6 September 2020 – Dr. Z van der Westhuizen (Wat is sonde?)

06
Sep

[embedyt] https://www.youtube.com/watch?v=WH3t5ZSXqoU[/embedyt]

6 SEPTEMBER 2020

  1. BOODSKAP – Wat is sonde?

Skriflesing – Genesis 3:1-12 (ZW)

3 Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?” 2 Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. 3 God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.” 4 Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, 5 maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”

6 Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet. 7 Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere. 8 Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin.

9 Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” 10 En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”

11 Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?” 12 Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.”

  1. BOODSKAP – Wat is sonde?

‘n Preek oor sonde?

Maak nie saak wat jy preek oor die sonde nie: jy is in die moeilikheid

  • Die dominee is ‘n sondaar
  • Die mense wat ‘n sondelysie soek om ander mense mee te veroordeel, gaan teleurgesteld wees
  • Die mense wat sonde doen en dink ek gaan sê dit is okay, gaan ook teleurgesteld wees

Ons het ‘n baie oppervlakkige sondebesef

  • En as dit kom by sonde het die kerk nie ‘n goeie geskiedenis nie. Daar was die erge sondeverdoemende preke en dan is daar die “alles is okay en jy gaan vergewe word”-preke.
  • Ons het eintlik ‘n baie oppervlakkige sondebesef:
  • sondelysies (moralisme)
  • 0ordeel
  • maak nie saak wat ek doen nie, ek sal vergewe word
  • moet net nie uitgevang word nie….
  • Of jy het machosisme of esketisisme (die ouens wat hulle so pynig as hulle vergifnis soek)

Ek wil vandag met jou oor die sonde praat

  • Die wêreld waarin ek en jy leef is al meer stukkend en ons moet vir ‘n slag nadink oor waarin lê dit
  • Ons is almal sondaars
  • Jou sonde en wat jou dryf in die lewe hou jou terug.
  • Jy is geskep om ‘n vry mens te wees

Ek vra een ding:

  • Luister vandag na hierdie preek met net een doel – om jouself te ondersoek.
  • Nie om ‘n ander te veroordeel nie.
  • Moenie ‘n sondelysie maak nie – luister en dink dieper. Dink in prinsiep oor sonde
  • Doen ernstige selfondersoek.
  • Die doel is: jy moet ‘n vry mens wees

Daar is nie ‘n beter plek om oor sonde te begin as by die begin nie.

Hierdie is ‘n verhaal wat ons so vereenvoudig het in die verlede. Ons moet dit vanoggend radikaal anders lees en radikaal anders dink oor sonde.

DIEP DINK

Die tuinverhaal

Daar is twee skeppingsverhale

  • Die eerste een is van Genesis 1:1 – 2:4a
  • Die tweede een is van Genesis 2:4b tot einde hoofstuk 3
  • Die rede is: ons het hier met ‘n doeblet te doen
  • Twee verhale oor die skepping vanuit verskillende perspektiewe
  • Ons gaan vanoggend gesels oor die tweede verhaal of die “tuinverhaal”
  • Ons doen dit aan die hand van Ferdinand Deist (die bekende teoloog en Outestamentikus) se uitleg

Die begin en einde van ons verhaal

  • Daar is ‘n opskrif in 2:4 “Die mens in die tuin”
  • Ons moet dus 2-3 as ‘n eenheid lees
  • En as ‘n narratief… (dit is baie belangrik)

In die konteks van die Ou Testament: waar pas ons verhaal in?

  • Vanaf Genesis 12 lees ons die geskiedenis van Abraham en dan sy nageslag (Adam word net een keer weer in die Ou Testament genoem)
  • Genesis 4-11 is die inleiding van die geskiedenis van Israel
  • Genesis 1-3 is die voorwoord

Waaroor gaan hierdie voorwoord?

