web analytics

Paassondag 12 April 2020

12
Apr

WAT BETEKEN DIE OPSTANDING?

Die opstanding in hierdie tyd?

Jy ken die verhaal van die opstanding goed…

Die sondagmore vroeg kom die vroue en later die dissipels agter dat Jesus nie meer in die graf is nie…

  • Uiteindelik besef die dissipels en later ook ander mense dat Jesus opgestaan het
  • Dat Hy lewe…
  • Dat Hy die dood oorwin het…
  • En jy kan verder gaan lees van al die getuienis oor Jesus se verskynings na Sy opstanding…
  • Sy gesprekke met sy dissipels en ander mense…
  • Ons lees die verhaal van die Emmausgangers

 

  • En as ek vanoggend vir jou vra wat beteken dit alles?
  • Dan sal jy waarskynlik vir my kan sê dat dit beteken dat God het die dood oorwin..
  • Dat die Jesus vir ons lewe gee… dat God sterker is as die dood…
  • Ons verstaan dat dit beteken dat ons die Ewige Lewe kry en dat Jesus vir ons nuwe lewe gee….
  • En dan is ons weer by die eendag gaan ek hemel toe gesprek…
  • En dit is alles so?
  • Maar is dit al?

Die wêreld is op die oomblik onder ‘n pandemie

  • Ek is nie so seker of ons lekker al besef hoe groot en geskiedkundig die uitwerking van hierdie gebeure is nie…
  • Ek weet nie of ons besef hierdie is massief nie….
  • Ek weet nie of mense besef jy gaan dalk nog die virus opdoen nie… daar kan selfs nog sterftes kom….naby aan ons….
  • Ons besef waarskynlik die ekonomie is onder geweldige druk… werkloosheid…. mense wat nie kos het nie….
  • En ek dink baie mense is bekommerd….
  • En dit kan nog erger raak…

En in die middel van dit alles…. Opstandingsondag

  • Dit is eintlik nogals moelik om daaroor te dink, is dit nie?
  • Wat beteken die opstanding?
  • Lewe?
  • Nie dood nie?
  • In hierdie tyd?
  • Gaan die inperkings minder word? Hoe lank gaan dit wees…. kom daar nuwe lewe?
  • Is daar ‘n boodskap in die opstanding vandag?
  • Want dit voel nog nie of die wêreld uit hierdie ding gaan opstaan nie?

Of is dit net geestelik?

Is die teologie van oorwinning in ons denke net beperk tot verlossing?

Is daar meer?

Openbaring

  • Ek lees vanoggend aspris ‘n bietjie ‘n ander teks… ek lees Openbaring
  • So dit mag dalk nou vreemd op die ore wees….
  • En ek gaan nie al die simboliek van die hoofstuk 5 kan uitle nie….
  • Die rede is omdat Openbaring ons vanoggend help om ‘n globale prentjie te kry oor die werklike betekenis van die oorwinning van Jesus
  • U moet verstaan dat Openbaring vertel vir ons van die groter prentjie (“The bigger picture”)
  • Dit vertel ‘n verhaal
  • In hierdie verhaal is daar verskillende karakters
  • Hierdie karakters se eienskappe bly dieselfde reg deur die geskiedenis van die wêreld
  • Dit begin by God in Hoofstuk 4
  • Dan lees ons van Jesus, hier in hoofstuk 5.
  • Kom ons kyk na ‘n paar betekenisse in die teks wat ons help:

# Die boekrol

Ek het altyd gedink die boekrol is dieselfde boek wat elders in Openbaring genoem word waarin die name van almal wat gered is ingeskryf is: die boek van die lewe

  • Maar hierdie boek is nie daai boek nie…
  • Hierdie boek bevat die hele geskiedenis van die wereld en hoe God sy heerskappy vestig van die begin tot die einde van die wereld.
  • Dit is God se oordeels en verlossingsvoltrekking
  • Dit is God se hele plan… van die begin tot die einde vir die hele skepping
  • Dit is sy testament… dit is Sy meesterplan met alles
  • En dit sluit die hele verhaal oop…
  • En dit is verseel… sewe keer… en niemand kan dit oopmaak nie… behalwe die Een wat waardig is…
  • Net die een wat op die regte manier waardigheid verdien het… kan dit oopmaak…
  • En die vraag is… hoe is hierdie waardigheid verdien?

