In Tygerpoort Gemeente is Oktober tradisioneel tiende-dankoffermaand. Ons probeer dan om iets meer as ons gebruiklike dankoffer te gee. Daarmee erken ons dat alles wat ons besit aan die Here behoort en sê ons op ‘n spesiale manier dankie vir die Here vir al die liefde wat ons daagliks uit sy hand ontvang. Ons gee vanuit die Bybelse beginsel ‘n “spesiale offer” en bevestig daardeur dat alles ‘n geskenk vanuit sy hand is!
Ons bou aan ‘n gemeente wat koninkryksgedrewe leef en dink.
Dit beteken dat ons ‘n geloofsgemeenskap wil wees wat God se koninkryk laat kom in alle aspekte van ons lewens.
Vir ons gemeente sluit dit vier areas in:
Deur jou tyd, dankoffer, vaardighede en gawes te gee belê jy op ‘n direkte manier as ‘n gelowige in die uitbou van God se Koninkryk.
Ons wil die Here se Koninkryk laat kom orals waar ons as gemeente en as individuele gelowiges leef!
‘n Dinamiese gemeente-lewe wat lidmate toerus om ‘n balans te handhaaf tussen gesonde selfinsig, sinvolle verhoudings, ‘n diep verbintenis met God en ‘n betekenisvolle lewe wat jy diensbaar uitleef.
Die skep van ‘n kultuur waarin almal welkom is, om net soos hul is, God se liefde te ontdek. Om deur kuns, stories en musiek ons opregte, brose en eerlike mens-wees te vier.
Om deur diensbaarheid ‘n impak in ons gemeenskap te maak - veral met kinders!
Om koninkryksbeginsels toe te pas op die manier waarop ons al ons fasiliteite en kommersiële inkomste bestuur - met die doel dat die gemeente finansieel volhoubaar haar bediening kan aanhou groei.
En nou loof ons U, ons God, ons prys U glansryke Naam, want wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.
1 Kronieke 29:13-14
Gee jou tiende-dankoffer:
Met ‘n elektroniese oorbetaling (verwysing “Tiendemaand”).
Handig ‘n koevert (gemerk “Tiendemaand”) by die kerkkantoor of infotoonbank in.
Maak ‘n bydrae deur Snapscan (verwysing “Tiendemaand”).
Bankbesonderhede
NG Tygerpoort | ABSA | 163 058 0060
Bydraes kan tot die einde van die jaar gemaak word.