web analytics

Oggenddiens 30 Junie 2019

30
Jun

 

30 Junie 2019

Oggenddiens

Teks:

5 Hierna was daar weer ’n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. 2By die Skaappoort in Jerusalem was daar ’n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, 3waar daar baie gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes. 4 d 5Onder hulle was daar ’n sekere man wat al ag en dertig jaar lank siek was. 6Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?”

7Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in.”

8Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.”

9Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop.

Dit was ’n sabbatdag. 10Die Jode sê toe vir die man wat genees is: “Dit is ’n sabbatdag; jy mag nie jou goed dra nie.”

11Maar hy antwoord hulle: “Die man wat my gesond gemaak het, het vir my gesê: Tel jou goed op en loop.”

12Hulle vra hom toe: “Wie is die man wat vir jou gesê het: Tel jou goed op en loop?”

13Die man wat gesond geword het, het egter nie geweet wie dit was nie, want Jesus het ongemerk weggegaan omdat daar ’n klomp mense op die plek was.

14Later kry Jesus hom in die tempel en sê vir hom: “Kyk, jy is nou gesond. Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.”

15Die man het vir die Jode gaan vertel dat dit Jesus is wat hom gesond gemaak het. 16Die Jode het toe teen Jesus te velde getrek omdat Hy dit op ’n sabbatdag gedoen het. 17Maar Jesus het Hom teen hulle verweer: “My vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.”

Nuwe reeks:

Glo julle in wonderwerke?

Doen God vandag nog wonderwerke?

Wat presies was Jesus se doel met die wonderwerke in die Nuwe Testament?

Johannes is ‘n ooggetuie by meeste van Jesus se wonderwerke.

Johannes vertel dit oor; nie om mense te inspireer en te beïndruk nie.

Of om Jesus se gevolg groter te maak nie.

Maar om te wys wie Jesus is – eintlik hoe God se hart is.

Johannes se wondertekens:

Johannes kies nie geloof oor wat hy hoor nie, maar op wat hy sien.

Kyk wat sê hy in 1 Johannes 1:1

= Jesus is my vriend en Hy het Lewe gebring.

= Hy het LIG in ons wêreld gebring.

= Hy is God in ‘n Liggaam.

Johannes het ‘n agenda gehad:

– Jy moet SIEN

– Jy moet GLO.

Ons kyk na vyf van die wonderwerke wat Johannes kies om neer te skryf.

Hulle almal wys op die uniekheid van Jesus.

Dis asof Johannes sê – dit is wat my oortuig het.

Soos Jesus wees:

Het julle al ‘n situasie voor julle sien afspeel waar geloofsreëls in die pad staan van meegevoel/empatie?

Wanneer “heilige mense” “heilige tekste” gebruik om liefde weg te hou.

Om iemand uit te sluit.

Om iemand nie deel te maak nie.

Het jy dit al gedoen?

Want ek het…as jong dominee, net klaar gestudeer, was ek so gefokus op wat die teks “sê” dat ek dit gemis het vir wie die teks was.

Dat ek die eintlike rede hoekom dit neergeskryf was, nie raaksgesien het nie.

As mens die groter evangelie in geheel lees, kom ek agter dat Jesus nie van sulke mense gehou het nie. Want hulle was glad nie soos Hy nie!

Ek moes ‘n paar harde lesse leer om regtig meer soos Jesus te wees.

Genesing op die sabbat:

  • Jesus het noord van Jerusalem ‘n kind genees.
  • Vyf dae later is hulle in Jerusalem.
  • As hulle Jerusalem binne stap, kies Jesus om eerste na die bad by die poort te gaan.

HUIS VAN GENADE. “Bet” = “huis” en “tesda” = “genade.”

  • Dis waar die desperate mense was.
  • Dokters was skaars.
  • Dokters mag nie op ‘n dooie liggaam gewerk het nie. Dis ‘n reël in Rome.
  • Net die rykstes kon dokters bekostig.
  • Die res van die mense maak staat op tempels en superstisie.
  • Dalk help en genees die gode jou.
  • Die verhaal speel af teen superstisie.
  • Daar was ‘n volksverhaal wat hulle geglo het. As die water van die bad beweeg – is dit ‘n engel wat die water laat beweeg het.
  • Die eerste persoon wat in die bewegende water inkom, is genees.
  • Vandag weet ons daar was ‘n natuurlike fontein by die bad van Betesda wat waarskynlik die beweging veroorsaak het.
  • Jy kan jouself hierdie chaotiese situasie indink.

Jesus loop in ‘n area in wat gesonde mense ten alle koste vermy het.

Daar lê ‘n man al vir 38 jaar lank daar.

