web analytics

Sondag 10 Mei 2020

10
Mei

Die reeks

Hanna se gebed

  • Wouter het twee weke terug begin met ons reeks oor gebed
  • Wouter het gedeel oor 1 Sam 1 – Hanna se gebed
  • Hou sy gebid het en niks verander het nie, maar berusting geving het.
  • Dit is die punt van gebed – dit gaan nie altyd daaroor om jou sin te kry nie, maar om jou siel uit te sorteer en in lyn met God te kom.

Samuel en Eli

  • Saam met ‘n paar lidmate gesels oor:
  • Hoe dink jy oor gebed?
  • Het jy al ooit hulp nodig gehad om die Here se stem te hoor?
  • Wat is tans jou roeping?

Vanoggend gesels ons oor die Onse Vader

  • In ‘n reeks oor gebed kan ons nie anders as om oor die Onse Vader te praat nie.
  • Dit is ons basis gebed.
  • Dit is vir ons ‘n gebed wat baie betekenis dra.
  • Die Onse Vader is waarskynlik meer bekend in die geskiedenis van die wereld as wat ‘n mens besef.
  • Dink daaroor – kan jy dink hoeveel mense op hierdie planeet ken die Onse Vader, het dit al gebid, het dit al gehoor, het dit al gesing….?
  • Self mense wat nie eers gelowiges is nie…
  • Die Onse Vader is waarskynlik al in soveel verskillende kontekste..
    • Langs ‘n siekbed
    • In ‘n hospitale
    • In liturgieë van letterlike alle denominasies
    • Deur lande, regerings… seremonies….
    • Deur kinders, ou mense, vroue… siekes
    • In konsentrasiekampe en in die rykste paleise….
    • In vrede en in oorloë….

En ek wil vir jou sê, op hierdie oomblik in ons wêreld dra die Onse Vader ‘n besonderse betekenis

  • Dit word gebid op baie plekke.
  • En vir verskillende redes:
    • Siekte
    • As jy moeg is om te werk
    • As jy nie meer weet wat om te bid nie
    • As jy bekommerd is oor jou finansies, die ekonomie
    • As jy moeilike besluite moet neem

Dit beteken vir almal van ons iets besonders.

  • Ek het ‘n paar van ons kerkraadslede gevra om met ons te deel: Wat beteken die Onse Vader vir hulle persoonlik.

Video van kerkraadslede: Wat beteken die Onse Vader vir my?

Twee geheime

Daar is soveel om oor die Onse Vader te sê.

  • Ons kan deur elkeen van die ses bedes gesels
  • Ons kan oor die konteks waarbinne Jesus oor gebed praat gesels
  • Ons kan fokus op die dissipels / die gehoor
  • Ons kan praat oor die opmerkings wat Jesus oor gebed maak
  • Daar is baie al gese, ek het laas jaar ook oor die Onse Vader gepreek.

Ek wil vanoggend met jou op ‘n persoonlike vlak iets deel.

  • As ek dit moet opsom in die konteks waarbinne ons vandag is, binne die pandemie, is daar vir my twee geheime, twee diamante, twee geskenke, twee spesiale boodskappe om oor te praat.

Die eerste geheim

‘n HUIS

  • Die bekende NT teoloog T. Wright sê die Onse Vader is soos ‘n huis…..
  • Die is ‘n huis waarin jy moet tuis kom
  • ‘n Huis waarin jy moet bly en moet word….

Identiteit is waarskynlik waarin jy jouself moet tuismaak…

  • Die huis is jou hemelse pa se huis.
  • En jy moet daar binne woon…
  • Jy moet jouself daarbinne tuismaak…
  • En dit is die moeilikste deel van die Onse vader… maar ook die geheim

 Die Familie in die konteks

  • Wanneer jy in daardie dae gedink het aan ‘n gesin….
  • Pa het die kultuur gegee..
  • Pa het die norme, die waardes van die gesin verbeeld…
  • Geen kind sou doen ander as wat die pa sou doen nie
  • Sodra ‘n kind buite die gesin se waardes beweeg – was dit nie meer die kind van die pa nie…
  • Dit was ondenkbaar….
    • As Pa mense vergewe… sal die kinders mense vergewe….
    • As Pa barmhartig is… sal die kinders barmhartig wees…
    • As die kinders gasvry was…. kon jy maar weet die pa is ook gasvry….
    • As die kinders nie lieg nie… kon jy maar weet die pa lieg ook nie…
  • Een in dieselfde…. pa en kinders….
  • Ondenkbaar dat dit anders sou wees..
  • Kleiner kinders sal natuurlik nog leer om soos Pa te leef…. en as hulle foute maak… sal hulle weer reggehelp word…
  • Maar as hulle groot word… dan sal hulle die familie se kultuur leef….

“Vergewe ons soos ons ook die vergewe wat teenoor ons oortree…”

“laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. “

So wat gaan op die oomblik binne in jou aan?

  • Hoe voel jy? Wat gebeur met jou?
  • Onsekerheid / Bekommernis?
  • Frustrasie?
  • Moeg gewerk
  • Kwaad / Onsteld / Frustreerd met die besluite van die regering
  • Loop die gevaar om dat alles oor jou gaan
  • Al hierdie emosies speel uit in verhoudinge
  • “Ek weet nie meer wat om te bid nie”

Dit is juis nou wat jy jouself in die Here se “huis” moet tuismaak:

  • Bid die Onse Vader
  • Laat U naam geheilig word…. nie myne nie
  • Laat U koninkryk kom… .nie iemand anders sin nie
  • Laat U wil geskied…. nie myne nie
  • Gee my my daaglikse brood….. vandag se brood
  • Vergewe my
  • Laat my nie in versoeking kom nie

Ons is in moeilike tye

Nog moeiliker tye is oppad

Word tuis in die Onse Vader huis

Die tweede geheim

Het jy agtergekom dat daar op die oomblik ‘n solidariteit tussen die gewone mense is wat daar lanklaas was?