 

# Die leeu en die lam

Daar is twee kontrasterende beelde in hoofstuk 5….

  • Die leeu en die lam
  • En die twee beelde vir Jesus was al in die verlede die onderwerp van menigte boeke en menigte doktorsgrade….

Die leeu is die dieselfde een as wat CS Lewis gebruik in die Narnia boeke….

  • Dit is die simbool van krag… dit is die koning van die diereryk… die sterkste dier….
  • Dit is die verbintenis met Dawid….
  • En die leeu is die een wat in die wereld se oë die simbool van oorwinning is… die een wat regeer… die koning… die wenner!
  • Maar wie maak die boek oop?
  • Die lam!
  • Die lam – die een wat opgeoffer is… die een wat geslag is… die een wie se bloed gevloei het…
  • Die lam is in die wereld se oe… die swakkeling… die verloorder… die een wat geoffer word… die minste van die diere….. die gewone….
  • Maar in God se plan… kom oorwinning nie deur die werelde se idee van oorwinning nie… maar deur die teenoorgestelde pad….
  • Die pad van opoffering….

Jesus se “leeuskap”… is verkry deur sy diensbaarheid… sy opoffering…

Dit is verdien deur God se standaarde….

  • Daarin lê die ware oorwinning

Wie kan die boek oopmaak – die hele geskiedenis van die totale wereld en skepping?

Wie kan die boek oopmaak – die een wat alles oorwin… op die Skepper se manier?

JESUS

 

# Almal en alles sal dit besef

  • En wie word geraak deur die oorwinning van die Lam?
  • Almal en alles…
  • Die totaliteit van die hele skepping, die mensdom en die diereryk….
  • ALLES EN ALMAL
  • Dit is wat al die simboliek aan die einde van die hoofstuk beteken..
  • En daar sal ‘n tyd kom wat ALMAL en ALLES dit besef….
  • En dit sal moet erken….
  • Saam met ons… die kerk… wat dit van die begin af geweet het….
  • En dit van die begin af al verstaan het…
  • Ons wag net dat die res moet bykom…

 

So ons kry in hoofstuk 5 hierdie inligting oor die storie van die wêreld:

  1. Daar is ‘n storie van die wêreld… God se plan….
  2. Dit kan net ontvou as iemand dit oopmaak
  3. Wie kan dit oopmaak
  4. Jesus
  5. Die Leeu (die krag)
  6. Die Lam (die een wat opgeoffer is)
  7. Die hele wêreld sal uiteindelik besef wie Jesus is.

 

Perspektief oor die wereld

So wat is die boodskap van die Openbaring teks?

  • Regdeur Openbaring is daar die hele tyd hierdie twee perspektief:
    • Hoe die wêreld se mense dink
    • Hoe God en die kerk dink
  • Die wereld dink jy wen deur oorlog, gevegte en mag
  • God weet jy wen deur opoffering.
  • Aanvanklik lyk dit asof Jesus verloor as Hy gekruisig word…
  • Dan staan Hy op….
  • En al glo almal nie in Sy oorwinning nie, weet die kerk en God dat Jesus klaar oorwin het.
  • En uiteindelik sal almal dit sien.

 

Wat is leer die opstanding ons?

Die opstanding van Jesus maak dit moontlik dat die storie van die wêreld in God se hande is….

God hou die storie van die wêreld in Sy hande.

Dit beteken nie daar gebeur nie slegte goed nie…

  • Maar in God se meesterplan – het Jesus se opstanding die verhaal in God se hande geplaas.

Die karakters bly dieselfde…. maak nie saak wat gebeur nie

Die Here is dieselfde.

Jesus is dieselfde

  • Die Gees is dieselfde

 

  1. Perspektief is alles
  • As dit moeilik gaan met jou… is perspektief alles.
  • Die mens kan dink jy verloor.
  • Maar vanuit God se perspektief is daar oorwinning.
  1. Oorwinning lê in opoffering
  • Dit is die groot geheim. Offer op
  • Dan sal jy die lewe behou.
  • Dit is wat die wêreld nie verstaan nie

AMEN