web analytics

Graad 5 | Kwartaal 1 | Les 3 | Ragab

18
Feb
Topic Progress:

 

Kernboodskap

Ons moet deel van God se plan wees.

 

Aanvangsaktiwiteit

Julle almal ken die speletjie wegkruipertjie? Dit is baie pret. Maar as jy nou nie die een was wat moes wegkruip nie, maar jy moet iemand anders wegsteek wat miskien in die moeilikheid is, wat sal jy doen?

 

Skriflesing

Josua 2

 

Wat kan ons hieruit leer?

Hierdie verhaal klink dalk na ‘n maklike en vinnige storie as ons dit so vinnig hoor, maar kom ons dink ‘n bietjie mooi. Hier was baie besluite wat gemaak moes word. Onthou julle ons het verlede week gepraat oor moeilike besluite? Kom ons kyk na Ragab se besluite?

  • Hoekom het Ragab gekies om die mans weg te steek?
  • Dink julle sy was bang vir die koning? Of was sy bang vir die mans?
  • Vir wie was sy eintlik bang? Sy was bang vir God. Sy het gehoor dat oral waar hierdie volk van God, waarvan hierdie twee manne deel is, gaan, God hulle beskerm.
  • Nou ‘n moeiliker vraag: Was dit reg van Ragab om te jok? Hoekom sê jy so?

Die antwoord hierop is regtig nie maklik nie. Want ons leer mos, om te jok is verkeerd… en nou?? Het jy al gejok om iemand te help? Maar, was dit waarmee jy hom gehelp het, iets wat die plan van God kon beïnvloed. Dis waar ons mooi moet leer oor wat reg en verkeerd is, hoekom dit so belangrik is vir ons, om vir God deel te maak van ons keuses.

  • Wat dink julle beteken dit om GODVRESEND te wees?

As mens mooi na die woord luister klink dit of jy bang is vir God. Moet mens bang wees vir God? Nee, maar jy moet altyd onthou hoe almagtig Hy is, en dat ons altyd moet respek hê. Dink soos aan ‘n skoolhoof… Jy hoef nie vir hom bang te wees nie, maar as jy die verkeerde goed gaan aanvang, sal jy die gevolge daarvan moet dra.

 

Kom ons bid saam…

Here help my om altyd deel van U plan te wees. Help my om my besluite so te neem dat ek U verheerlik. Amen.

 

Tuisopdrag:

Maak hierdie week ’n bladsy oor die val van Jerigo se muur. Jy kan prente plak en die storie in jou eie woorde vertel.

 

 

QuizzesStatus