  • Dit lig ons in oor wie en wat die mens is
  • In daardie sin is dit ‘n “filosofiese voorwoord”
  • Dit gee ‘n wye skoot tvan wat wag in die res van die geskiedenis van Israel
  • Hoe moet jy die mens verstaan?
  • Adam en Eva is plat karakters (dit gaan oor waarvoor hulle staan)
  • Wie is die mens? Hoe is die mens?
  • Daarom moet jy die verhaal lees terwyl jy oor jouself nadink – as ‘n mens

Die verhaal

  • Die verhaal begin deur die omstandighede te beskryf. Daar was die begin van die skepping, maar nog nie ‘n mens om na die skepping om te sien nie (vers 4b)
  • Dan word die mens gemaak (‘n lewende wese)
  • Dan word die bome en die tuin gemaak, die riviere
  • Dan die diere, en die res van die lewende wesens

In hierdie tuinverhaal sien ons dat dit van die begin af oor verhoudinge gaan:

  • die mens se verhouding met God
  • die mens se verhouding met die skepping (en die diere)
  • die mens se verhouding met mekaar
  • die mens se verhouding met homself
  • die mens in verhouding met sy arbeid

Dit is die eerste belangrike beginsel om raak te sien. Ons is geskep as relasionele wesens

Die mens

  • Die mooi van die verhaal (soos in Psalm 8) is dat die mens op sigself nie so belangrik is nie, maar dat sy belangrikheid in sy verhouding tot die skepping
  • Dit beteken dat die mens slegs in verhouding tot iemand anders en iets anders sinvol mens kan wees.
  • Waar mense hulself vanuit hierdie verhoudingsbestaan onttrek, word hulle “on-mens”
  • Die ander groot bedoeling van die mens kom tot uiting in sy arbeid. Met ander woorde: God het ons bedoel om hierdie skepping te bewerk. En dit is ‘n versorgende arbeid.

Die bome

  • In hoofstuk 2 lees ons van ‘n vangplek in die storie.
  • Daar is twee bome: die “boom van alle kennis” en die “boom van die lewe”
  • Kan baie lank hieroor debatteer
  • Maar as jy dit binne die narratief verstaan, gaan dit oor ‘n
  • Daar is die boom van die lewe en daar is die boom van die kennis (wat tot dood lei)
  • So is daar ‘n spanningsveld in die verhaal tussen lewe en dood
  • Die mens het ‘n keuse vir die lewe of die dood.
  • Kies jy om van die boom van die lewe te eet – bring jy lewe in die tuin in.
  • Kies jy om van die boom van die kennis te eet – bring jy dood in die tuin in.

Die voltooide mens

  • Dan skep die Here die “ander helfte” van die mens
  • So begin die verhaal met ‘n “halwe mens” – Adam en eindig met ‘n ander helfte “Eva”.
  • Die mens is ‘n verhoudingswese.
  • Die mens is “voltooid” wanneer die mens in al hierdie verhoudinge ‘n bewaker van die lewe is.
  • Die eerste deel van die verhaal eindig met die “voltooide mens” in die paradys, “kaal en nie skaam nie” – in harmonie in hierdie verhoudinge.

Skriflesing – Genesis 3: 1-12

Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?” Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.” Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”

Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet. Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere. Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin.

Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” 10 En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”

11 Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?” 12 Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.”

Die gebrokenheid

Ons het hierdie wonderlike narratief van die skepping van die mens.

  • Daar is ‘n spesifieke plek vir die mens in verhoudings.
  • Daar is ‘n voltooidheid
  • Harmonie
  • Gesondheid

Die versoeking

  • Dan kom die versoeking.
  • Die slang in die verhaal (wat ‘n hele ander gesprek is….) kom met die versoeking om “soos God te word.”
  • God is die een wat lewe kan skep en gee; wat nie afhanklik is van ander om te kan lewe nie (soos die mens)
  • So kom die slang en laat Eva dink sy kan bo haar eie mens-wees uitstyg en God word.
  • Lewe gee.

Die sterwende mens

  • Dan eet hulle van die vrug
  • En wat gebeur?
  • Al die verhoudinge word deurgesny:
    • Skielik kruip hulle weg vir die Here
    • Skielik is daar blamering en verwyt
    • Daar is skaamte
    • Daar is vrees
    • Daar is skielik ondergeskiktheid tussen man en vrou
    • Daar is pyn
    • Daar is seerkry
    • Daar is moeite aan die arbeid

Hier sien ons die verhaal se tema: lewe en dood

  • Aan die begin was daar werklike lewe.
  • Toe maak die mens die keuse vir die dood (omrede hulle soos God wou wees)
  • Hierdie het die mens in sy binneste eintlik gesterf.
  • Die lewe is weg.
  • God het hulle gewaarsku hulle gaan sterwe – en hulle het.
  • Hulle het nie ophou asemhaal nie. Hulle het opgehou om in harmonie te leef
  • En die mooi van die skepping is weg.

