web analytics

Sondag 1 November 2020 – Ds. Karin Steyn

02
Nov

1 November 2020

Oggenddiens

“My BURE”

Votum en seëngroet

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.” Mag jy diep bewus wees van Sy vrede vanoggend.

Preek:

1 Petrus 1:17-21

1Van Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus.

Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië. 2Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!

17Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld. 18Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. 19Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. 20Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom. 21Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.

Intro:

Ek is die laaste paar weke op ‘n reis waar ek baie nadink oor wat dit beteken om vir jou naaste lief te wees.

Elkeen van ons het al in ‘n preek gesit waar daar gesels is oor wat vir God die belangrikste is:

Matt 22: 37-39.

37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’p [p Vgl. Deut. 6:5] en met jou hele verstand. 38 Dit is die grootste en die eerste gebod. 39 En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’

Wees lief vir God.

Wees lief vir die persoon langs jou.

Die term “buurman” het in die Bybelse tye ‘n groter betekenis gehad as net die persoon wat langs jou bly.

= Jou gemeenskap

= Wie met jou paaie kruis

= Wie deur jou lewe se rippeleffek geraak word.

Vir God bly die kern dieselfde.

= Dit is vir Hom die belangrikste hoe jy ander hanteer.

Jy het die boodskap waarskynlik al voorheen gehoor.

“Cliché”

Ek dink wel dis baie moeiliker as wat ons besef.

Fisiese bure:

Dink aan jou fisiese bure.

Dis nie altyd ewe maklik nie.

Jy kan net vir ‘n kort rukkie op een vd Estates hier in ons omgewing se “whatsapp” groepies wees, en jy weet presies waarvan ek praat.

As jy na die wêreld om jou kyk, sal jy sien dat mense vergeet wie hulle buurman is.

= Haat

= Onderdrukking

= Moord

En dan die pyn waarin mense leef.

Hoe meer ek aan Jesus se woorde dink – hoe meer revolusionêr besef ek dit is presies hoe dit is!

Verduidelik die reeks:

Ons gaan vir die volgende 2 weke stilstaan op dié cliché-gedagte:

“Wees lief vir God en wees lief vir ander.”

Ons gaan in die volgende twee weke die gedagte in twee opbreek:

1) Hoe ons dink hieroor

2) Wat doen vrees aan hierdie  tipe liefde

In die volksmond:

Ons het ook sêgoed waarmee ons wil aandui dat as jy in Afrika bly, moet jy taai wees. Net as jy taai is, sal jy die misdaad en geweld oorleef, byvoorbeeld: “Afrika is nie vir sussies nie! Of die afkorting T.I.A. en daarmee bedoel ons eintlik: “this is Africa”!
Jesus begin in Mat.5:43 met die woorde: “Julle het gehoor dat daar gesê is: “Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.”

  •  Jesus verwys daarmee na die sêding wat die Jode onder mekaar sê. Daar bestaan natuurlik nie so ʼn Skrifgedeelte nie. In die volksmond het die Jode die Skrif aangepas om hulle te pas. Jesus wil hulle hiermee herinner aan die oorspronklike teks:
  • 19:18 “Jy mag nie wraak neem of ʼn grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
  •  Die Fariseërs het hierdie teks gemanipuleer. Hulle het daaruit afgelei dat hulle net diegene wat aan hulle liefde bewys, moes liefhê. Toe het hulle sommer aangeneem dat jy dié wat jou te na kom, mag haat. In die omstandighede waarin hulle hier gebly het, kon hulle nie anders as om sekere bevolkingsgroepe te haat nie. Hulle het elke dag ellende beleef: moord, verkragtings, diefstal, inbrake, beledigings, beskuldigings, korrupsie, onderdrukking, uitbuiting en erge rassistiese beledigings. Die mense was agterbaks, agteraf, hulle het mekaar beskinder en beledig… Hulle het geredeneer dat mens net in hierdie stad kon oorleef as jy vir jou regte veg. Daar was verseker mense van wie jy nie gehou het nie en wat beslis ook nie van my gehou het nie.

Liefde & Haat:

Liefde het vir hulle beteken om lojaal teenoor mekaar te wees. Liefde en lojaliteit was vir hierdie Joodse gelowiges min of meer dieselfde ding.

  •  Wat beteken die woordjie haat? Miseo in Grieks beteken: verfoei, verafsku, ʼn wilsbesluit neem om met dade te vervolg en te vergeld, ʼn wrok dra, verbittering, ʼn veroordelende gees.
  • Wat het haat in Antiochië beteken? Haat en vyandskap het vir hulle beteken om jou los te maak van die groep. Die reël vir die mense van daardie omgewing was ook dat almal wat nie van hulle groep was nie, ook hul vyande was. Aan die ander groep is jy nie lojaliteit en omgee verskuldig nie. Hulle was immers nie in die groep van my familie nie, ook nie in die groep van my bure nie, ook nie in my kultuurgroep nie. Die armes was die rykes se vyande en die rykes was die armes se vyande. Ja, en van ander kultuurgroepe praat ek nie eers nie! Hulle was buite alle groepe.

Waardevol:

As ek oor die bekende gedagte preek, gee ek ‘n ander invalshoek.

Hoe baie herinner jy jouself aan jou waarde en die waarde van ander mense.

My ouma het vir my ‘n kettinkie gegee wat ek al die jare bewaar het.

Nou dat sy nie meer by my is nie – het die waarde van die kettinkie nog meer in my lewe toegeneem.

Soos wat ek hier staan, is ek dieper bewus van hoeveel waarde dit wat in my hand is, vir my het.

Ons besef nogal hoeveel waarde iets het met wat ons bereid is om daarvoor te betaal (prys te gee).

