27 September 2020 – Ds. Karin Steyn

27
Sep

[embedyt] https://www.youtube.com/watch?v=d-xLrj_2two[/embedyt]

27 September 2020

‘God se stem’

Seëngroet & Votum

Joh. 1:4,5

“In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.”

Die mens het mikroskopiese haartjies in ons ore wat beweeg wanneer daar klank is.

Soos ons ouer word, is daardie haartjies al minder sensitief en sukkel ons om te hoor.

Bo 25 jaar oud, sukkel ons om die hoogste noot op ‘n klavier te hoor.

Musquito tone is ontwikkel met geluide so hoog dat ouer mense dit glad nie kan hoor nie.

 

Ek glo ons het ook geloofshaartjies.

En ons sukkel om God te hoor.

Teks: 1 Sam 3:1- 19

1Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie. 2Eli se oë het al swak begin word, hy kon nie meer goed sien nie. Vroeg een môre het Eli nog op sy slaapplek gelê, 3en die lamp van God het nog helder gebrand. Samuel het ook nog gelê in die tempel van die Here waar die ark van God was, 4en toe roep die Here na Samuel.

Samuel het geantwoord: “Ek kom!”

5Hy het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.”

Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.”

En Samuel het gaan lê.

6Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.”

Toe sê Eli: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.”

7Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie. 8Die Here het Samuel toe ‘n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.”

Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het, 9en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister!”

Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê.

10Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!”

En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!”

11Die Here sê toe vir Samuel: “Ek gaan ‘n ding in Israel doen wat elkeen wat daarvan hoor, se twee ore sal laat tuit. 12Op daardie dag sal Ek vir Eli alles voltrek wat Ek oor sy familie aangekondig het, van begin tot end. 13Ek het aan hom bekend gemaak dat Ek sy familie vir altyd gaan straf oor die ongeregtigheid waarvan hy geweet het. Ja, toe sy seuns die vloek oor hulle gebring het, het hy hulle nie bestraf nie. 14Daarom bevestig Ek met ‘n eed aangaande die familie van Eli: die ongeregtigheid van Eli se familie sal sekerlik nooit deur diereoffer of graanoffer versoen word nie.”

15Daarna het Samuel gaan lê tot die oggend, en toe die deure van die huis van die Here oopgemaak. Hy was bang om die openbaring aan Eli te gaan vertel. 16Maar Eli het vir Samuel geroep en gesê: “Samuel, my seun!”

Hy het gesê: “Ek kom!”

17Eli sê toe: “Wat het die Here met jou gepraat? Moenie iets vir my wegsteek nie. God sal jou met die dood straf as jy iets van wat Hy aan jou bekend gemaak het, vir my wegsteek.”

18Toe vertel Samuel hom alles; hy het niks weggesteek nie.

En Eli het gesê: “Hy is die Here, laat Hom doen soos Hy wil.”

19Samuel het grootgeword. Die Here was by hom en het nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat nie.

Intro:

Willem Nicol gee in sy boek “Ingestel op die fluistering van God” ‘n hele klompie voorbeelde van mense wat na hom toe gekom het vir geloofsonderskeiding. Ek wil graag na ‘n paar verhale verwys en ek haal Willem sommer direk uit sy boek aan:

“’n Charismatiese persoon kom na my toe. Dit is vir hom uiters belangrik om elke week sy vreugde oor God intens te beleef, veral in lofprysing. Wanneer ons egter oor sy lewe begin praat, kry ek die gevoel dat God glad nie daarin is nie. Toe hy van ‘n moeilike praktiese situasie vertel, vra ek waar God ingepas het. Hy ontwyk die vraag. Ek vra weer. Hy ontwyk weer. Ek vra weer en dan erken hy: ‘Ek kan hoogstens sê dat ek glo God sal my help hiermee, maar eintlik is Hy nie vir my ín hierdie situasie nie.’ Ons gebruik hierdie erkenning as ‘n deur waardeur ons dieper in sy lewe ingaan en daarin rondkyk. Ons vind dat sy bepalende voorstelling van God anders is as wat hy gedink het. Vir hom is God eintlik buite die gewone, alledaagse werklikheid.  Hy voel hy moet self regkom. God is vir hom ver en vaag en hy het’n sterk lofprysing nodig om nader aan God te voel.”

Het jy die Here al hoor praat?
Dink jy Hy praat vandag nog met mense?
Waar sal dit gebeur?
Praat Hy dalk net met predikante en grootmense?