Daarin moet jy die prinsipiële definisie van sonde verstaan – gebrokenheid 

  • Genesis 1-3 wil vir ons sê: so is ons regtig relasioneel gemaak.
  • Ons het die behoefte aan ander:
    • Ander en Ander.
    • Mense en God.
    • Medemense en God as Meer-as-mens.
    • ‘n Gemeenskap.
    • Iemand wat ons regtig kan help, regtig kan terugpraat.
    • Saam met ons kan dink, kan voel, kan speel, werk, lag, die lewe in God se wêreld kan geniet.
    • Iemand vir wie ons kan liefhê en iemand deur wie ons liefde ontvang.
    • Ons eie skeppings, kunswerke, handewerk, kan net dien om ons in ons soeke na ‘n regte mens van dierlikheid en kranksinnigheid te bewaar.
    • Ons lewe word behou, sinvol, deur mense.
    • Daardie spesiale mens, waarvan ek op die ou end kan sê: God het ons vir mekaar gemaak.
  • Maar Genesis 1-3 vertel dat al hierdie verhoudings met ander en die Gans Andere die een na die ander stukkend geraak het.
  • Enige iets wat stukkend maak tussen jou en ander, tussen jou en God – dit is sonde.
  • Gebrokenheid

Wanneer jy prinsipieel daaroor dink, dan verstaan jy dat God se wil so uitspeel deur die res van die Bybel:

  • Die tien gebooie is ‘n relasionele wil van God.
  • Dit gaan oor die harmonie tussen ek en God, en ek en my medemens.
  • Hoekom het die Here gebooie / wette / riglyne / beginsels daar gestel? Ter wille daarvan dat jy nie seerkry nie.
  • Want God se hart is heling en harmonie.
  • Jesus se opsomming van die hele wet is verhoudings.

Die geskiedenis van sonde

‘n Diepte perspektief op sonde:

  1. Relasioneel
  • Is gholf per se sonde? Nee
  • As jy gholf speel en dit begin jou hele lewe oorneem en jy kom nie by jou gesin uit nie, dan raak gholf sonde. Want dit veroorsaak gebroke verhoudinge.
  • Is alkohol per se sonde? Nee
  • As jy alkohol so begin gebruik dat dit gebrokenheid bring in jou verhouding met ander, jou verhouding met jou kinders, jou verhouding met jouself, jou arbeid, dan is dit sonde.
  • Is liefde per se sonde? Nee
  • As jou liefde begin oorgaan in oordadigheid, vraatsug en selfs magsmisbruik om plesier te kry – Ja.

Sonde moet jy binne ‘n verhoudingsbegrip verstaan en nie as items op die lysie nie

  • dan is jy net met ‘n oppervlakkige moralisme besig – soos die Fariseërs.
  • Dit ontken die radikaliteit van verhouding tot God, natuur, ander en jouself
  • Onskuldige goed kan sonde raak en ander op jou lysie weer nie.

So kan jy oor enige ding vir jouself vra of daar relasionele gebrokenheid is.

  1. Latynse terme vir sonde
  • As ons na ‘n paar Latynse terme in die dogmengeskiedenis kyk, dan kan dit ons verder help om op ‘n dieper vlak oor sonde na te dink.

HUBRIS

  • Die heel vroegste verstaan van wat sonde ten diepste is, is die mens se hubris.
  • Oordadige trots
  • Ek wil meer wees as wat ek gemaak is
  • Hoogmoed
  • Sien neer op ander
  • Ek wil God wees (in ons tuinverhaal)
  • Jy wil buite jou plek optree, buite die geskepte verhouding tot
  • Ek kan nie verkeerd wees nie
  • Is om ‘n opinie te hê per se sonde? Nee
  • Maar as jy begin aanval, begin afkrakerig raak, mense sleg sê wat nie met jou saamstem nie, is dit sonde.
  • Is om trots te wees op jou identiteit sonde? Nee
  • Maar as jy jouself as meer belangrik sien as ander. Ja

Wat vir my die slegste is, is mense wat die heeltyd kom om te vertel hoe verkeerd is daai ou of dié sonde of daai ding, maar hulle kom nie agter dat hulle self sondig nie. Dieselfde ouens wat ander mense sleg sê en aanval, drink elke naweek en behandel sy gesin sleg.