Ek dink Covid het op baie maniere die idee van “waarde” vir ons kom verander.

Petrus verwoord dit so mooi in 1 Pet 1 met die interressante beeld.

Redeemed = vrygekoop = ‘Terug koop’ dis die betekenis vd woord in die teks.

Ons word gevange geneem deur die leë manier waarop ons deur die lewe gaan.

Deur die verwronge waarde wat ons aan sekere goed gee.

Dit gee nie vir ons terug wat dit belowe nie.

Dit los ons leeg.

= God koop ons terug uit hierdie leefstyl uit.

Nou sit jy dalk in die oomblik en wonder: “Wat is my prys?”….

Dis presies waaroor Petrus praat.

  • Jy is nie met goud & silwer gekoop nie.
  • Jy is gekoop deur die bloed van Christus.
  • Jy het nie ‘n idee hoe waardevol jy is nie.

Hier is die AHA-oomblik:

Dit is waar van jou.

Maar dit is ook waar van die persoon langs jou.

“Everyone is someone.”

Ander se waarde:

Ons hoef nie te wonder oor ander se waarde nie.

Ons hoef dit ie uit te redeneer nie.

Dis klaar bepaal.

As jy iets van groot waarde vashou – hanteer jy dit versigtig.

Is daar net te veel van ons, dat ons nie die waarde en wonder wat daar in ons vasgevang is meer kan raaksien nie?

Everyone is someone = Die gedagte verander alles.

Ek mag nie ‘n ander “pricetag” aan iemand hang nie.

Ek mag jou dalk nie verstaan nie – maar ek moet jou waarde steeds raaksien.

Dis die gedagte wat enige vorm van mishandeling, verkleinering en haat van mense onverstaanbaar maak.

Ek is geen ekspert nie, maar ek wonder of hierdie nie die enkele ding is wat deur al ons grense kom breek het in ons land nie.

As jy ‘n Christusvolger is, is die gedagte nie net’n  mooi etiese konsep nie – nee, dis ‘n vereiste (‘n gebod) van God af.

Hoe verstaan ons liefde:

Wat moet ons onder liefde verstaan?

Die oorspronklike Grieks het drie woorde vir drie soorte liefde.

Filos – is gerig op familie en vriende. Hierdie liefde beteken “ek hou van jou, ek kuier graag by jou, ek doen graag dinge saam met jou soos braai, fliek, vakansie hou.”

Eros – het te doen met uiterlike aantrekkingskrag. Hierdie liefde sê “jy is vir my mooi, ek wil aan jou raak.” Dit is die liefde wat maak dat ‘n seun en dogter, of man en vrou begin uitgaan en trou en ‘n fisiese verhouding met mekaar het.

Agapé – het te doen met selfopoffering. Hierdie liefde sê “daar is so ‘n sterk geestelike band tussen my en jou, dat ek enigiets vir jou sal doen wat die Here van my vra, al kos dit my ook baie opoffering.

Watter woord staan in die Griekse weergawe van

Rom.13:8

“8 Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit.”

God het al drie hierdie soorte liefde gemaak en aan ons gegee. Elkeen is goed en reg op die regte plek en die regte tyd.  Maar die eintlike liefde, die belangrikste is hierdie derde soort liefde. Wanneer Paulus aan die Korintiërs skryf “nou bly geloof, hoop, liefde. Maar die grootste hiervan is die liefde” (1 Kor.13:13), dan gebruik hy hierdie derde woord: agapé – selfopofferende liefde.

Slot:

Toe ek klein was, was my gunsteling ding om in ‘n winkel te doen daardie pricetag masjientjie.

Ek wou met die masjientjie sien wat iets kos – of my ma dit wou koop of nie.

Die herinnering laat my altyd dink dat ons as Christene ‘n prys en waarde aan goed gee.

As daar ‘n issue is = gee jy ‘n waarde daaraan.

As daar konflik is = gee jy ‘n waarde daaraan.

As daar kultuur verskille is = gee jy ‘n waarde daaraan.

Kyk na die oulike videoclip “Life” – A silent,smart & simple Short film.

Ek dink dis die tipe buurmanne en -vrouens wat ons moet word.

Liefde moet ons kenmerk wees.

As ons dit regkry, kan ons ander dalk beïnvloed om op dieselfde manier waarde om hulle te begin raaksien.

Want dit is hoe jy reageer as agterkom jy is in die teenwoordigheid van “onskatbare waarde”.

ʼn Mens wat onvoorwaardelik kan liefhê, is ʼn vry mens.

Want haat:

  •  verblind jou
  •  vernietig jou
  •  steel jou vreugde

Terwyl liefde:

  •  van jou ʼn mooi mens maak
  •  die vrees buitentoe dryf
  •  vir jou vrede gee.

Slotvrae om oor te dink:

1) Waar moet jy waarde gaan byvoeg?

2) Wat sien jy om jou raak – wat jou hierdie gebod wil laat breek?

3) Wie dink jy moet jou die waarheid hoor verklaar – almal is ‘n iemand. Dalk jou kinders, ‘n vriend, iemand met wie jy in dialoog is?

Dis hoekom dit vir my die grootste voorreg is om in ‘n gemeente te werk waar ons sê ALMAL is welkom.

– ons lyk dalk verskillend

– ons voel dalk verskillend oor sekere sake.

– ons stem dalk verskillend.

Maar ons staan in hierdie een waarheid saam:

“Everyone is someone.”

Karl Menninger het gesê:

“Liefde genees mense – die wat dit ontvang, maar veral die wat dit onvoorwaardelik gee.”

Ons sluit af met: Praat ek mense, eng’letale maar dis nie uit liefde nie …

AMEN