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

Ek glo in God die Vader, die Almagtige,

die Skepper van die hemel en die aarde.

En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;

wat ontvang is van die Heilige Gees,

gebore is uit die maagd Maria;

wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is,

gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;

wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;

wat opgevaar het na die hemel en sit aan die

regterhand van God, die almagtige Vader,

van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe

en die wat reeds gesterf het.

Ek glo in die Heilige Gees.

Ek glo aan ‘n heilige, algemene, Christelike kerk,

Die gemeenskap van die heiliges;

Die vergewing van sondes;

Die opstanding van die vlees

En ‘n ewige lewe.

Amen

Skriflesing – Romeine 14

Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil. 2 Een glo ’n mens mag alles eet; ’n ander is swak in die geloof, en hy eet net groente. 3 Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem. 4 Wie is jy om oor iemand anders se bediende te oordeel? Sy eie werkgewer sal oordeel of hy goed doen of nie. Maar hy sal goed doen; daarvoor sal die Here sorg. 5 Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ’n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting. 6 Die een wat ’n bepaalde dag op ’n besondere wyse hou, doen dit tot eer van die Here. Die een wat alles eet, doen dit tot eer van die Here, want hy dank God. En die een wat nie alles eet nie, doen dit tot eer van die Here, en ook hy dank God. 7 Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. 8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. 9 Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. 10 Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, 11 want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.”l [l Vgl. Jes. 45:23] 12 Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.

Boodskap – Aanvaar mekaar

Inleiding – die geskiedenis van verskille

  • Ek kyk op die oomblik prof. Herman Gillomee se program: Die Afrikaner.
  • Dit is natuurlik op sy boek gebaseer.
  • Dit is eintlik fasinerend om die beter en voller perspektief oor die geskiedenis te kry deur die oë van so ‘n goeie historikus.
  • Daar is verseker baie om oor te gesels, maar wat my in besonder opval deur die geskiedenis van die Afrikaners (wat ook nie noodwendig wit en Afrikaans vir baie lank beteken het nie) is hoe so ‘n klein aantal mense so baie van mekaar kon verskil:
    • Oor politiek
    • Oor taal
    • Tussen die Kaapkolonie en die Vrystaat en Transvaal
    • Oor grond en strategiee
    • Oor koerante en die media
    • Die kerk
      • Die drie susterskerke se ontstaan
      • Die verskil oor wat gesing word
      • Die verskil oor taal (Hollands en Engels). Later Afrikaans.
      • Die verskil oor slawe in die kerk en later oor rasse in die kerk
      • Die verskille oor goed soos formuliere, hoe begrafnisse gehou moet word….
      • Oor die vroue en die ampte
      • Teologiese opleiding.

Jy ken seker die ou grappie: As jy twee Afrikaners op ‘n eiland sit dan kry jy twee politieke partye en drie kerke

  • As jy vir baie Afrikaanse mense (veral die buite die kerk) in die afgelope paar jaar sou vra wat hulle van die kerk dink / wat hulle van die kerk weet  – wat sou hulle sê?
  • Die kerk baklei die hele tyd…
  • Party sal sê hulle het die Bybel gelos
  • Ander sal sê hulle het nie…
  • Party is vir gay-mense / ander teen… (Wat die hof selfs ons mee help omdat ons nie die bakleiery kon uitsorteer binne die kerk nie)
  • Hulle baklei oor groot en klein doop
  • Dan baklei hulle weer oor Belhar
  • Die Doppers baklei oor vrouens op die kansel
  • Baklei oor ‘n uitspraak rondom ‘n saak
  • Dan is daar nog baie kleiner verskille as hierdie groot teologiese verskille
  • Party gemeentes baklei nog oor die orrel en die “band”
  • Ek was in die platteland…. Stry oor mag ‘n mens nou blomme neersit by die oorledende se foto voor in die kerk
  • Baklei oor die ..
  • Baklei oor die kleredrag….
  • Baklei oor bier by die basaar…
  • Baklei oor koek verkoop op ‘n Sondag by die tee…
  • Daar is selfs mense wat met mekaar baklei oor wie waar mag sit in die kerk.
  • Oor die begroting en geld
  • Ek was die afgelope twee jaar selfs ontnugter deur hoe sekere predikante met mekaar op Facebook baklei…
  • Ek wil vanoggend vir jou sê dat ek dink een van die grootste probleme wat ons vandag in die kerk het, is die wyse waarop ons met mekaar verskil…
  • Nie dat ons verskil nie – maar hoe ons verskil…
  • En ek dink dit tas ons integriteit so aan dat dit die koninkryk se groei belemmer…

Binne die koninkryk van God – moet dinge anders lyk wanneer ons verskil….