HUBRIS

PRIVATIO BONI (the absence of good)

  • Dit beteken om te beroof van die goeie
  • Met ander woorde: sonder die goeie kry jy die afwesigheid van die goeie.
  • Dit wat jou van die mooi af wegtrek
  • In die tuin verhaal word Eden van die goeie ontneem
  • Waar die goeie afwesig is – daar is die bose
  • Of waar die goeie nie is nie – daar is die sonde.

As jy wil toets of iets sonde is, vra jouself af of “die goeie” aanwesig is.

INCURVATUS IN SE

  • Om in jouself gekeer te wees, eerder as om vir God en vir ander te leef.
  • Luther
  • Alles draai na binne toe / jy sny alle verhoudinge af
  • Alles gaan net oor jou.
  • En jy leef eintlik so teen jou natuur in om as mens in verhoudings te leef dat jy sonder dat jy dit agterkom, sterf.
  • Alles gaan oor my.

Ons lewe in ‘n tyd waar mense sonde nie meer ernstig opneem nie

  • In ons omgewing sien ek, hoor ek, al hoe meer verhale van gebrokenheid, van Hubris, van ‘n oordrewe trots, van die afwesigheid van die goeie en lewens wat na binne gekeer is.
  • Dit is hier.
  • Dit het te doen met:
    • alkohol
    • dwelms (soos kokaïne, steroïdes)
    • gesinsgeweld
    • materialisme (alles gaan net oor my)
    • mag
    • hoe mense praat
    • hoe mense ander mense in sondelysies wil sit
    • wat mense op FB skryf
    • hoe mense oor hul kinders se prestasies aangaan
    • hoe mense van die kerk en die predikante praat en aanval
    • hoe mense agteraf is en planne maak
    • ENTITLEMENT

Ondersoek jouself

Ek wil jou nooi om eerlik met jouself te wees

  • Die heel eerste ding wat jy moet doen om met sonde in jou lewe te werk, is om te verstaan wat dit is.
  • En dit is ‘n dieper ding as wat jy dink.
  • Die vraag is: wat dryf my werklik om te kies en te doen wat ek doen.
    • Is ek jaloers? Daarom praat ek sleg van iemand anders
    • Is ek bang ek mis uit? Daarom drink ek saam
    • Vermy ek iets moeilik? Daarom praat ek nie helemaal die waarheid nie
    • Het ek ‘n aggressie probleem? Daarom gaan ek heeltyd af op iemand
    • Is ek eintlik vraatsugtig? Daarom hou ek nie op met iets nie?
  • Wat is my sonde?
  • Wat doen dit aan my?
  • Hoekom doen ek dit?

VERSTAAN DIT.

ERKEN DIT.

SÊ DIT VIR JOUSELF EN VIR DIE HERE

VERGEWE JOUSELF / BELY

Neem dan besluite

  • Dit het alles met besluite te doen.
  • Besluite wat jy elke dag maak.
  • Daardie besluite het te doen met LEWE OF DOOD
  • Kies jy lewe of kies jy dood

Harmonie en vryheid 

Jesus het hierdie gebrokenheid kom herstel

  • Lewe
  • Hy het vir die Fariseërs kom sê – julle lysies help niks nie
  • Kyk in julself. Wat gaan in jou binnekant aan
  • Is daar vryheid, harmonie en liefde.
  • Staan jy in die regte verhouding.
  • Neem verantwoordelikheid

As jy self ontdek wat sonde werklik aan jou doen, verstaan jy hoe mooi is die goeie nuus van die evangelie.

  • Ek en jy verstaan eers regtig wat goeie nuus is wanneer ons verstaan hoe nodig ons harmonie en heling nodig het.
  • As mense.
  • Die goeie nuus is dat die Here dit moontlik gemaak het om uit hierdie gebrokenheid te kom.
  • GENADE
  • Klim uit dit uit
  • Daar is lewe om voor te kies.
  • Vryheid is moontlik.
  • Dit is die goeie nuus.

Ons stuur op ‘n samelewing af wat moralisties raak.

Ons moet besef hoe gebroke ons is.

Amen