Glo jy die Here sal met jou praat?

= Hoe sal jy sy stem herken?

Hierdie is moeilike vrae.

Ons almal was dalk al iewers ongemaklik met die tipe gesprek.

Verskillende gelowiges gebruik ook verskillende taal om oor die Here se teenwoordigheid te praat.

“Never put a full stop where God put a comma: God is still speaking.”

Hoe ontsagwekkend is dit nie om te dink dat die Almagtige God, die Skepper van hemel en aarde met ons wil kommunikeer, wil praat nie? En tóg is dit wat ons glo! Die Bybel vertel vir ons baie verhale van hoe God deur die eeue met sy mense gepraat het.

Bly altyd so treffend hoe God verskil van ander gode.(verhouding met die mens)

1 Samuel 3:1-10

Samuel was weg van sy ouerhuis af. Onthou hoe sy ma hom van die Here afgebid het toe sy lank kinderloos was, en hoe ongelooflik bly sy was oor klein Samuel. En hoe sy hom as baie klein seuntjie (die kommentare praat van nie baie ouer as drie jaar nie) by die tempel afgegee het.

Samuel was maar tussen 10 en 12 jaar oud – “pre-tiener”. Die mense van daardie tyd het vir baie lank nie van die Here gehoor nie en as die Here uiteindelik weer met iemand praat, kies Hy nie die ou, ervare profeet, Eli, of sy seuns nie. Hy kies om met ‘n jong seun te praat.

Eli was oud en half-blind en Samuel het meeste van sy priesterlike take oorgeneem. Die priester moes sorg dat die heilige lampe nooit uitgaan nie, en Eli se oplossing was om Samuel in die tempel te laat slaap, Hy moes die lampe oppas, en die ander heilige voorwerpe soos die ark, waar die Here Homself vroeër openbaar het. Maar wat, dit was so lank terug dat Eli nie lus was om self daar te wag nie. Voordat Samuel die stem hoor roep het, was alles doodstil. Die lamp het nog gebrand. Daardie lamp het snags in die tempel gebrand en is eers soggens as dit begin lig word het, doodgeblaas.

Samuel het eers gedink dit is Eli wat hom roep. Dit was ook eers teen die derde keer dat Eli besef het dat dit dalk die Here is wat vir Samuel roep en dat dit nie maar ‘n droom is of iets is wat hy hom verbeel nie. Samuel was seker verbaas dat God hom op sy naam geroep het. Ons het gelees dat Samuel op daardie stadium nog nie die Here geken het nie, maar die Here het hom OP SY NAAM geken!

Wat het Samuel gedoen nadat Eli vir hom raad gegee het? Hy het vir die Here geantwoord: “Praat… luister” (:10)
En nadat hy die boodskap van die Here ontvang het, het hy dit netso aan Eli oorgedra. Dit was nie goeie nuus nie en dit was sekerlik nie vir hom maklik en aangenaam om die opdrag van die Here uit te voer nie, maar hy was getrou. Samuel het die stem van die Here gehoor en gehoorsaam en het ‘n belangrike leier vir die volk geword.

Eli het in sy bediening horende doof en siende blind geword. Die minagting van sy kinders vir God is deur hom oorgesien en die ongeregtigheid waarvan hy gehoor het, het geen aksie by hom ontlok nie

Samuel dien van kleinsaf die Here, maar hoor hier die eerste keer die stem van die Here. Ten spyte van die vrees wat die eerste woorde by hom ontlok, vertel hy vir Eli wat God gesê het.

Wat uitstaan in die verhaal:

Kenmerk 1:     Die eerste prentjie: Samuel rus

Die bekende psigoanalis, Carl Jung het gesê: “Haastigheid is nie van die duiwel nie; dit ís die duiwel!” Haastigheid is nie goed vir ons diepste menswees nie. Haastigheid is vernietigend. Dit verskeur en verdeel ons. Dit vervreem ons van die diepste kern van ons bestaan – daardie diepste plekkie in ons waar ons in ons diepste self is en in God rus. Augustinus het lank gelede reeds gesê: “My siel bly onrustig totdat ek tot rus kom in U.” Op ‘n manier is rus en stilte nodig vir ons om die stem van die Here te hoor.

Samuel het geslaap. Hy was rustig. En daarom was hy oop en ontvanklik om die stem van die Here te hoor. Die Bybel vertel vir ons op soveel maniere dat God die inisiatief neem om met ons te praat; maar indien ons nie bewus is van wat in ons en om ons aan die gang is nie, gaan ons sy lewende stem nie hoor nie.

