30 Augustus 2020 – Ds. Karin Steyn (Hoop-reeks)

30
Aug

[embedyt] https://www.youtube.com/watch?v=LXFya1GLXoM[/embedyt]

30 Augustus 2020

Hoop vir die wêreld

Seëngroet & Votum

Johannes 1:4 – 5

“In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.”

Matteus 8

Die genesing van die offisier se slaaf

(Luk. 7:1-10; vgl. Joh. 4:43-54)

5Nadat Jesus in Kapernaum aangekom het, het ‘n offisier by Hom hulp kom vra 6en gesê: “Here, my slaaf lê by my huis verlam en verduur baie pyn.”

7En Jesus antwoord hom: “Ek sal hom kom gesond maak.”

8Maar die offisier sê: “Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. Sê maar net ‘n woord, en my slaaf sal gesond word. 9Ek is ook ‘n mens wat onder gesag staan en ek het soldate onder my. Vir een sê ek: ‘Gaan daarheen!’ en hy gaan; en vir ‘n ander: ‘Kom!’ en hy kom; en vir my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.”

10Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor, en Hy sê vir die mense wat agter Hom aan gekom het: “Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so ‘n groot geloof teëgekom nie. 11Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel. 12Maar mense vir wie die koninkryk bedoel is, sal in die diepste duisternis daarbuite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners.”

13Jesus sê toe vir die offisier: “Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur.”

En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword.

Inleiding:

Ons het vir hierdie jaar aan die einde van ons Hoop-reeks gekom. Ons is opgewonde om dié tema volgende jaar as jaartema aan te pak, veral in die omstandighede waarin ons ons tans bevind.

Vandag gaan ek stil staan by hoop soos dit in die Johannes-skool verstaan is.

Ons gaan twee tekste lees. Ek begin met die verhaal van die offisier wie se dienaar genees word.

Die 1 Johannes-brief word geskryf vir ‘n kerk wat amper in twee skeur.

Die rede daarvoor is dat mense verskillend begin praat het oor wat ware geloof is en hoe geloof werk.

Dit is ‘n debat wat vandag steeds gevoer word.

Die skrywer van die 1 Johannes-brief vertel die lesers om vas te hou aan hulle tradisie, die geskiedenis en in sy woorde sê hy hulle moet vashou aan die wat Jesus gesien en gehoor het want hulle wys die regte pad vir ons om te stap.

Vroeë Christene:

Ons leer vroeg in die kerk dat om Christen te wees, kos ons niks nie. Dit is ‘n Geskenk.

Maar as ons die evangelies oopmaak, lees ons niks van mense wat Christene geword het nie.

1ste eeu se Christene het hulself nie Christene genoem nie.

Die nie-gelowige mense het hulle so genoem.

Dit was waarskynlik neerhalend bedoel, ‘n manier van slegsê.

Dit het letterlik beteken: “die een geassosieer met Christus”

Dit het eintlik gewys op ‘n manier van lewe.

Net 3 keer in die Bybel word daar verwys na “Christene”.

1ste keer is in Handelinge 11:26

Dis dan ook nie net vir die dissipels nie, maar die groter groep volgers.

Hulle is amper gesien as ‘n groep mense wat deel is van ‘n sekte.

Mense in Antiogië wil vir hulle ‘n naam gee = Christene.

Dis maklik vir ons om vandag die “label” van “Christen” om ons te hang.

Maar ek wonder die laaste ruk dikwels of “Christen” noodwendig “volger van Jesus” beteken?!

Jesus beskryf nooit hoe om ‘n Christen te wees nie.

Tog is daar baie duidelikheid oor hoe dit lyk om Jesus Christus te volg.

Om Jesus te volg, kos ons meeste van die tyd iets.

Vir sekere mense kos dit ook meer as vir ander.

Dié vir wie dit die meeste kos, maak ook die grootste verskil in die geskiedenis.

Dit beteken om “Counter- Cultural” te wees.

Dis baie keer vir ons genoeg om net te weet maar nie om te doen nie.

In 1 Johannes was dit in die kerk ook die groot probleem.

Offisier se verhaal:

Vers 8 begin met die verhaal van die melaatse man wat genees word.

Daar is ‘n skare mense om Jesus.

Hy het klaar die bergrede gepreek waarin Hy verduidelik hoe hierdie nuwe koninkryk werk.

Dan kry ons die verhaal wat Matteus vertel.

Matteus brei nie so baie uit voor hy die verhaal vertel nie.

Maar die skare het definitief verstaan wat ‘n gelaaide oomblik dit was.

Want in 8:5 kom ‘n Romeinse offisier na Jesus toe.

Om Joodse siek mense te genees, het die skares getrek.

Maar wat in die verhaal gebeur, is iets totaal anders.

Dis nodig dat ons die historiese konteks verstaan om regtig te verstaan wat Jesus hier gedoen het.