Belangrike vrae

Voordat ons leer by Paulus, is daar nogals ‘n paar belangrike vrae waaraan mense aandag moet gee:

  1. Wat is wesenlik en nie-wesenlik?

In die teologie is daar ‘n verskil tussen die wesenlike en nie-wesenlike van ons geloof.

  • Anders gestel: die kernsake en die randsake.
  • In die INSIG-kursus gesels ons mooi daaroor
  • Daar is wesenlike sake soos wat ons glo oor verlossing en oor Jesus wat wesenlik is.
  • Terwyl iets soos hoe ons nagmaal hou, wat jy mag eet/ nie eet nie, en sulke goed wat nie wesenlike sake is nie, sang, orkeste ens.
  • So, dit is belangrik om te onderskei waaroor jy met iemand wil verskil.

Wat is sonde?

  • Ons predikante word nou die dag beskuldig dat ons onderling afgespreek het om nie oor sonde te praat nie.
  • Nou, dit is altyd interessant vir my as iemand graag wil hê die predikant moet vir mense herinner hoe sondig hulle is. Ek wonder altyd wat sit agter die tipe versoek.
  • Wat sonde is, is sekerlik die kerk se lekkerste fight.
  • Dalk is ek naïef om na 15 jaar se studies in teologie so eenvoudig te reageer op die vraag, maar ek dink daar is eintlik net twee maniere waarop jy oor sonde kan redeneer.
  • Die een is ‘n tipe van ‘n wettiese perspektief waarin jy graag ‘n lys soek.
  • En as jy die lysie het van duidelike sondes dan kan jy jouself daarvolgens posisioneer en ander oordeel.
  • En dit is hieroor waarop die lang debatte oor die gebruik van die Bybel in hierdie samestelling van die lysie neerkom.
  • Die ander is om eerder te begin by wat die Bybel ons van die begin af leer oor God se hart vir jou en vir my.
  • Die Here is vir jou lief en daarom wil Hy jou nie sien seerkry nie.
  • En die Here wil hê dat mense met mekaar in liefde teenoor mekaar en teenoor Hom moet leef – want dit is die beste vir jou.
  • Daarom het Hy deur die loop van die eeue (soos die Bybel ook doen) vir ons altyd gewaarsku teen dit wat vir jou sleg is.
  • Die woord “sonde” wek nie die soort “omgee” van God by ons op nie.
  • Ons het dit begin assosieer met “skuld”, “oordeel” en “ek is nie welkom nie”.
  • Eerder as: ek het ander en die Here nodig om my te help en te beskerm van die dinge wat my kan seer maak. Dinge soos:
    • diefstal en afgode.
    • wanneer jy geld van jou gesin gaan
    • wanneer jy jou vrou of man seermaak en jouself deur iets of iemand anders bo jou liefde vir haar en jouself stel.
    • wanneer jy so afhanklik raak van iets dat dit jou lewe insluk… en alles verwoes.
    • Wanneer jou EGO jou dryf.
  • Dit maak dat die Here saam met jou huil en jou wil weghou van iets wat vir jou sleg is.

Dit is hoe ek oor sonde dink.

  1. Wie mag oordeel?
  • Jesus skryf in die bergrede: Moenie oor ander oordeel nie.
  • Dit was nie bedoel om te sê die mense kan maar doen wat hulle wil nie.
  • Dit gaan daaroor dat jy eers die balk uit jou eie oog moet haal voor jy vir almal vertel wat hulle verkeerd doen.
  • Ek dink altyd mense wat graag wil sê wat sonde is en wie nou as gevolg daarvan tot die ewige hel verdoem is, moet baie versigtig wees.

Konteks van Romeine

  • Rome se gemeente-konteks was natuurlik baie meer ingewikkeld as Tygerpoort s’n.
  • Rome se konteks was:
    • Eerste geslag Christene
    • Jode en heidene
    • Immigrante
    • Ryk en arm / Slawe konteks
    • Baklei oor kos (wat ‘n baie ernstiger ding was as vandag)
    • Baklei oor besnydenis (soos doop)
    • Wie is in en wie is uit
    • Nagmaal gebruik tussen arm en ryk
    • Gesukkel met trou / vroue / prostitusie / losbandigheid / Wet vs Gees

Dit is binne hierdie baie moeilike konteks wat Paulus met hulle gesels oor konflik tussen Christene wat in een gemeente saam is – en in Jesus Christus glo!