Kenmerk 2:     Samuel gee aandag en stel homself teenwoordig

In gereformeerde kringe sing ons graag die lied, “God is hier teenwoordig” omdat ons glo dat die Here oral teenwoordig is en in die besonder waar gelowiges in sy Naam vergader. Die vraag is dus nie in die eerste plek of God teenwoordig is al dan nie. Die vraag is veel eerder: Is ek teenwoordig? Is ons teenwoordig? Of is ons só gejaagd dat ons nie eens in die oomblikke van ons bestaan, in die hier en die nou van ons lewens, teenwoordig is nie?

Samuel se ontmoeting met die Here wys dat hierdie teenwoordig-wees ‘n tweede kenmerk is van dié soort openheid wat nodig is om die Here se stem te hoor. So, al rus Samuel, al slaap hy, was hy teenwoordig, bewus en oop genoeg om ‘n stem te hoor en om drie keer na Eli te gaan en te sê “Hier is ek, want u het my geroep” (verse 5, 6, 8). Kan ek en jy met ons hele wese sê: “Hier is ek?”

Kenmerk 3:     Samuel het begeleiding nodig: Eli

Samuel word drie keer deur die Here geroep, sonder dat hy verstaan wat met hom gebeur. Dit is die ervare priester Eli wat vir Samuel begelei om die stem van die Here te onderskei. Die aanhoor van God se stem is nooit vanselfsprekend of voor-die-handliggend nie. Dit moet onderskei word. Soms word daar van geloofsonderskeiding gepraat. Om die Here se stem in ons lewens te hoor, is ‘n proses van geloofsonderskeiding. Dit bly ‘n lewenslange leerproses en ons kan onsself baie gelukkig ag indien ons mense soos Eli het wat ons daarmee kan help.

Kenmerk 4:     Samuel ontwikkel ‘n lewensingesteldheid van luister / geloofsonderskeiding

Uiteindelik bid Samuel ‘n kort gebed wat ‘n lewensingesteldheid van luister en geloofsonderskeiding verwoord, “Praat Here, u dienaar luister!” (vers 10). Hierdie eenvoudige gebed mag nooit vlak gekyk word nie! Wanneer dit opreg en met ‘n oop gemoed gebid word, word geloofsonderskeiding in ons gekultiveer, word ‘n luisterende lewenshouding in ons gevorm, word ‘n lewe van diep afhanklikheid van die Here in ons ontwikkel.

God se stem in ons mense

Gelukkig kon Eli hom reghelp en te weet dis die Here wat praat.
Die Here gee vir ons ook mense om ons te help om te weet wanneer Hy met ons praat en om sy woorde te verstaan. Daar is bv ons ouers/ oupa en ouma, meneer/juffrou by die skool of kategese, die dominee, ‘n afrigter, vriende.
Soms praat ons van so iemand as ‘n mentor. ‘n Mentor is iemand wat ons karakter help vorm. Dit gebeur soms onbewustelik.
Ek het iewers op hierdie treffende vers afgekom:

When You Thought I Wasn’t Looking”

When you thought I wasn’t looking, I saw you hang my first painting on the refrigerator, and I wanted to paint another one.
When you thought I wasn’t looking, I saw you feed a stray cat, and I thought it was good to be kind to animals.

When you thought I wasn’t looking, I saw you make my favorite cake just for me,
and I knew that little things are special things.
When you thought I wasn’t looking, I heard you say a prayer, and I believed there
is a God I could always talk to.

When you thought I wasn’t looking, I felt you kiss me goodnight, and I felt loved.
When you thought I wasn’t looking, I saw tears come from your eyes, and I learned that sometimes things hurt, but it’s all right to cry.

When you thought I wasn’t looking, I saw that you cared, and I wanted to be everything that I could be.
When you thought I wasn’t looking, I looked . . . and I wanted to say thanks for all the things I saw when you thought I wasn’t looking.

Slot:

Willem Nicol praat van “Die Groot Skuif.” Wanneer ons oop leef vir en voor God, van binne uit, dan vind “Die Groot Skuif” plaas. Die sentrum vir aksie skuif van my na God. My hele lewe is gerig op God, die Bron van die Lewe: Die Een wat oral en altyd aktief, lewend en liefdevol teenwoordig is.

Amen