  • 100jaar voor hierdie afspeel, het ‘n Romeinse generaal alles wat vir die Jode belangrik was, vernietig.
  • Hy wou kom kyk wie die God is wat sê Hy is oor alle ander gode.
  • Hy vat ‘n klomp Galiliërs en Judieërs as slawe vir hom.
  • C word Herodus die Grote gekroon as koning van die Jode deur die senaat. Hy laat baie rabbi’s vermoor.
  • Sy seun het Johannes die Doper laat vermoor.
  • Toe Jesus so 20 jaar oud was, word Pilatus bekend en hy bring eintlik die kruisiging na die Joodse wêreld toe.
  • Hy steel self ook geld van die tempel.
  • Pilatus is so wreed dat Rome hom op ‘n tyd terug roep.

Die punt is: vir die skare wat by Jesus staan en die wat die verhaal lees – vir hulle kan daar niks goeds uit Rome kom nie.

Daar is net te veel geskiedenis.

Ons ken mos daardie gevoel?!

Nou staan hierdie offisier wat sy posisie gekry het deur geweld, by Jesus.

Offisiere was hard. Hulle het soms hulle eie soldate doodgemaak.

Uit die geskiedenis van die verhaal en die tyd waarin dit afspeel, weet ons die offisier kom van buite Gallilea se grense.

Mense van buite het eintlik gedink die Jode is ‘n swakker ras met vreemde gebruike.

Daar was geglo hulle wou nie aanpas by die nuwe wêreld nie.

Dink aan die storie van die vrou by die put. Sy was verras dat die JOODSE man met haar praat.

Dit wys op die verhouding tussen die Jode en ander mense in die 1ste eeu.

Daar is dus ‘n gelaaide spanning in die lug as die man by Jesus staan.

Wat soek hy hier?

Die man verteenwoordig alles wat Jesus eintlik die reg op gehad het om te haat.

Was jy al met so ‘n situasie gekonfronteer?

Ons ken dit. Te veel geskiedenis.

Om goed te doen aan iemand wat my eintlik seer gemaak het.

In Lukas 6:33 sê Jesus: “As jy goed doen aan mense wat aan jou goed doen, watter waarde het dit?”

Daar is niks ongewoon daaraan nie.

Daardie tipe liefde hou ons in ons groepe – by almal wat soos ons dink.

Matteus 8:6: ‘My dienaar lei’

Die skare het seker gewonder – gee jy om oor enige iemand?

Jesus kon hier nogal persoonlik raak.

A.g.v julle is ek in ‘n stal gebore. A.g.v. julle was my ma in moeilike omstandighede.

Jesus se optrede kon hier veroorsaak dat Hy die skare se aanhang verloor.

Maar Jesus wys iets van die nuwe HOOP in God se koninkryk wat so anders lyk as wat ons dink.

‘n Nuwe manier van kyk na almal in die wêreld.

Dan kies Hy om goed te doen aan iemand wat al baie seer gebring het oor sy mense – en aan die einde ook sy kruisiging sal uitvoer.

Maar Jesus antwoord die offisier: ‘Ek sal help.’

8:8: ‘Wil jy hê ek moet kom en hom genees?’ waarop die offisier antwoord: “Ek verdien nie dat jy na my huis toe kom nie.”

Die skare het seker gevoel: Jy het heeltemal reg!

Dan antwoord die offisier: ‘Sê net die woord en dit sal so wees.’

8:13: “Gaan en glo dat dit gedoen is vir jou.

Die skare is stil.

Jesus se woorde en dade pas.

Hy verwag dat ons goed doen aan die wat nog nie (en dalk nooit nie) goed aan ons doen nie.

Hy verwag dat ons goed doen aan die wat nie soos ons lyk of soos ons leef nie.

Selfs aan mense wat nie eers van ons hou nie.

Geen wonder dis vir ons makliker om net ‘n Christen genoem te word.

Aan die einde van die offisier se verhaal het ons ‘n vraag om aan onsself te vra:

“Hoe ernstig is ons om Hoop vir die wêreld te wees?!”

Jesus-volgers bring LIG na die wêreld.

Dis nie net om te glo nie, maar ook om prakties te doen, te leef – daar waar jy nou is.

As die offisiere in ons lewens opdaag – gaan alles in ons wil opstaan teen hulle, maar as ons Jesus volg, leef ons soos mense van die Lig.

Slot:

Daar gaan nog baie oomblikke in jou lewe wees waar alles om jou regtig hopeloos lyk.

Maar dis in daardie oomblikke wat Jesus met die merke op sy hande vir jou kyk en sê: Gee jou volgende tree!

Ons moet elke nou en dan stop, na ons lewe kyk en onsself afvra: is die manier waarop ons nou leef, die prys werd wat hulle as vroeë Christene betaal het?

Want hulle het geleef of daar niks is om te vrees nie.

Nero het Christene gebrand om as ligte te dien by sy partytjies.

Claudius Gladius is ‘n 2de eeuse dokter wat by was waar baie gelowiges in die arena vir hulle geloof doodgemaak is.

Hy let een ding op.

Hy dokumenteer dit al is ons vandag nie eers seker of hy self ‘n gelowige was nie.

“For fearlessness of death and the hereafter is something I witnessed in them every day.”