web analytics

Sondag 7 Junie 2020 – Ds. Karin Steyn

07
Jun

7 Junie Oggenddiens

 

Tema: Het God ‘n plan met ons lewens?

In die tyd het ons almal vrae oor God.

Met alles wat om ons gebeur kan ons vra: “Kan dié regtig die plan wees?!”

Is Hy regtig so betrokke in ons lewens?

(2 skyfies)

Daar is ‘n paar gedagtes wat terugdruk teen die idee:

1) Ek ken nie die plan nie.

Hou van beheer – weet net nie presies wat die plan is nie.

Laat jou dalk wonder of daar ooit ‘n plan was.

2) Ek glo nie daar is regtig ‘n plan nie.

As ek kyk na die wêreld om my kyk, kan ek net nie so glo nie.

3) Ek het die plan gemis.

Ek het weggedryf.

4) Ek het die plan opgemors.

Foute wat ek gemaak het.

Mense wat ek seer gemaak het.

Dalk voel dit vir jou bekend:

Dit wat ek bestel het teenoor dit wat ek ontvang het!!

-Beertjie

-klein tv kamer bank

-rok bestel, hemp ontvang

-werksplek stoele

-Ipad van Hong Kong af

Wat hulle gedink het hulle koop is nie wat hulle gekry het nie.

Dis baie keer hoe ons oor die lewe voel.

Hoe ek gedink het dit gaan uitwerk en waar ek nou sit…

Ons almal het al op tye die gevoel gehad.

Dit wat ons vra – lyk soveel anders as wat ons kry.

Dalk het jy gedink jy weet hoe 2020 gaan lyk…

Grootste rede hoekom ons twyfel of God ‘n plan het:

=INTERRUPTIONS / ONDERBREKINGS

Ons het iewers ‘n plan of verwagting gehad – toe maak die lewe ‘n onverwagse draai.

Dan begin ons twyfel in God.

***Baie keer sal mense sê: “Spanner in die wiel gooi.”

Kan ‘n groot een of dalk net ‘n klein een wees.

-Kind tantrum  – verloor werk   – egskeiding.   -infertiliteit   -kanker

Almal van ons wat vanmore saam luister, het al een van die onderbrekings gehad.

As ons nou kon kans gee om na mekaar se stories te luister, sal ons hoor almal ken die gevoel.

Is daar regtig ‘n plan?

Kan dinge so uitwerk?

Dit het my die week laat soek na ‘n Bybelkarakter wat ook met ons kan vereenselwig.

Paulus.

Het agter God aangegaan met alles in hom.

Vat die Evangelie na die Heidene.

Dan begin sy reis van onderbrekings:

-Word verkeerdelik in die tronk gegooi.

-Word 39 kere geslaan.

– Amper dood toe hy op ‘n ander geleentheid gestenig is.

– Amper dood op ‘n skip.

Terwyl hy God wil verkondig – gebeur al die goed met hom.

Vandag, in ons kultuur, vra ons ‘n baie ligitieme vraag:

“Hoekom gebeur slegte goed met goeie mense?”

Want ons praat nie altyd graag oor die slegte goed wat met die goeie mense om ons gebeur nie.

Paulus kan alles wat oor sy pad kom verduur omdat hy hom telkens vasloop in iets baie groter as ‘n PLAN.

Rom 8:28

‘In alles werk God’

God is die een wat aan die werk is.

Dit is nie geld of ‘n huweliksmaat wat krag gee nie.

Dis God se plek in Paulus se lewe.

Ek wil jou vra: is daar iets wat harder/beter werk as God in jou lewe?

‘ten goede vir die wat Hom lief het.’

God laat dinge goed uitwerk vir Paulus.

Dit voel dalk nie goed nie.

Dit lyk dalk nie goed nie.

Maar in die groter storie dra dit by tot die goeie in sy lewe.

‘die wat volgens sy besluit geroep is.’

Gaan nie oor ‘n plan nie.

Gaan oor PURPOSE – doelgerig

Iets baie groter om op terug te kyk.

As jy eendag terugkyk op jou lewe, wat wil jy sê:

1) Ek het my plan gelewe.

OF

2) My lewe was vol purpose.

Planne kan verander

Purpose/doel hou vir altyd.

Jy kan hanteer wat in jou lewe ingegooi word, nie omdat dit inpas by die plan nie, maar omdat jy verstaan dit gee purpose, dit dra by tot die groter doel van jou lewe.

Ouers:

Kies jy ‘n plan vir jou kinders wat net glad moet uitwerk.

Of kies jy dat hulle lewe ‘n doel moet hê.

Dis nogal iets om in die omstandighede te vra…?

Laat my dink aan die gedig wat deur ‘n Amerikaanse ma geskryf is.

What If Instead of Behind These Kids are Ahead.

Lets help our kids out.

What if they have more empathy,

they enjoy family connection,

they can be more creative and entertain themselves,

they love to read,

they love to express themselves in writing.

What if they enjoy the simple things.

What if this generation is the ones to learn to cook,

organize their space,

do their laundry and keep a well-run home?

What if they learn to stretch a dollar and to live with less?

What if they learn to plan shopping trips and eat at home.

What if they learn the value of eating together as a family and finding the good to share in the small delights of everyday?

What if, among these children, a great leader emerges

who had the benefit of a slower pace and a simpler life.

What if he or she truly learns what really matters in this life?

-Jaime Ragsdale

Want dan, al word die plan opgebreek – kan jy steeds die groter doel raaksien.

Dis om te leer om op ‘n ander manier te kyk.

Vers 29: ‘na Sy beeld’

Ons word al meer soos God as ons vra na ons doel.

As jy al die onderbrekings in jou lewe vir God gee, kan Hy dit gebruik.

“When life interrupts the plan, look for God’s purpose.”

So, ek het vanoggend begin en gevra: Het God ‘n plan vir my lewe?

Ek dink nie dis die regte vraag om te vra nie.

Vra eerder = Watter onderbrekings gaan jy tans deur wat God anders kan gebruik?

Deur al die stoei het God my gevorm…

Om die week oor te gaan dink:

– Laat God toe om in jou lewe jou goeie Vader te wees.

– Glo dat wat God in jou lewe wil doen, beter is as jou eie plan.

-Sal jy God toelaat om die onderbreking te gebruik om jou te vorm?

Amen