  • Wouter skryf ook in die week daaroor – as jy gaan draf of oefen, hoe mense mekaar groet
  • Die stories van hoe mense mekaar ondersteun
  • Die hulpverlening
  • Die bekommernis oor ander

Verdeeldheid in die kerk is stil

  • Skielik is al die gewone verdelende gesprekke weg.
  • Vir maande in die kerk was daar ‘n gay-debat.
  • Daar was sprake van skeuring in die kerk
  • Vandat die inperking begin het is dit weg.
  • Al stories wat ek nou hoor is óf hoe moeilik dit gaan met die of daai gemeente / óf stories van hoe gemeente oorleef, innoveer en mense help.
  • Die CMR wat die grootste geraak sou word deur ‘n kerkskeuring is nou die kerk se voorlinie soldate – waaroor almal trots is.

Daar is ‘n baie belangrike geheim in die Onse Vader:

  • Dit is in die eerste persoon – meervoud geskryf

As an old friend of mine, Elaine St. Johns, once wrote,

There is no way to pray this prayer for one person or one family alone. The minute I consciously addressed “Our Father,” I was including my family, friends, strangers, enemies. I was praying for them as well. I realized the universal intent of Christ when he gave the prayer to us. When we pray, “Thy kingdom come, thy will be done,” we make supplication not only for our own known and unknown needs but also for the needs of his children everywhere.

Hierdie aanhaling het my hierdie week baie laat dink

  • Kom ons wees maar eerlik – meeste van die tyd as ek bid, dan is die prentjie in my kop – EK
  • Selfs as ek die Onse Vader bid….. dan sien ek myself as deel van die “ons” wat met die Here praat.
  • Maar hierdie week het begin dink, maar dink vir ‘n oomblik aan al die mense op hierdie planeet wat God nodig het….
  • En as ek bid, bid ek nie oor myself alleen nie, ek bid namens die Ons.
  • Hulle is in my kop as ek bid.

Nou is die tyd om te fokus op die “ons”.

  • Nou is die boodskap van die Onse Vader, nie ‘n gebed wat verdeeldheid saai nie, maar ‘n gebed wat ons leer dat dit nie oor “MY” gaan nie, maar oor die “ONS”
  • En hierdie “Ons” is baie groter as wat ons dikwels wil besef.
  • As jy met hierdie “ons” in gedagte bid…. dan kry ek die idee…. die “ons” het dit nog nie reggekry om lekker in hierdie “huis” te bly nie…
  • So ons bid… “laat U naam geheilig word” wat die “ons” vergeet dit soms.
  • So ons bid…. “laat U koninkryk kom” wat “ons” bring dit nie altyd nie.

Dana Snyman

  • Dana Snyman skryf in die nuutste Kerkbode oor John Mgaga wat voor die OK op Saldanha vir hom wag om een van sy gereedskapstukke te verkoop. Hy is ‘n nutsman en daar is nie vir hom werk meer nie
  • Hy vertel van Michael Jantjies wat aan hom ‘n vinknes wou verkoop. Hy slaap in ‘n sloot en het die vinknes uit ‘n boom gaan haal en gesê dat as jy die vinknes koop sal die vinke kom en mooi vir jou sing in die oggend.
  • Dana luister in sy kar na die Onse Vader terwyl al hierdie mense sien.

Dana Snyman se aanhaling in die Kerkbode

Ek glo nie ek het al ooit na die Onse Vader buite ’n kerkgebou geluister nie. Nou ry ek baie oggende deur Saldanha se vreemde strate en luister hoe Engelette die Onse Vader in die NG Elarduspark in Pretoria speel. Ek kyk na John Mgaga en Michael Jantjes met sy vinknes op die sypaadjie, en na die rye mense by die kliniek agter Spar, terwyl daardie magtige klanke in my bakkie weerklink, en dan voel dit vir my of die hele wêreld skielik ’n kerk is, en dis mooi en goed so.

Jy bid hierdie gebed namens baie, baie mense op hierdie oomblik.

Jy bid namens:

  • Siekes
  • Mense soos John Mgaga en Michale Jantjies.
  • Werkers
  • Werkgewers
  • Dokters
  • Armes
  • Mense regoor die wereld

Slot

Wat gebeur met jou as jy die “huis” van die Onse Vader begin bly?

Wat gebeur as jy dit namens die “ons” begin bid en die perspektief skielik wyer as jouself is?

  • Daar moet werk gedoen word.
  • Op die voorblad van ons nuwe koerant, HOOGTYD, skryf Barnand Beukman ‘n mooi artikel: Die Nuwe Normaal: Gesoek – mense wat dit kan skep en rigting gee
  • Dit is tyd vir verandering
  • Ek dink nie dinge kan so aangaan soos voorheen nie
  • Hierdie kan ‘n oomblik wees vir ons die kerk, om die koninkryk te laat kom.
  • Om die Here se wil te laat geskied.

En ek glo dit is nou die tyd vir innovasie, vernuwing, kreatiwiteit, skepping, leierskap

  • En jy wat die ONSE VADER bid…. moet begin om hoop te bring deur iets te doen.
  • Iets positief
  • Help iemand, skep iets, neem leiding, bring hulp, begin iets nuuts… wees kreatief
  • Moenie jou energie in die negatiewe, die verdagmakery en die verdeeldheid insit nei.
  • Sit jou energie in die “ONS” in.

“en dan voel dit vir my of die hele wêreld skielik ’n kerk is, en dis mooi en goed so.”

AMEN