Jesus het hom nie geken nie, maar oor hom uitgevra, dan by hom gebuk en gevra:

“Wil jy gesond word?”

Vreemde vraag…

Dalk ‘n vraag wat jy vanmore ook moet hoor.

“Wil jy gesond word?”

Nie almal wil nie.

Soms is om gesond te word, harder werk as om siek te bly.

Dalk is die hulp vra net te moeilik vir jou.

Slegte gewoontes is dalk net makliker.

Uit eer vir God en uit eer vir die mense vir wie jy lief is – is dit ‘n vraag wat ons eerlik moet antwoord.

Dis dalk die tipe vraag wat ons vir onsself in die spieël moet vra. So, ek vra weer:

“Wil jy gesond word?”

Jesus vra dit saggies vir die man.

As Jesus dit vir die verlamde man vra, is sy antwoord: Ek het niemand om my te help nie.

Kommentare skryf dat baie in die bad verdrink het – omdat niemand hulle kon help nie.

As ek die verhaal lees, kom daar een vraag by my op:

Hoekom kies Jesus dié man?

Ons het nie die antwoord hierop nie.

Maar Jesus buk weer af by hom en sê:

“Staan op”

Die Griekse betekenis is interessant:

= “Rise up”

= “come to life”

= “wake up”

Wat Jesus volgende sê, is wat dit ‘n wonderteken maak:

v5:8 – tel jou mat op en stap.

Onthou nou, Johannes was daar om dit te sien.

Die man het opgestaan en sy mat opgetel.

Dit alles het op die sabbat gebeur.

In Jerusalem loop die Fariseërs op die sabbat rond om te kyk dat niemand ‘n wet oortree nie.

En daar loop die man met sy mat tempel toe.

Hy was vir jare lank nie in die tempel nie.

In v5:10 kom ‘n Fariseër en sê vir hom hy mag nie loop en sy mat dra nie!

Moses het die geskrewe wette van die berg af gebring.

Mettertyd het die leiers nog wette bygevoeg om seker te maak die mense bly by die oorspronklike wette.

Een van die wette was: “Jy mag nie op die sabbat iets dra van een plek na ‘n ander plek nie.”

In hulle oë oortree jy dan die vierde wet om die sabbat heilig te hou.

Die eintlike rede vir die wet was glad nie om nie te werk nie, maar om die mens ‘n breuk te gee van sy werk af. Tyd om te stop.

Dit is wat gebeur wanneer gelowige mense reëls self wil interpreteer.

Wanneer ons nie meer die “hoekom” agter die “wat” vra nie

Word dit die hoofrede vir ons optrede – net om ‘n teologiese agenda te verdedig.

Dié optrede is gewoonlik baie moeilik om in die spieël raak te sien.

Andy Stanley sê dit so mooi:

“When what’s best for people is no longer what’s most important to you, you are at odds with God.”

Die man loop Jesus weer by die tempel raak en hy weet nie eers wie Jesus is nie. In v5:19 maak Jesus ‘n groot opmerking oor wie Hy is.

= Wil jy weet hoe en wie God is? Dis maklik. Luister en kyk na My!

Johannes het die bekende woorde: “Die Woord het vlees geword.”

= Ek is ‘n lewendige kommentaar op God.

Dis hoekom die Evangelies so belangrik is.

In ‘n wêreld gevul met afleidings en vooropgestelde idees

Het God dit maklik gemaak.

Hy het opgedaag.

Hy het gepraat.

En dit waarvoor Hy staan en wie Hy is, is duidelik.

Ek wil afsluit vanmore en vra:

Het jy jou standpunt al ooit verander?

Het jy al ooit jou opinie oor iemand verander?

Ons doen dit in ons 30’s…weer in ons 50’s…ons het dit op hoërskool gedoen (ons gebruik die verskoning dat dit ons frontale lob is wat nog nie ten volle ontwikkel het nie.)

Johannes wys deurgaans deur die verhaal:

Mense kry altyd prioriteit bo idees.

Jesus kies om ‘n man te genees wat Hy nie ken nie – omdat Hy, deur dit wys, altyd eers die mens kies. Duidelik gaan Hy teen die reëls van die dag.

Die JY wat langs jou sit en die JY wat saam met jou werk en die JY wat voor jou staan in die winkel is altyd belangriker as jou idees wat jy vir jouself stel.

Die gedagtes het die Westerse beskawing gevorm.

Johannes bring ‘n idee van God na vore wat nog nie genoem is nie:

God is liefde

As jy aan die verkeerde kant van liefde staan, staan jy aan die verkeerde kant van God.

Hy buk vanmore af en vra vir jou: Wil jy gesond word?