Hoe skryf ek in?

Neem ‘n video van jouself (sommer op jou selfoon), met of sonder begeleiding. Enige begeleiding kan gebruik word, bv. klavier- of kitaarbegeleiding, ‘n “backtrack” of sommer net “a capella”. Jy kan enige liedjie uit enige genre sing.

Tydsbeperking: 3 minute

Plaas jou video op jou eie profiel op Facebook of Instagram*, tag ons by @ligenritme en gebruik die volgende hutsmerke:
#SingDit
#LigenRitme

*Maak seker dat jou plasing ‘public’ is op Facebook en jou Instagram profiel nie privaat is nie.

Voeg jou naam en kategorie by jou inskrywing. Die aantal “likes” van jou video sal ook in berekening gebring word met die beoordeling.

Pryse

Daar word drie finaliste uit elke kategorie gekies wat op 18 Augustus 2023 by die Lig en Ritme fees die geleentheid gaan kry om op te tree waartydens die beoordeling sal plaasvind. Daar word ‘n wenner in elke kategorie aangewys wat elk ‘n prys ter waarde van R2500 by Oosthavens wen. Die algehele wenner wen ‘n prys te waarde van R15 000! Die algehele wenner kry ‘n professioneel vervaardigde enkelsnit deur Gideon Botes. (B’s & V’s geld) Hierdie is jou kans om jou bestaande sangloopbaan na ‘n volgende vlak te neem of om ‘n splinternuwe loopbaan te begin deur jou eerste enkelsnit vry te stel!

Die beoordelaars

Leon Gropp

Gideon Botes

Arno Jordaan

Sluitingsdatum: Vrydag 4 Augustus 2023

Finaliste word Dinsdag 8 Augustus bekend gemaak.

Spesifieke Voorwaardes

• Terme en voorwaardes geld vir al die pryse en sal duidelik aan die wenners gekommunikeer word
• Die beoordeling van die beoordelaars is finaal
• Die kategorie-wenners moet beskikbaar wees om op 18 Augustus 2023 by die NG Tygerpoort se Lig en Ritme Fees op te tree (16:00 – 19:00) Indien jy nie beskikbaar is op hierdie dag nie, verbeur jy die geleentheid en sal ‘n ander kategoriewenner aangewys word om deur te gaan na die finale beoordeling op 18 Augustus 2023.

Vir verdere navrae: kontak Riana by ngtyger@ngtyger.com/

Die KERK

WORD DEEL

Teken in op ons weeklikse boodskap

* indicates required
/( mm / dd )