Wat leer die teks ons?

  • Paulus praat in die teks van ouens wat swak is in die geloof en nog baie “wette” toepas… Nou ek gaan daardie debat los… so hy het ook sy opinie gehad…
  • Ten spyte van al hierdie verskillende opinies en perspektiewe is daar twee beginsels wat die teks ons leer:
  1. Elkeen moet dit waaroor hulle sterk voel, slegs doen vir een rede – om die Here te eer!
  • Jy moet alles wat jy doen of nie doen nie, toepas omrede jy seker is dit gaan vir jou net daaroor om die Here te eer!
  • Paulus sê: jy moet oortuig wees van jou opvatting oor die Here.
  • Wat sê hy eintlik? Dit gaan oor die HART waarmee jy goed aanpak en doen.
  • Dit gaan oor jou eie BEGEERTE om die Here te eer.
  • Dit maak nie saak wat nie – jou HART, jou intensie, jou hele alles moet oor GOD gaan.
  • As jydit regtig uit oortuiging kan sê – dan is jy OK!

My ervaring van mense wat oortuig is oor sekere sake wat verskil van my oortuigings daaroor – is dat hulle altyd liefdevol en nederig is daaroor.

  • Mense wat hulle oortuigings oor Sondae, oor kos, oor gay mense, oor musiek of oor wat ookal uitleef met hierdie ingesteldheid… is nie mense wat aggressief, bakleierig, aanvallend, vol bravade of afdwingerig is nie
  • Want dit gaan oor hulle en die Here…. nie oor HULSELF nie
  • Die ouens wat baklei is die ouens wat vir hul eie opinie baklei…. Nie vir die eer van die Here nie
  1. Vertrou mekaar se intensies – moenie veroordeel nie (God sal oordeel)
  • Die tweede beginsel is – jy moenie oordeel nie – God sal dit doen.
  • Paulus sê vir ons in hierdie teks – jy mag nie oordeel dat die ander ou, wat van jou verskil, nie ernstig is oor die Here en by implikasie die Bybel nie.
  • Jy kan nie sê omrede jy nie dieselfde geloofsoortuiging het oor Sondagsport, dat die ander een nou nie ernstig is oor die Bybel nie.
  • Dit sal geld vir elke oortuiging – tensy dit oor ‘n wesenlike saak gaan (soos oor Jesus wat God is).
  • Ek dink natuurlik die rede hoekom hierdie tipe ding gebeur, is omrede die kerk te groot geword het en ons nie mekaar goed genoeg ken om iemand se opregtheid te vertrou nie.
  • Ek ken baie Christenvriende, van ander kerke selfs, wat helemaal anders voel as ek oor goed. Maar ek twyfel nie vir oomblik in hulle liefde vir die Here nie… en hulle ook nie in myne nie.
  • Maar ek twyfel baie maklik aan iemand wat opspring op sosiale media en baklei, mense name noem en te kere gaan in die gay debat – se liefde vir die Here.
  • En as ek dit doen – hoeveel te meer nie mense buite die kerk nie.

Dit bring my terug by my eerste argument: die manier waarop ons mekaar in die kerk hanteer tas ons integriteit aan en dit belemmer die uitbou van die koninkryk van God.

Die ironie – dit waaroor ons 100% van seker is, doen ons nie

  • Die grootste ironie van hierdie hele ding vir my is – daar is goed waaroor ons 100% saamstem, wat ons nie leef nie.
    • Wie twyfel daaroor dat ons moet liefde bewys teenoor armes?
    • Wie twyfel daaroor dat ons moet getuig van Jesus Christus as ons verlosser?
    • Wie twyfel dat ons mense moet verwelkom van enige afkoms, enige taal en enige godsdiens wat Jesus wil ontmoet?
  • NIEMAND NIE!
  • Maar ons doen dit dikwels nie.
  • Ons sit ons energie daarin om te baklei oor wie is in en wie is uit.
  • Ons baklei oor koek op Sondae, musiek en kos…

As ons nadink oor die KONINKRYK van God –

Is een van die eerste dinge wat ons moet doen – om op te hou baklei op die manier wat ons doen.

Ons mag van mekaar verskil.

Maar wanneer ons verskil, moet ons dit doen soos Paulus ons dit leer in Romeine 14.

AMEN