web analytics

Sondag 3 Mei 2020

03
Mei

Hanna se gebed

  • Ons het laasweek begin met ‘n reeks oor gebed
  • Wouter het gedeel oor 1 Sam 1 – Hanna se gebed
  • Hou sy gebid het en niks verander het nie, maar berusting geving het.
  • Dit is die punt van gebed – dit gaan nie altyd daaroor om jou sin te kry nie, maar om jou siel uit te sorteer en in lyn met God te kom.

Ek gaan vanoggend se boodskap ‘n bietjie anders inrig.

Ons gaan oor gebed dink deur saam te gesels oor drie vrae.

En ek gaan dit nie alleen doen nie.

Ek het ‘n hele paar lidmate gevra om saam te gesels

Hoe dink jy oor gebed?

  • Die eerste vraag wat ons oor gesels is hoe jy oor gebed dink?
  • Watter rol speel gebed in jou lewe?
  • In watter rigting werk gebed?
  • Wat doen gebed aan jou?

Ek het ‘n paar lidmate se insette gevra:

  1. Tenita Harris
  2. Marieta Vorster

Ds Henk Calitz

  • In die week het heelparty mense die storie van Ds Henk Calitz gelees.
  • Hy was oppad hospitaal toe buite Parys toe ‘n polisie versperring hom aftrek
  • Hy is toe bang iets gaan gebeur of hulle gaan hom toesluit, want ‘n mens hoor maar stories
  • Hy vertel toe hy is ‘n Maruti
  • Hy moet uitklim vra hulle
  • Hy moes toe vir hulle bid

Nog ‘n aspek van gebed is om vir iemand anders te bid

Gebed het nie altyd net met jou toe doen nie.

Gebed is dikwels ‘n instrument in God se mense teenoor ander

Veral wanneer jy vir mense bid.

  • Ek onthou oom Sydney Winterbone in ons gemeente….
  • Hy het altyd vir mense gevra of hy vir hulle kan bid.
  • Dit het soveel vir mense beteken.

Ek besef wanneer ons oor gebed dink is dit moeilik om ook te dink dat om vir ander te bid, kan ook deel van my denkraamwerk wees.

Maar om vir ander te bid beteken dikwels vir die ander persoon meer as wat jy besef…

  1. Het jy al ooit hulp nodig gehad om die “Here se stem” te hoor in jou lewe? Het iets of iemand jou gehelp daarmee?

Ons tweede vraag bring ons by ‘n bekende verhaal in die Bybel oor iemand wat gesukkel het om die Here se stem te hoor….

Skriflesing = Isabella Rautenbach

1 Sam 3:1-10

Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie. Eli se oë het al swak begin word, hy kon nie meer goed sien nie. Vroeg een môre het Eli nog op sy slaapplek gelê, en die lamp van God het nog helder gebrand. Samuel het ook nog gelê in die tempel van die Here waar die ark van God was, en toe roep die Here na Samuel. Samuel het geantwoord: “Ek kom!” Hy het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.” En Samuel het gaan lê. Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe sê Eli: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.” Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie. Die Here het Samuel toe ’n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het, en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister!” Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê. 10 Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!” En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!”

Hoe hoor jy die Here se stem?

  • Een van die goed waarmee alle gelowiges worstel is, hoe hoor ek die Here se stem?
  • En die onderliggende aanname hier is natuurlik hoe jy dink oor wat is hierdie stem.
    • Is dit ‘n stem (soos in hierdie verhaal van Samuel)?
    • Is dit iemand (‘n boodskapper)?
    • Is dit die Bybel? (Lees ek dit reg)
    • Is dit die interpretasie van gebeure in jou lewe?
    • Is dit ‘n teken?
    • Is dit ‘n gevoel?

Dit kan natuurlik enige wees of nie een nie.

  • Die beste antwoord vir ons is natuurlik die Bybel
  • Maar selfs die Bybel kan gevaarlik geinterpreteer word
  • Baie mense het al “die Here se stem gehoor” uit die Bybel, en toe agtergekom dit is nie die Here se stem nie.
  • Die verhaal van Eli en Samuel was nog altyd vir my besonders.
  • Hier is ‘n seun wat die Here gedien het onder die mentorskap van Eli
  • In die tempel Samuel gebly
  • En dan hoor hy ‘n stem wat hom roep in die nag.
  • En elke keer sê Eli dit was nie hy nie.
  • En dan die woorde “Maar Samuel het nog nie die Here geken nie”
  • “want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie.”
  • En dan besef Eli dit is God se stem en hy help hom om God se stem te leer ken.

Twee gedagtes val my op:

  1. So Eli het die Here gedien, maar Hom nie geken nie
  • Dit is ‘n insiggewend.
  • Jy werk in die tempel en jy dien die Here… maar jy ken Hom nog nie
  • Dit klink soos godsdiens teenoor ‘n verhouding met die Here nie waar nie
  • En dan is die afleiding…. jy leer die Here se stem ken binne ‘n verhouding met Hom….
  • Ek glo, soos met Samuel, is om die Here se stem te leer ken… ‘n kuns… wat jy moet inoefen… in nederigheid….
  1. Eli het hom gehelp

Om die Here se stem te leer ken is nie so individualisties as wat jy dink nie.

  • Jy het ‘n mentor nodig… ‘n meester
  • ‘n Vriend

Dit bring my by ons vraag – is daar iemand in jou lewe wat jou moes help om die Here se stem te hoor?

Kom ons luister:

  • Hein du Plooy
  • Reinhard Munnik

In my eie lewe het ek verskeie mentors en gesprekgenote gehad..

‘n Goeie vriend van my en ek deel elke week met mekaar wat ons beleef in ons lewens….

Bemeester die fyn kuns…. saam met iemand wat jou help

  1. Wat dink jy roep die Here jou voor op die oomblik?
  • Nadat Samuel die Here se stem gehoor het, kom sy roeping in sy lewe….
  • Dit bring ons by ons laaste vraag: Wat dink jy is jou roeping op die oomblik.
  • Tenita
  • Marieta

SLOT

Moeder Theresa het ‘n roeping in ‘n roeping beleef…. In Calcutta.

Dalk het ek in jy in die middel van ‘n pandemie ook ‘n roeping in ‘n roeping.

Ek daag jou uit:

Gaan bid vir iemand

Daarom moet jy die tyd gebruik om die kuns aan te leer om die Here se stem te hoor – Doen dit in gesprek met ‘n mede gelowige

  1. Vra die Here oor jou roeping.

AMEN